Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.kosmos.com.na
Auteur
Kosmos 94.1
Catégorie
Site du podcast
Dernier épisode
14 oct. 2026
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
SA Parlement vra polisie om misdadige optrede waarby Sibiya betrokke is te ondersoek 13.10.2026 0:23
Die Suid Afrikaanse parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie sê enige vermeende misdadige optrede waarby die nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, betrokke is, moet ondersoek word en waar nodig moet aanklagte ingedien word. Die komiteevoorsitter, Ian Cameron, waarsku Sibiya se vertrek uit die diens moet hom nie vrywaar van aanspreeklikheid nie. Hy sê die komitee het nog altyd be...
9de Nasionale IKT-beraad fokus op werkskepping en jeug-bemagtiging 13.10.2026 0:28
Die 9de Nasionale IKT-beraad het by die Ongwediva-handelskousentrum afgeskop, wat die geleentheid se eerste stap buite Windhoek was om digitale vooruitgang te desentraliseer. Linda Nakale, uitvoerende direkteur van MICT, sê die beraad fokus op die benutting van tegnologie en konnektiwiteit. Sy sê die beraad fokus ook op die gebruik van digitale infrastruktuur om werk te skep, die jeug te bemagtig,...
10:00 Nuus 13.10.2026 3:44
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Thuli Madonsela doen ’n beroep op etiese leierskap om munisipaliteite reg te ruk 13.10.2026 0:19
Die direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid, Thuli Madonsela, doen 'n beroep op munisipaliteite om grondwetlike regte in werklikheid te omskep deur dienslewering te verbeter en ongelykheid aan te spreek. In 'n toespraak by die agtste Beraad oor Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch wat vandag ten einde loop, het Madonsela gesê munisipaliteite het leiers met integriteit...
'KNOW NTB'-veldtog help toerisme-operateurs om NTB-reëls te verstaan 13.10.2026 0:24
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Toerismeraad, Sebulon Chicalu, het die belangrikheid van nakoming van die NTB-wet en die gepaardgaande regulasies beklemtoon. Hy sê die 'KNOW NTB'-veldtog, wat op 1 April van stapel gestuur is, het sover verskeie streke en dorpe besoek om bewustheid van die wet en die regulasies daarvan te bevorder.
09:00 Nuus 13.10.2026 4:10
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
08:00 Nuus 13.10.2026 4:03
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
SA vervoerminister hoop om teen 2029 jaarliks 250-miljoen ton goedere per spoor te vervoer 13.10.2026 0:20
Die Suid Afrikaanse minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê gereelde instandhouding van die spoor-netwerk is noodsaaklik om vragvervoer teen 2029 tot 250-miljoen ton per jaar te verhoog. Sy het die opmerkings Maandag gemaak tydens ’n oorsig-besoek aan die instandhouding-sluiting aan die yster-erts-spoorlyn in die Noord-Kaap. Die sluiting duur tot 16 Oktober, met herstelwerk wat daarop gemik is om...
Windhoek Euro-rolprentfees vanjaar meer opwindend 13.10.2026 0:36
Alex Baron, hoof van vennootskappe by die Europese Unie in Namibië, sê die Euro-rolprentfees bring Namibiese en Europese rolprentkuns nader aan Namibiërs. Tydens die bekendstelling van vanjaar se fees in Windhoek het Baron opgemerk dat die fees vanjaar nie net anders nie, maar ook opwindender sal wees.
07:00 Hoofnuus 13.10.2026 4:45
Kry die nuus soos dit breek.
SA Adjunkminister van Justisie vra billiker toegang tot howe en regsdienste 13.10.2026 0:19
Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die geografie van die apartheidsera mag nie langer verhoed dat mense toegang tot geregtigheid verkry nie. Hy het tydens die agtste Sosiale Geregtigheid-beraad aan die Universiteit Stellenbosch gesê die regering moet howe en regsdienste, insluitend ondersteuning met onderhoud, beskerming teen gesinsgeweld en regshulp, mee...
Streeks-universiteite moet bek-en-klouseer en ander uitdagings aanspreek 13.10.2026 0:33
Die Visekanselier van die Universiteit van Namibië, Professor Kenneth Matengu, sê universiteite wat deel vorm van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied moet navorsing, wat bek-en-klouseer en ander streeks-uitdagings aanspreek, prioritiseer. Hy het die oproep Maandag in Katima Mulilo gemaak tydens die ondertekening van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied Universiteit Konsortium Oo...
Dinsdag, 13 Oktober 2026 13.10.2026 2:45
In jou finansiële nuus vanoggend: Bek-en-klouseer vereis 'n stryd op twee fronte, sê die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius. En in Suid-Afrika sê die Rooivleisprodusente-Organisasie die BKS-uitbreking plaaslik veroorsaak ook groot ontwrigting in die buurland.
Tyd loop uit vir NamRa se belastingamnestie-aansoekperiode 13.10.2026 0:36
Daar is nou minder as twee weke oor tot die sperdatum vir die huidige belasting-amnestie-program, wat op 31 Oktober verstryk. NamRA herinner alle belastingbetalers daaraan om van die geleentheid gebruik te maak om hul uitstaande belastingkuld te vereffen. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze sê die program bied volle kwytskelding van alle opgehoopte rente en boetes, mits jy jou uitstaande hoofskuld...
Shaun Gariseb bekommerd oor CoW se munisipale busdiens 13.10.2026 0:40
Shaun Gariseb, 'n gemeenskapsaktivis van Windhoek, spreek kommer uit oor die Stad Windhoek se verlieslydende busdiens en bevraagteken hoe die munisipaliteit beplan om bedrywighede vol te hou te midde van 'n gerapporteerde jaarlikse tekort van 60 miljoen Namibiese dollar. Gariseb sê die diens se beperkte inkomste uit tariewe beteken dat die finansiële las op inwoners en belastingbetalers kan neerko...
2026/2027 Kersseisoen-padveiligheidsveldtog amptelik geloods 13.10.2026 0:35
Twintig Nampol-lede sal die Kers-seisoen na van die land se groot padongeluk-brandpunte ontplooi word om toe te sien dat padverbruikers die land se padreëls gehoorsaam. Tydens die amptelike bekendstelling van die 2026/2027 Kersseisoen-padveiligheids-veldtog het waarnemende polisiehoofinspekteur, Majoor-generaal Anne-Marie Nainda gesê dat 30 polisie-voertuie deel van die ontplooiing sal vorm. Sy sê...
06:00 Nuus 13.10.2026 4:04
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Gedagte vir die dag met Johan Els 13 Oktober 2026 13.10.2026 1:33
Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els
SA Verkiesingskommissie: ANC het moontlik kandidaat-indienings-sperdatum misgeloop 13.10.2026 0:20
Die Verkiesingskommissie sê die ANC het moontlik die sperdatum vir die indiening van kandidate misgeloop deur nie die finale stap op sy aanlynstelsel te voltooi nie. Die ANC betwis die diskwalifisering van 181 kandidate in ses munisipaliteite. Advokaat Terry Motau van die OVK het aan die Konstitusionele Hof gesê alle partye moet dieselfde reëls volg om regverdigheid en sekerheid te verseker. Hy sê...
Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud 13.10.2026 0:16
Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad...
Op'ie Kantlyn, 12 Oktober 2026 12.10.2026 3:40
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
Die Dag Wat Was, 12 Oktober 2026 12.10.2026 5:36
Kry die nuus soos dit breek.
Die nuus om 18:00 12.10.2026 4:22
Kry die nuus soos dit breek.
Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas 12.10.2026 0:15
Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng D...
Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters 12.10.2026 0:38
Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker sê blywende vooruitgang sal d...
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics