Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.kosmos.com.na
Auteur
Kosmos 94.1
Catégorie
Site du podcast
Dernier épisode
18 oct. 2026
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
NNN se armoede-opmerkings 'selfaanklag teen Swapo” 06.10.2026 0:40
Bestuurskenner Pius Dunaiski sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah se onlangse opmerkings oor armoede beklemtoon die ernstige ekonomiese uitdagings waarmee meeste Namibiërs te kampe het. Tydens die One Economy Foundation se jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid het Nandi-Ndaitwah gesê dat te min Namibiërs ekonomies bemagtig is, wat daartoe lei dat diegene met finansiële middele met 'n toenemende str...
Die hoofnuus om 17:00 06.10.2026 4:54
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Demensielyers van heksery beskuldig, owerhede moet optree 06.10.2026 0:30
Berrie Holtzhausen, stigter van Alzheimer Dementia Namibia, vra vir sterker wetlike beskerming vir bejaardes wat valslik van heksery beskuldig word. Hulle ly dikwels aan ongediagnoseerde toestande soos vaskulêre demensie. Holtzhausen kritiseer owerhede vir hulle versuim om bestaande wette en Pan-Afrikaanse riglyne toe te pas, wat slagoffers kwesbaar laat vir menseregteskendings en verbanning. Hy h...
Olieprys daal, 'sal nie dadelik brandstofpryse afbring' 06.10.2026 0:35
Die petrolprys styg vanaand om middernag met 1 dollar 50 sent. Dit terwyl die olieprys begin daal het na die G7-lande se ooreenkoms om 100 miljoen vate ru-olie en diesel uit strategiese reserwes vry te stel. Brent ru-olie verhandel tans net bo 98 Amerikaanse dollar per vat. Ekonoom Dawie Roodt waarsku egter dat die tydelike ingryping min verligting by Suider-Afrikaanse brandstofpompe sal bring. Ma...
IPC het baie vrae oor hoë-sekuriteit nommerplate 06.10.2026 0:39
Die regering se beplande bekendstelling van hoë-sekuriteit nommerplate is in die nuus. Nelson Kalangula, die IPC se skadu-vervoerminister, sê nommerplate met QR-kodes wat teen peutery bestand is, kan help om vervalste nommerplate en hul kloning, diefstal en registrasiebedrog te bekamp. Hy lig egter verskeie onsekerhede en potensiële probleme uit.
Hoekom is adjunkministers nodig, hoor NV 06.10.2026 0:40
Die rol van adjunkministers word in die parlement onder die loep geneem, met oproepe dat hul bevoegdhede versterk word of dat die poste heeltemal afgeskaf word. Die Swapo-parlementslid Salomon April het vanmiddag aangevoer dat die regering aansienlike finansiële hulpbronne aan adjunkministers bestee, terwyl hulle geen onafhanklike besluitnemingsgesag het nie.
Die 16:00 nuus 06.10.2026 3:59
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Solidariteit stel nie-rassige alternatiewe voor, wil Agoa beskerm 06.10.2026 0:19
Die vakbond Solidariteit het 'n skikkingsvoorstel oor Suid-Afrika se rasgebaseerde beleide aan die Suid-Afrikaanse en die Amerikaanse regering voorgelê om die land se voordele ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te beskerm. Woordvoerder Theuns du Buisson sê die Withuis heroorweeg Suid-Afrika se deelname en hy verwag 'n aankondiging teen 1 November. Du Buisson stel voor rasgebaseerd...
Eise vir deursigtigheid oor Stad Windhoek HUB se reise 06.10.2026 0:36
Woede oor die Stad Windhoek se reisbesteding gaan nie net verdwyn nie, met aktivis Shaun Gariseb wat volle deursigtigheid eis oor uitvoerende hoof Moses Matyayi se herhaalde internasionale reise, terwyl basiese munisipale dienste sloer. Gariseb beweer dat gemeenskapspetisies en raadsmosies opsy geskuif word terwyl miljoene bestee word aan buitelandse reise en geleentheidsafvaardigings. Dit sluit '...
Die 15:00 nuus 06.10.2026 4:16
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
TLU SA bekommerd oor hemelshoë brandstofpryse 06.10.2026 0:22
Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die jongste brandstofprysverhogings sal die landbousektor onder geweldige druk plaas. Petrolpryse in Suid-Afrika styg môre met tussen drie Suid-Afrikaanse rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter; dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter, en die prys van paraffien met vier-rand-77-sent per liter. Bennie van Zyl van TLU SA sê die...
OneWeb satelliet-internetdiens gee landswyd dekking 06.10.2026 0:35
Landelike Namibië gaan vinniger en meer betroubare satellietinternet kry, na Paratus Namibië Eutelsat se OneWeb-satellietdiens in die land bekendstel het. Die diens is gemik op sowel huishoudelike as kommersiële kliënte landswyd, en bied konnektiwiteit met hoë spoed en lae vertraging. Andrew Hall, besturende direkteur van Paratus Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Die 14:00 nuus 06.10.2026 4:17
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
SA Polisiediens: Shadrack Sibiya se tugverhoor reeds gehou 06.10.2026 0:19
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê die tugverhoor van die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is reeds gehou, ten spyte van berigte dat dit gestaak is. Hy word na aanleiding van inligting by die Madlanga-kommissie beskuldig van korrupsie en wangedrag. Sibiya bly in aanhouding oor afsonderlike bewerings van verkragting en seksuele gereedmaking. Die polisiewoordvoerder,...
Ineenstorting van sardyn-voorrade kan hewige ekologiese-impak het 06.10.2026 0:36
Ocean Conservation Namibia waarsku dat die ineenstorting van sardyn-voorrade in die Benguela-stroom 'n ernstige ekologiese verskuiwing na jellievis-gedomineerde waters kan veroorsaak. Bewaringsbewaarder Damian Schreiber sê terwyl robbe kan oorskakel na alternatiewe prooi soos lantern-visse, is die breër mariene voedselweb afhanklik van sardyne. Dit maak deurlopende mortaliteitsmonitering van kriti...
Die hoofnuus om 13:00 06.10.2026 4:02
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Namibiese stoeiers ryg medaljes in by SA Nasionale Jeugkampioenskap 06.10.2026 0:39
Namibië se jeugstoeiers het uitgemunt en altesaam 22 medaljes by die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugkampioenskap in Kaapstad verower. Die span het 10 goue, vyf silwer- en sewe bronsmedaljes in verskillende ouderdomskategorieë en die Presidentstoernooi gewen. Kosmos 94.1 Nuus het met Anke Erasmus, die sekretaris-generaal van die Namibiese Stoeifederasie, gesels:
"Een-miljoen bome teen 2023"-projek verg meer beplanning 06.10.2026 0:36
Die omgewingsake-ministerie het 'n strategie aangekondig om teen 2030 een miljoen bome te plant om landwye ontbossing aan te pak. Bewaringskundige Mark Paxton waarsku egter dat plantveldtogte bloot as foto-geleenthede dien tensy kap-en-brand-praktyke gestaak word. Hy sê die beskerming van intakte ondergrondse wortelstelsels om natuurlike regenerasie toe te laat, baie meer effektief is as om nuwe b...
BKS-uitbreking: Boere oorval NLU met aanbiedinge om te help 06.10.2026 0:16
Intussen het die Namibiese Landbou-unie boere geloof vir hul samewerking om die siekte te stuit. Die unie sê dis belangrik dat die hele volk saamwerk om die verspreidng van die siekte te beveg deur nie onnodig diere en diere-produkte tussen plase en boeredery-distrikte te vervoer nie. NLU-president, Thinus Pretorius, sê die landbou unie word oorval deur boere wat uitreik en hul dienste aanbied om...
12:00 Nuus 06.10.2026 3:57
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Meatco: EU se tydelike vleisuitvoere-verbod uit Namibië raak ook Noorweë 06.10.2026 0:40
Meatco het bevestig dat die Europese Unie se tydelike verbod op die uitvoer van vleisprodukte uit Namibië ook uitvoere na Noorweë, wat nie 'n EU-lidstaat is nie, raak. Meatco se aanvanklike kwota vir beesvleisuitvoere na Noorweë vir 2026 het ongeveer 265 miljoen Namibiese dollar se inkomste gegenereer, terwyl verwag was dat die finale bedrag vir die jaar 365 miljoen dollar sou beloop. Volgens Meat...
Rubio sê Amerika het steeds vertroue in die veiligheid van al sy militere basisse 06.10.2026 0:21
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê Amerika het steeds vertroue in die veiligheid van al sy basisse. Dit volg nadat Amerika al sy B-1-bomwerpers van RAF Fairford in Brittanje na basisse in Amerika verskuif het. Die Britse lugmagbasis was verlede maand die teiken van ʼn vermeende terreur-aanval wat gelei het tot die inhegtenisneming van vyf Britse burgers, wat later op bor...
NNN: Moenie BKS-tekorte gebruik om wins te maak nie 06.10.2026 0:36
President Netumbo Nandi-Ndaitwah waarsku dat die bek-en-klouseer uitbreking nie gebruik moet word om verbruikers uit te buit nie. Nandi-Ndaitwah het in haar eerste opdatering en toespraak aan die land, sedert die siekte se uitbreking, gesê die BKS-inperkings is ingestel om die landbou-sektor, boere, en Namibiërs te beskerm. Sy sê verskaffers moet nie nou die vleis- en ander skaarstes gebruik om on...
11:00 Nuus 06.10.2026 3:52
Kry die nuus soos dit breek.
EFF vra SA regering om brandstofheffing dringend te verlaag 06.10.2026 0:21
Die EFF sê die jongste styging in brandstofpryse is rampspoedig vir die werkersklas en arm Suid-Afrikaners. Suid Afrika se petrolpryse styg Woensdag met tussen 3 Namibiese dollar-12-sent en 3 dollar-33-sent per liter. Dieselpryse styg met tussen 2 dollar en 84-sent en 3-dollar en 24-sent per liter, terwyl die prys van paraffien met 4 Namibiese dollar 77-sent per liter styg. Sixolise Gcilishe van d...
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics