fr

RSG

Middagvervolgverhaal

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Catégorie

Arts

Site du podcast

www.rsg.co.za

Dernier épisode

14 oct. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 10 15.04.2026

Regardt het David se hulp nodig om die water van die plaasdam te pomp na die damme by die kelder. Sal David vir Regardt help? Lucian moet by die plaasskool gaan slange vang, en die skoolhoof moet help. Dinge loop skeef, en Lucian word gepik.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 9 14.04.2026

Wolfgang Roux probeer sy bes om ’n karaoke-aand vir die dorp te reël. Shereen het Lucian en die Brandweer se hulp nodig met haar klub vir ouer persone. David wil Wolfgang oortuig om hom te ondersteun teen Regardt.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 8 13.04.2026

Shereen en Lisa is bekommerd oor die nuwe onderwyser wat die departement na die plaasskool wil stuur. David Meyer, die nuwe wynmaker, kom dadelik agter dat Regardt Bonnet wynlote agter die koöperasies se rug aanplant en in die buiteland verkoop. Hier kom die eerste van vele groot argumente tussen David en Regardt.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 7 10.04.2026

Regardt is bekommerd oor die veiligheid in die vallei, en oor die water wat uit sy dam getap moet word. Lisa en Shereen bespreek die aanstelling van ‘n nuwe juffrou met die plaasskool se hoof. Wat sal Regardt doen oor al die water wat hy kan verloor?

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 6 09.04.2026

Lucian en David bedink ‘n slim plan om die diewe by die waterpompstasie te vang. Regardt en sy ma Lisa is bekommerd oor die impak van die lyk in die dam op die plaas en op hulle familie.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 5 08.04.2026

Die dam op Die eerste wingerd moet leeggetap word om die res van die skelet te vind. Regardt Bonnet is baie ontsteld hieroor. David en Lucian moet saam ‘n buurtwag skof doen, en vind diewe by ‘n waterpomp. Sal hulle die diewe direk aanvat, of die polisie bel?

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 4 07.04.2026

Speurder Bart Voster vind uit dat die vermiste kind weggeloop het na sy ouma toe. Die soektog word afgelas, maar net voor die duikers uit die dam kom, vind hulle ‘n deel van ʼn menslike skelet.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 3 06.04.2026

Die soektog na die vermiste kind beweeg van die rivier na die dam toe. David het grootgeword op Die eerste wingerd, en daar is nog onopgeloste sake tussen hom en die Bonnet-familie. Bart Voster, die polisiespeurder, neem die soektog oor en dadelik is daar spanning tussen hom en die mense van die Rooivallei.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 2 02.04.2026

Een van die plaaswerkers se kinders het tydens die storm verdwyn. Almal is bekommerd dat hy in die rivier verdrink het. Shereen Kannemeyer besoek DIE EERSTE WINGERD, waar sy in haar jong dae gewerk het. Regardt Bonnet ontmoet die nuwe wynmaker, David Meyer, by die kelder. Sal hulle die vermiste kind lewend kan vind?

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 1 01.04.2026

Ontmoet die mense van Rooivallei: Die Bonnets wat op DIE EERSTE WINGERD bly; Shereen Kannemeyer, sakevrou en gemeenskapsaktivis; Wolgang Roux, die hoteleienaar; en Lucian Bantjies die Brandweerhoof. Dit is ‘n rustige gemeenskap, tot ’n storm losbars en David Meyer opdaag.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 22 (slot) 31.03.2026

Jaffie is geskok deur Oom Vaaltyn se vertelling van wat van die Meester geword het, en wat dit van hom geverg het om sý roeping te vervul. Kort daarna beleef Jaffie waarskynlik die grootse skok van sy lewe, naas die verlies van sy geliefde Mama Mamra. Gelukkig skuil daar ’n helder silwer randjie om elke donker wolk, en kry Jaffie geleentheid om Oom Vaaltyn se dodelike krinkslagbyt meesterlik toe t...

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 21 30.03.2026

Almal wat die humeurige Jode-dier, Lewinog, ken, is verstom oor sy gedrag toe hy sy jong eselsvul buite ’n winkel in Jerusalem begin losmaak. Vaaltyn maak Jaffie bewus van die kruis wat vaalhaar-esels op hulle rûe het en wat dit beteken. Hoekom is die kruis op swarthaar-esels se rûe ’n fout? Jaffie hoor wie die Meester is. Klein Valta se belewenis laat alle eseldiere verstom staan.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 20 27.03.2026

Oeroom Gerson vertel aan die ou-esels in Nasaret waarom die ou seuntjie van Nasaret na die wêreld gestuur is. Jaffie wonder wat ’n moeder van smarte is. Oorlee Mama Mamra laat Jaffie erg kopkrap oor wat moederskap is.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 19 26.03.2026

Jaffie wonder waarom Oom Vaaltyn die naam, Jerusalem, telkens fluister wanneer hy na dié antieke stad verwys. Oeroom Gerson deel ’n wyse woord met ’n groep van die ou-esels op die oop plein voor die tempel in Jerusalem.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 18 25.03.2026

Oeroom Gerson se wyse beginsel, baie praat, bietjie dink, slaan Jaffie dronk. Oom Vaaltyn probeer Jaffie oortuig dat selfs die regte Ribbok moontlik ’n sagte, liefhebbende eseldier mag wees, en nie ’n afskuwelike eseldierasie nie. Die Rabbi van Nasaret spreek die ou seuntjie van Josef en Maria aan soos geen ander ou seuntjie nog ooit aangespreek was of sal wees nie.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 17 24.03.2026

Jaffie hoor van ’n groot kerk met ’n ronde dak soos ’n tamaai groot bergskilpad se dop. Oom Vaaltyn moet verduidelik hoe Oeroom Vaaltyn kon weet dat Maria ’n kramp in haar hart gekry het. Vaaltyn onthou waarom hy die naam, Nasaret nie moes vergeet nie. Oeroom Gerson gee insae in sy leerskool saam met die ou seuntjie van Josef en Maria.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 16 23.03.2026

Josef, Maria en die ou kindjie pak ’n lewensgevaarlike tog aan. Jaffie se vroeëre begeerte om eendag deur ’n woestyn te loop, word onverwags in die kiem gesmoor. Vaaltyn vertel van die Asem van die Dood.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 15 20.03.2026

Jaffie hoor van Oeroom Vaaltyn se buitengewone geboorte. Twee swarthaar-esels loop hulle rieme liederlik styf teen ’n vaalhaar-eselsvul. Klein Vaaltyntjie word deur ’n onbekende mensdier van sy geliefde Mama Bekka weggeneem.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 14 19.03.2026

Oeroom Hakon voer ’n heldhaftige stryd teen tyd en gevare om sy roeping te vervul. Jaffie hoor hoe wonderbaarlik die liefde gesorg het vir Oeroom Hakon, Josef en Maria in die dorre woestyn. Oeroom Hakon kry ’n baie spesiale boodskap, en Jaffie kan nie glo wat sy oë sien nie.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 13 18.03.2026

Vaaltyn vertel Jaffie wat Oeroom Hakon gedoen het om te verhinder dat Herodes se bose plan slaag. Oeroom Gerson gee ’n les oor die liefde, en Jaffie hoor waarom dit nooit raadsaam is om terug te verlang as jy moet vorentoe gaan nie.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 12 17.03.2026

Jaffie hoor van die Nag toe die Dood op die Wind gery het. Oeroom Hakon maak ’n belangrike toespraak. Jaffie hoor van die bose plan van die wrede Koning Herodes, en waar kraaie hulle stemme vandaan gekry het.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 11 16.03.2026

Oom Vaaltyn loop sy rieme styf. Jaffie leer van Oeroom Hakon se heldedade en van die oorlog waarin hy die vaalhaar-esels aangevoer het. Oom Vaaltyn se verlange na oorlee Nig Mamra raak vir hom te veel.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 10 13.03.2026

Vaaltyn en Jaffie loop hulle rieme styf in die fyntuin. Jaffie hoor hoekom die son bloedrooi sak en wat dit beteken as die tarentale teen sononder skree. Jaffie leer ’n les wat hy nie lig sal vergeet nie.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 9 12.03.2026

Bekka en Mofta kom tot ’n verrykende besef wat hulle nageslagte vir ewig sal beïnvloed. Jaffie verstaan nie waarom die wêreld ná daardie besondere nag in Bethlehem nooit weer dieselfde sou wees nie. Jaffie doen iets wat hy gesweer het hy nooit sou doen nie.

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 8 11.03.2026

Meer verstommende inligting oor ’n besondere nag in die stal van Bethlehem kom vir Jaffie aan die lig. Vaaltyn vertel Jaffie van die teken van die Groot Swaar wat alle skaapdiere op hulle koppe dra in die vorm van gedraaide haartjies wat die mensdiere kroontjies noem. Jaffie is geskok om te hoor wat Koos Kaller aan skaapdiere doen en wil weet of dit met die ou kindjie wat in die stal gebore is, oo...

Écoute le podcast Middagvervolgverhaal sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics