RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Society

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 22.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Astro-toerisme in Suid-Afrika 25.06.2026

Salome Willemse vertel van toerisme by Vanrhynsdorp waar sy sowel ‘n natuurgids as 'n gids vir die sterrehemel is.

Gratis kreatiewe kursus vir opkomende skrywers 25.06.2026

Theo Kemp, hoof van die Jakes Gerwel Stigting, vertel vir Haidee Muller-Isaacs van 'n gratis kursus vir voornemende skrywers, wat hulle binnekort aanbied. As jy daarvan droom om jou eie boek gepubliseer te kry, is hierdie dalk net jou kans om in te skryf.

Jonk: Meting en voeding 25.06.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen vertel hoe meting en maksimalisering afspeel binne die voedingsomgewing.

K-Pop-verjaarsdagkafees 25.06.2026

Suid-Korea het verjaarsdagkafees wat veral K-Pop-sterre se verjaarsdae vier. Die sterre daag nie daar op nie. Dis aanhangers wat dit vir aanhangers reël. Soms is daar tot 30 van dié partytjies gewy aan ‘n superster in een distrik, so aanhangers kan ‘n toer daarvan doen.

Wat kan ons leer by... Middeleeuse ridders (Deel 2) 24.06.2026

Dr. Mandie Uys praat oor die Middeleeuse ridders, en waar die tekens van hulle werk vandag nog sigbaar is.

Robin Hood se boom vrek ná 1 200 jaar 24.06.2026

Sherwoodwoud se bekende Major Oak, waar Robin Hood glo uitgehang het, het ná 1 200 jaar gevrek. ‘n Toestroming van toeriste het gemaak dat die grond by die boom gekompakteer en kliphard is.

Êrens oorsee: Riaad 23.06.2026

Pauline Bester vertel vir Martelize Brink van die lewe in Riaad in Saoedi-Arabië waar sy al vir 16 jaar tuisonderrig gee vir die kinders van koninklike gesinne.

Dr. Elsa se werk as ‘n museoloog 23.06.2026

Van ‘n meestersgraad in Nederland tot ‘n doktorsgraad in Stellenbosch oor Kayamandi. Museoloog Elsa Vogts raak liries oor haar werk en uitdagings by onder andere Babylonstoren en Soetmelksvlei, waar sy vir die besoekers sensoriese ervarings moes ontwerp met ‘n historiese bewaringsingesteldheid. Johan Rademan het op die plaaswerf met haar gesels.

Kos vir die oog 23.06.2026

Louhani Els vertel vir Martelize Brink van haar ervaring as ‘n finalis by die Wêreld Kosfotografie-toekennings in London, waar haar werk hoog aangeskryf is.

Koop na hartelus sonder geld! 23.06.2026

Jy bestel kos, maar dit kom nie, want jy betaal nie. In Suid-Korea gebruik Gen Z nou sogenaamde dopamien-toepassings wat jou laat goed voel sonder dat dit geld kos. Daar is selfs ‘n toepassing wat simuleer om ‘n sigaret te rook, vir ‘n blaaskans.

SA se withaaie het jou nodig 22.06.2026

Ronelle Friend vertel vir Martelize Brink van die desperate situasie waarin Suid-Afrika se withaaie hulle bevind, ‘n petisie om die aanslag op hulle te stop.

In die wêreld van landbou 22 Junie 2026 22.06.2026

In vandeesweek se landbounuus: Goeie nuus vir die suikerbedryf; druk op Suid-Afrika se vleisuitvoerbedryf; die jongste landbouvertrouensindeks; ‘n projek vir die gratis verwydering van ongebruikte plaasdoders; en 2026 se Agri Wes-Kaap en Santam Jongboer van die Jaar.

Vet-marmering in vleis 22.06.2026

Prof. Phillip Strydom praat oor die marmering van vleis. Dit is vet wat tussen die spierweefsel voorkom. Suid-Afrikaanse beesrasse is nie geneig tot marmering nie, en tipies word beeste by ons ook jonk geslag. Marmering vind meestal by ouer diere plaas.

KI-kunsmuseum 22.06.2026

Los Angeles het nou die eerste kunsmuseum vir kunsmatige intelligensie-kuns. Dis nie net kyk nie, dis ruik ook.

360 Speseryroete: Biltong en gedroogde vleis 19.06.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor biltong en variasies van gedroogde vleis in ander kulture.

Ysbeer-duik in Emmarentiadam 19.06.2026

Daleen Potgieter vertel van Normalair Onderwaterklub se Midwinter Ysbeer-duik in die Emmarentiadam in Johannesburg. Dis ook ‘n skoonmaakgeleentheid waar daar al in die verlede ‘n rekenaar, valstande, fietse en vuurwapens uitgeduik is.

Verkeerskaartjie op pad graf toe 19.06.2026

‘n Motor in ‘n begrafnisstoet het ‘n kaartjie gekry omdat die stoet deur ’n rooi verskeerslig beweeg het. Hoewel dit algemene praktyk is wil die stad, Syracuse, in die staat New York, niks weet van ‘n appèl teen die kaartjie nie.

Lisa se goeie jaar 18.06.2026

Haidee Muller-Isaacs klets met omroeper Lisa Truter oor haar spesiale vieringe vanjaar - sy word

Jonk: Sielkundige impak van voordurende gesondheid- en fiksheidstatistiek 18.06.2026

Kliniese sielkundige en spelterapeut dr. Jo-Marie Bothma praat oor die sielkundige impak daarvan om die heeltyd al jou gesondheid- en fiksheidstatistieke te meet en dop te hou.

Roomys-samespanning in Japan 18.06.2026

Ses groot roomysvervaardigers in Japan is onder verdenking van samespanning. Hulle get glo jare lank roomyspryse kunsmatig verhoog.

Die Hofmeyr-susters 17.06.2026

Die Hofmeyr-susters, Zanta en Melanie, het al op wereldverhoë met die viool en dwarsfluit geskitter. Hulle het op die Wesrand in ‘n gesin van agt (drie susters en vyf broers) groot geword. Al agt kinders leef nog en, hulle ouers, ds. Jan (91) en ma Elma (88) repeteer self op die oomblik aan ‘n werk of twee. Johan Rademan het met Zanta Hofmeyr en Melanie Hofmeyr-Burger by die Gamka Klassiek in Prin...

Wat kan ons leer by... Middeleeuse ridders (Deel 1) 17.06.2026

Dr. Mandie Uys praat oor die Middeleeuse ridders, en waar die tekens van hulle werk vandag nog sigbaar is.

Gesonde TV 17.06.2026

In Kirgisië in Sentraal Asië is 26,6% van volwassenes obees. Die regering borg nou ‘n realiteitsprogram op TV waar staatsamptenare gewig verloor. Hulle oefen om hulle liggame fisies in staat te stel om hierdie herfs aan die amateur Asië-driekampbeker deel te neem.

Êrens oorsee: Singapoer 16.06.2026

Mari Victor vertel vir Martelize Brink van die lewe in Singapoer, waar hulwl byna 10 jaar woon. Gestolde komkommerslaai is ‘n treffer onder plaaslike gaste.

Redgy Elias se lewenspad 16.06.2026

Redgy Elias se hunkering na ‘n afwesige pa het hom die pad byster laat raak. Maar toe vind hy weer sy weg deur die lewe se moerasse waar hy nou ander jong mans help. Haidee Muller-Isaacs het met hom gesels by Worcester se Changemaker-huis, Moria.

Hallgasd a(z) Driesestig podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.