fr

RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Catégorie

Society

Site du podcast

www.rsg.co.za

Dernier épisode

30 oct. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

Australiese man los sy vrou sonder paspoort in Soedan 14.11.2024

‘n Man van Australië is tot vier jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy gesin na Soedan geneem het vir vakansie, maar toe teruggevlieg het met sy vrou en kinders se paspoort. Hy het haar net daar gelos.

Êrens oorsee 12 November 2024 12.11.2024

Marli Coetzee vertel van die lewe in Suid-Korea, waar sy sedert 2019 Engels-klasse gee.

Frankford se vele passies 12.11.2024

Haidee Muller-Isaacs praat met Frankford Williams oor sy betrokkenheid by 'n verskeidenheid organisasies wat blindes en gestremdes dien. Frankford is voorsitter van Blind

Klei in skoonheidsprodukte 12.11.2024

Nicolene Dreyer vertel vir Martelize Brink van Kalahari-rooiklei en Kaapse witklei, wat in skoonheidsprodukte gebruik word.

Studente op fietse maak China bang 12.11.2024

Vier studente se nagtelike fietsrit na ‘n dorpie 50 km weg, het ’n sosialemedia-sensasie veroorsaak. Vrydagaand het tussen 100 000 200 000 jong mense per fiets die rit aangepak, en die owerhede onrustig gemaak.

Skoenlappers op Mosselbaai 11.11.2024

Martelize Brink besoek Earl White van die Butterfly Sanctuary op Mosselbaai. Hy verduidelik hoe hulle met skoenlappers teel, om bevolkings te versterk, en van die interessante wisselwerking tussen skoenlappers, plante en insekte.

Hartseer oor plaasskole wat verdwyn 11.11.2024

Krimpende leerdergetalle en begrotingsdruk het die afgelope paar jaar talle plaasskole laat sluit. Beulah Primêr tussen die Baviaanskloof- en Klein Winterhoekberge is een van die skole wat moes sluit. Anine Rathbone, voormalige hoof, sê ’n plaasskool is ’n gemeenskapshart, daarom is die sluitings daarvan so ’n hartseer saak.

Glimlag, jy's op kamera... 11.11.2024

’n Amerikaanse man het aspris in ‘n ander voertuig vasgery, en gesê dit was ‘n ongeluk. Videomateriaal van ‘n aanboordkamera op die slagoffer se motor, vertel egter ‘n ander storie op sosiale media.

Jurgie se lewe in Viëtnam 08.11.2024

Aartjie na sy vaartjie. Soos pa Jurgens Schoeman van LiveTheJourney, is sy seun, Jurgie, ook ‘n avonturier wat deesdae op die Vietnamese platteland woon. Daar het hy ‘n huis gebou, die taal aangeleer, ‘n sokkerspan begin en word hy selfs genooi om by troues te gaan sing. Hy vertel wat jy moet doen om in die land, vyf maal kleiner as Suid-Afrika, te integreer.

360 Speseryroete - Deel 59 08.11.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kook met tuinsurings.

Pa vergeet bruid 08.11.2024

‘n Britse pa het ‘n trougeselskap aan die lag gehad toe hy die paadjie afgestap, maar vergeet het om sy dogter, die bruid, saam te vat!

Van Reede-trompoppies se oorwinnings 07.11.2024

Die Van Reede-trompoppies het hulle plek in die geskiedenis bevestig met 'n onvergeetlike vertoning by die MWF-wêreldkampioenskappe, gevolg deur hulle triomf by die Trompoppies- en rasieleiersvereniging se nasionale kampioenskappe. Haidee Muller-Isaacs het op Oudtshoorn by hulle gaan kuier.

Jonk 7 November 2024 07.11.2024

Dr. Chrisna Keyser praat oor die sjirurgiese opsies in die behandeling van haarverlies. Ons hoor ook hoe hare reageer ná inplantings.

Michelinster-roomyswinkel 07.11.2024

Taiwan het die wêreld se enigste roomyswinkel met ‘n Michelinster. Geregte word daar teen verskillende temperature bedien, van 0 grade Celsius tot -196 grade Celsius.

Martin Viljoen se lewe en werk 06.11.2024

Martin Viljoen gesels oor sy werk as mediabestuurder by Stellenbosch Universiteit.

Klein vrou, gróót bakkie 06.11.2024

Sy kan skaars oor die stuurwiel kyk, só klein is sy, maar niks klink vir Rhona Africa mooier as die brul van haar blou 1985 Ford Cortina drie liter bakkie nie. Mariska Spoormaker het dié storie anderkant die Baviaanskloofberge raakgetrap tydens die Baviaans Fietstoer.

Grootste priemgetal nóg ontdek 06.11.2024

Die 36 jarig Luke Durant het ‘n nuwe priemgetal ontdek. ‘n Priemgetal is een wat net deur homself en een gedeel kan word, soos 2, 3, 5, 7 en 11. Hulle noem Luke se getal M136279841, en dit bestaan uit 41 024 320 syfers!

Êrens oorsee 5 November 2024 05.11.2024

Nico Collins vertel van die lewe in Noord-Dakota in die VSA.

Oudsthoorn en die Engelse 05.11.2024

Wat het die Engelse in die jare 30 en 40 op Oudtshoorn gemaak? Haidee Muller-Isaacs hoor by Johan Breunnisen hiervan, en ook van die gewilde Herrie-koerantjie wat al 30 jaar aan die gang is.

Medisinale sampioene 05.11.2024

Rochelle Coetzee praat oor medisinale sampioene, en Aether Apothocary wat met goud bekroon is by die Eco-Logic-toekennings.

Geblikte lug 05.11.2024

In Italië verkoop hul nou lug wat geblik is by Meer Como, as aandenking vir toeriste.

SA se vlermuise 04.11.2024

Dr. Caroline Lotter vertel van Suid-Afrika se verskillende vlermuise.

Kodering gratis na grondslagfase geneem 04.11.2024

Noudat die robotika- en kodering-kurrikulum aanvaar is, en teen 2026 uitgerol sal word in die grondslagfase, het Louise Greyling, ‘n onderwyseres van die Baai, die lesplanne vir skoliere in die grondslagfase opgestel. Deur die bemiddeling van Tangible Africa word dit gratis aan skole beskikbaar gestel, en onderwysersopleiding het reeds begin. Mariska Spoormaker het meer by Louise gaan uitvind.

Hello Kitty-superversamelaar 04.11.2024

Asaka Kanda van Tokio het ‘n Hello Kitty-versameling van meer as 10 000 items. Hello Kitty is vandeesmaand 50 jaar oud.

Eens vasgeketting, nou 100% werker 01.11.2024

Mariska Spoormaker vertel die storie van Bash, die skaaphond, wat uit sy erf in die Baai gesteel is. Hy het daarna drie jaar ‘n moeilike lewe aan ‘n ketting op Addo gehad. Hy is gered, en is nou pure werkende skaaphond op Ernie Deyzel se Karooplaas.

Écoute le podcast Driesestig sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics