RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Society

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. nov. 17.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android 10 M+ letöltés · 4,7+ értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Bergpasse, skanskorwe, rotsankers en vangnette 19.09.2023

Dawie Botha gesels in SO IS DIE LAND GEBOU oor bergpasse, skanskorwe, rotsankers en vangnette.

Inwoners 'red' Baaise natuurgebied 19.09.2023

In watter metropool in die land kan jy teen sterk skemer tussen struik en boom loop, en die gloeiende liggies van vuurvliegies sien? In Nelson Mandelabaai, sal Mariska Spoormaker jou vertel nadat sy met haar honde in sterk skemer in ‘n gedeelte van die Baakensriviervallei naby die woonbuurt Millpark gaan loop het. Dié stukkie natuurhemel bestaan omdat die omliggende inwoners in 2017 die Mill Park...

Wat is parametriese versekering? 19.09.2023

Ebbe Rabie vertel praat oor parametriese versekering, wat nog nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie, maar wyd internasionaal gebruik word. Die versekering word aan klimaatuitkomste gekoppel, eerder as verliesse.

Vat die geld en hardloop 19.09.2023

‘n Kunstenaar is sowat R1,36 miljoen betaal om kuns te skep met die tema, Vat die geld en hardloop. Hy het 2 skoon doeke verskaf as die werk. Ná hofsake moet hy die meeste van die geld teruggee aan die museum.

Dokumentêr oor renosteroppasser 18.09.2023

Suzanne Janeke en Justin Terblanche vertel vir Martelize Brink van die dokumentêr, Guardian of the Clash, wat op Wêreld Renosterdag vrygestel word. Dit handel oor Justin se verhouding met drie renosters, vir wie hy ‘n oppasser was.

Praat nou van Firenza CanAm-koors! 18.09.2023

Op Humansdorp in die Oos-Kaap vind 'n mens twee Chevrolet Firenza CanAms in die garages by die plaaslike insleepdiens. Dié Can-Ams is van die mees gesogte klassieke motors in die wêreld, en daar is nog net 'n handjievol oorspronklikes oor. Rudolph de Vos, eienaar van die insleepdiens, is baie trots op sy twee CanAms, veral omdat een nog oorspronklik is, en die ander 'n gemodifiseerde wedrenmotor i...

Internasionale tafeltennisskeidsregter 18.09.2023

Genevieve Lentz vertel vir Martelize Brink van haar loopbaan as internasionale tafeltennisskeidsregter. Dié baanbreker van Bonteheuwel kom uit ‘n familie van tafeltennispresteerders.

Shrek se Crocs 18.09.2023

Eers was daar Crocs. Nou is daar Shrek Crocs - ‘n groen skoen met ‘n paar sproete, ogre-ore en ‘n neus.

SA olyfolie-toekennings 15.09.2023

Jackie Loubser vertel vir Martelize Brink van die onlangse SA Olive-toekennings, en hulle proe plaaslike olyfolie.

360 Speseryroete - Deel 3 15.09.2023

Hoe is sout en peper duisende jare gelede gebruik? Watter kultuur het gefermenteerde vissous in hulle resepte gebruik? Ons sit ons speseryroete voort met kultuur- en koshistorikus Hetta van Deventer-Terblance, wat meer vertel van die geskiedenis van speserye.

Tertius se plate 15.09.2023

Tertius Louw vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy as sesjarige begin plate versamel het. Hy is nou in sy sewentigs, en versamel steeds. Hy is ook 'n kranige musieknavorser, en sy versameling is een van die grootstes in die land.

Kartontente by Britse feeste 15.09.2023

‘n Derde van musiekfeesgangers in Brittanje los hulle tente ná die feeste net daar. Nou is daar kartontente, wat herwin word ná die fees.

Emile se reise 14.09.2023

Emile Joubert vertel vir Martelize Brink van sy internasionale ervarings as kind, wat hom help vorm het as gerekende joernalis en skrywer.

Eens prokureur, nou sosiale entrepreneur 14.09.2023

Hy was eers ’n prokureur. Nou is hy 'n sosiale entrepreneur. Dít, in kort, som Jean-Pierre du Plessis, ‘n boorling van Humansdorp, se lewe op. Hy glo ons kan Suid Afrika laat werk, en dat die land die potensiaal het om 'n lig vir die wêreld te wees. Jean-Pierre se benadering is om sakemodelle te ontwikkel om volhoubaarheid te verseker, waar gemeenskapslede reeds begin het om verbetering in hulle l...

Hoe luister die polisie jou af? 14.09.2023

Prof. Gert-Jan van Rooyen vertel vir Martelize Brink hoe die apparaat werk waarmee die polisie telefoonkommunikasie onderskep.

Gaan kyk rotte in New York 14.09.2023

In New York gaan mense deesdae op rotbesigtigingstoere. Op TikTok is mense gaande oor die rotte, en dit het tot die rottoerisme gelei.

Van Zinkplaat tot die kassie 13.09.2023

Beer Adriaanse vertel vir Martelize Brink hoe hy van tromspeler van Zinkplaat gegaan het tot akteur, regisseur en draaiboekskrywer.

Choral Celebration Network Foundation 13.09.2023

Alta Maré is die stigter en direkteur van Choral Celebration Network Foundation, ‘n nie-winsgewende organisasie wat die platform skep vir kore van alle agtergronde om te kan deelneem. Johan Rademan het met haar gesels.

Kook met fynbos 13.09.2023

Giselle Courtney gee vir Martelize Brink ’n fynbos-proe-ervaring. Sy ontdek die smaak en geur van verskeie plaaslike kruie, en hoe dit in jou kos sal werk.

Polisie waarsku teen dwergies 13.09.2023

Die polisie in Noord-Wallis waarsku inwoners dat skurke kersfeesdwergies in hulle voortuine sit. As dit nie geskuif word nie, sien hulle dit as ‘n teken dat die mense nie tuis is nie.

Groen ingenieurswese 12.09.2023

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink wat groen ingenieurswese behels.

Hierdie perd én ruiter is linksgesind 12.09.2023

In Nelson Mandelabaai is daar twee linksgesindes wat saam ‘n gedugte span maak. Die een is die perd Misty en die ander die ruiter Monique Maritz. Misty, eens 'n renperd, se linkervoorpoot is hoër as haar regterpoot weens ‘n ou besering net bo die hoef. Monique se linker onderbeen is ná 'n motorfietsongeluk geamputeer. Nou gee sy en Misty mekaar goeie hoop vir 'n goeie toekoms. Mariska Spoormaker h...

Wat is jou werklike stuifmeelblootstelling? 12.09.2023

Dr. Janet van der Walt vertel vir Martelize Brink van die Universiteit van Kaapstad se Longinstituut Allergie en Immunologie Kliniek wat jou toelaat om aanlyn jou werklike stuifmeelblootstelling te sien.

Strate vol wyn 12.09.2023

In die Portugese dorp, São Lourenco do Bairro, het twee wyntenks meegegee, en 2,2 miljoen liter rooiwyn het toe deur die strate gestroom.

Marius se padda-eskapades 11.09.2023

Herpeteloog Marius Burger gesels oor sy ervarings as paddadeskundige.

Hallgasd a(z) Driesestig podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.