RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Politikus se KI-blaps 29.07.2026 1:50
‘n Kanadese politikus het die internet aan die gons nadat hy ‘n toespraak gelewer het, wat met behulp van KI geskryf is. Die raad wat KI gegee het, is per ongeluk in die toespraak ingesluit.
Êrens oorsee: Oesbekistan 28.07.2026 9:24
Sanger Emilie Minnie vertel vir Martelize Brink van sy ervarings in Oesbekistan, waar hy skoolhou.
Pienk appels 28.07.2026 8:08
Calla du Toit praat oor die ontwikkeling van appelvariëteite soos Pink Lady, wat jare kan duur.
Yskaste vir mense 28.07.2026 1:20
In Japan is daar nou yskaste wat gemaak vir een mens om in te pas. Die doel is om vir ‘n kort tydjie die erge hitte te ontsnap.
In die wêreld van landbou 27 Julie 2026 27.07.2026 5:12
In hierdie week se landbounuus: Graan SA spreek sy misnoeë uit oor die JSE se besluit oor sojaboon-liggingsdifferensiaal; Mosambiek wil sy afhanklikheid van Suid-Afrikaanse groente verminder; die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging doen ’n beroep op die landbouminister om ’n nasionale voëlgriep-inentingsprogram te bespoedig; en rosyntjieprodusente oorskry die honderd duisend ton leweringsmerk.
Ingrid se liefde vir Korea 24.07.2026 7:13
Mediapersoonlikheid Ingrid Jones het tydens 'n besoek aan haar dogter in Seoel, Suid-Kore,a halsoorkop verlief geraak op dié land en sy kultuur. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs wat sy alles ervaar het doer anderkant die water.
Speseryroete: Dille 24.07.2026 10:17
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor dille, wat vars of as saad gebruik kan word.
Beenhaarteistering 24.07.2026 1:35
Weens hitte moedig die regering in Japan mans aan om hul baadjie-en-das-werksdrag te ruil vir kortbroeke, t-hemde en tekkies. Vroue kla nou oor beenhaarteistering met dié dat hulle daarin moet vaskyk. Om hulle in ag te neem, laat laser somminge mans nou hulle beenhare.
Parfuum uit die veld 23.07.2026 6:13
By die Kogman & Keisie-gasteplaas op Montagu maak Liana Jansen van FIJN Botanicals parfuum uit die veld. Jy kan ‘n dag saam met haar in die ryk geskiedenis van die omgewing pluk en delf. Johan Rademan was daar.
Jonk: Meer kos, minder kalorieë 23.07.2026 10:17
Dieetkundige Valpré Huisamen vertel hoe jy kos kan kies wat jou toelaat om meer te eet en voller te voel, maar steeds minder kalorieë in te kry.
Miere op die nagereg is tronksake 23.07.2026 1:53
Die eienaar van ‘n restaurant met 2 Michelinsterre in Seoel is in die moeilikheid oor miere op die spyskaart. Buiten vir ‘n boete van sowat R224 000, vra aanklaers ook vir ‘n jaar tronkstraf.
Jason Baartman ken van appels 22.07.2026 7:21
Haidee Muller-Isaacs het die 2017-naaswenner van die Agri's Got Talent-sangwedstryd opgespoor. Jason Baartman was destyds 'n algemene werker, en deesdae is hy 'n junior produksiebestuurder wat sy storie met appels ken. Hy kweek sommer self appelbome, vertel dié jong landbouman van Ceres.
Wat kan ons leer by... Ethiopië (Deel 2) 22.07.2026 10:54
Dr. Mandie Uys vertel wat ons kan leer by Ethiopië, en die laaste Salomoniese keiser, Haile Selassi.
Paaldansfiasko 22.07.2026 1:23
‘n Paaldans het skeef geloop in Amerika. Toe die paal skuif, tref dit ‘n brandsproeier wat twee woonstelle met waterskade gelaat het.
Êrens oorsee: Kobuleti, Georgië 21.07.2026 15:42
Arnold Bothma vertel vir Martelize Brink van Georgië se kultuur. Dié oudpolisieman het afgetree in die dorp, Kobuleti.
Bradley se vakmanskap uit die 19de eeu 21.07.2026 6:48
Ystersmid Bradley Cloete werk met vuur wat tot 1 800 grade Celsius warm kan wees. Johan Rademan het op Soetmelksvlei gaan kyk hoe hy ‘n klinknael maak.
Japan se spookinspekteurs 21.07.2026 2:16
In Japan oornag mense in sogenaamde spookhuise om te bewys dat daar niks ongehoord gebeur nie. ‘n Sertifikaat help dan om die waarde van die eiendom te verhoog, siende dat mense huiwerig is om ‘n gestigmatiseerde eiendom te koop of huur.
Drie keer 'n week in die Kruger! 20.07.2026 8:16
Sonia Dillon vertel vir Martelize Brink dat sy en haar man Curtis, minstens drie keer per week die Nasionale Krugerwildtuin besoek en verfilm. Hulle waarnemings is te sien by DustBugs Travel, 'n YouTube-kanaal.
In die wêreld van landbou 20 Julie 2026 20.07.2026 5:46
In hierdie week se landbounuus: ‘n Nuwe diensverskaffer aangestel om die staat se brandbestuurprogram te koördineer. Agbiz waarsku teen ekonomiese onsekerheid in die tweede helfte van die jaar. AgriSA kondig ’n vennootskap aan in die geveg teen landelike misdaad. ‘n Span van die Universiteit Stellenbosch wen vanjaar se Veeplaas/Stockfarm-studentevasvrakompetisie.
Die gaarmaak van atipiese vleissnitte 20.07.2026 13:40
Prof. Phillip Strydom vertel hoe atipiese beesvleissnitte, soos picanha, gaar gemaak behoort te word.
Krokodil-sekuriteit 20.07.2026 2:03
Israel se Minister van Omgewingsbeskerming het die Nylkrokodil herklassifiseer as 'n versorgde wilde dier. Dít baan die weg dat die diere by gevangenisse ingespan kan word vir sekuriteit.
Francois is versot op branderroei 17.07.2026 8:52
Van kindsbeen af is Francois Steyn versot op branderplankry, wat later in kompeterende branderroei (Waveski) ontwikkel het. Hy het al Suid-Afrika verteenwoordig in branderroei, en is eersdaags op pad om Peru se branders aan te durf. Johan Rademan het met hom gesels oor dié sport, en hoe hulle dit vir ontwikkelingsdoeleindes inspan.
360 Speseryroete: Die inlê van sitrus 17.07.2026 13:59
Jacques Erasmus van Hemelhuijs vertel sitrusvrugte die beste is om in te lê, die kortpaaie en die regte verhouding tussen vrugte, suiker en water.
Hubert en vriende ry fiets vir 'n goeie saak 16.07.2026 6:51
Haidee Muller-Isaacs gesels met oudskoolhoof Hubert Titus. Hy en sy vriende, onderwyser Lukas Minnie en motorwerktuigkundige Leon Hougard ry fiets van Rundu af in Namibië tot in Worcester as deel van ‘n fondsinsameling vir evangelisasie, asook 'n kosprojek vir haweloses. Hulle mikpunt is om 2 500 km af te lê, en hulle vorder fluks.
Jonk: Infrarooi-maskers 16.07.2026 6:47
Spesialis dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen verduidelik waarvoor infrarooimaskers gebruik word, en of dit veilig en effektief is.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics