RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Kirsten Neuschäfer vereer 24.01.2025 8:45
Seiljagvaarder Kirsten Neuschäfer het pas van Brasilië af die Kaapse hawe ingevaar met haar seiljag, Minnehaha. Sy is die wenner van die 2022 Golden Globe-seiljagvaart om die wêreld. Hiervoor, en vir die redding van ’n mededinger, is sy met die Hertogin van Kent-toekenning vereer.
Die polisie, die dagga en die rotte 24.01.2025 1:26
Houston se polisie het meer as 400 000 pond se dagga, wat as bewysstukke gehou word. Dit lok egter rotte, wat behalwe vir skade aan die dwelms, ook skade aan ander bewysstukke aanrig.
Basil May se passies 23.01.2025 9:33
Basil May is 'n bekende in die Wes-Kaap se onderwyskringe. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy komvandaan, Swellendam, en van die tragiese gebeure toe sy suster op 13 oorlede is in 1975 se Swellendam-busramp. 42 jaar later, op die herdenking van dié tragedie, was Basil instrumenteel in die stigting van die Swellendam-beursfonds. Haidee het saam met hom 'n koppie koffie gedrink, en hom gepols...
Jonk 23 Januarie 2025 23.01.2025 4:11
Dieetkundige Valpré Huisamen vertel van inositol as ’n voedingsaanvulling, wat gereeld in haar praktyk voorgeskryf word.
Duur gedroogde skille 23.01.2025 1:36
In China word gedroogde mandarynskille in tradisionele medisyne, en in kos as geurmiddel gebruik. Van die chenpi wat 50 jaar oud is, kos R360 000 per kilogram!
Grootste byeenkoms in wêreld 22.01.2025 8:03
Helené van Tonder vertel vir Martelize Brink van die grootste saamtrek van mense wat tans in Indië plaasvind.
Gamtoos Water doen dit wéér 22.01.2025 5:47
Te midde van verskeie watervoorsieningsdienste wat ten gronde gaan, funksioneer Gamtoos Water in die Oos-Kaapse Gamtoosvallei voortreflik. Dié instansie is onder meer verantwoordelik vir waterlewering uit die Kougadam na die landboubedryf asook die Kouga- en die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit. Om die dam se waterkwaliteit uitstekend te help hou, het Gamtoos Water help sorg dat vier rioolsuiweri...
Hupse heuning 22.01.2025 1:51
Franse owerhede waarsku teen afrodisiacum heuning wat by die tonne daar gekonfiskeer word. Mense onderskat die gevare wat dit kan inhou.
Êrens oorsee 21 Januarie 2025 21.01.2025 12:28
Anet Pienaar-Vosloo vertel vir Martelize Brink van die lewe in Chateau d’Villebouche naby Treignat in Frankryk.
Spekkie, die sjef se vark 21.01.2025 4:29
Haidee Muller-Isaacs ontmoet sjef Bertus Basson se troetelvark, Spekkies. Dié is 'n vegetariër en 'n baie geliefde lid van die Basson-gesin.
Is jou tersiêre opleidingsinstelling wettig? 21.01.2025 8:33
Dr. Hendrik Botha vertel vir Martelize Brink hoe om seker te maak dat ‘n tersiêre opleidingsinstelling wettig is, en voldoen aan regulasies.
Sjirurg doen sy eie vasektomie 21.01.2025 1:32
‘n Sjirurg in Taiwan het sy eie vasektomie gedoen, en die proses stap-vir-stap in ‘n video verduidelik terwyl hy die operasie uitvoer. Die video is al meer as tweemiljoen keer op Instagram gekyk.
Kogelberg Wild Rehabilitasiesentrum 20.01.2025 7:18
Corlie Hugo vertel van die Kogelberg Wild Rehabilitasiesentrum in die Wes-Kaap, wat nou oop is om beseerde wilde diere by te staan.
Unieke SA-huise dalk na Los Angeles 20.01.2025 7:27
Ná die verwoestende brande in Los Angeles, is die owerhede in gesprek met Baaienaar Hennie Botes om sy unieke Moladi-gietstukhuise as noodbehuising daar te gaan oprig. Hennie het in 1986 sy Moladi-gietstukhuise begin bou en gepatenteer, en vandag is dié gegote huise al in 28 lande opgerig. Hennie het aan Mariska Spoormaker verduidelik hoe dit gebeur het dat Los-Angeles se owerhede hom genader het.
Digitale nomades en die ekonomie 20.01.2025 8:42
Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, praat oor die impak wat digitale nomades op die ekonomie het.
Geen lisensie want jy is dood! 20.01.2025 1:41
‘n Amerikaanse vrou wou haar bestuurderslisensie hernu, maar die verkeersowerhede lig haar toe in dat sy, volgens die stelsel, oorlede is. Haar mediese versekering dink toe ook sy is dood.
Sonja se plattelandse tandartsprojek 17.01.2025 8:22
Dr. Sonja Lewis, ’n tandarts van Kaapstad, en haar fisioterapeut-suster, Laurika, deel 'n praktyk in Kuilsrivier. Hulle wou terugploeg, veral op die platteland om behoeftige gemeenskappe te dien. Toe begin Sonja haar eie projek om gratis gesondheidsdienste te voorsien op klein plattelandse dorpies, met Laurika wat hand bysit aan die administratiewe kant. Sonja is ook nie bang om haar pelle in die...
360 Speseryroete - Deel 67 17.01.2025 4:02
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor bergamot.
Gratis hondeoppassers by museums 17.01.2025 1:32
In Italië is daar hondeoppassers by die museums beskikbaar, wat inwoners die geleentheid gee om tussen die land se kultuurskatte rond te loop - iets wat nié met honde kan gebeur nie.
Weet jy wie was dié Karel Landman? 16.01.2025 7:04
Name soos Andries Pretorius, Hendrik Potgieter, Piet Retief, Gerrit Maritz en Sarel Cilliers is sinoniem met die Groot Trek van 1835 -1840. Bitter min mense weet egter van Karel Landman, wat in 1838 'n trekgeselskap van meer as 700 mense uit die Oos-Kaapse Alexandriadistrik na Natal gelei het. Om wyer erkenning aan dié vergete trekleier te gee, het 'n toergids en geskienisnavorser van die Alexandr...
Rooibosdag 2025 16.01.2025 15:20
Lize du Preez en Ilze Bruwer praat op Nasionale Rooibosdag oor dié uniek Suid-Afrikaanse produk. Hulle preoe ook aan vrugtige koue tee.
Jonk 16 Januarie 2025 16.01.2025 4:56
Dieetkundige Valpré Huisamen praar oor die rol van berberien om suikervlakke te reguleer.
Yshokkie in Kenia 16.01.2025 2:37
Kenia se yshokkiespan, die Ysleeus, verteenwoordig hulle land as een van vyf Afrikalande by die Internasionale Yshokkiefederasie. Hulle enigste ysbaan is net ‘n kwart van ‘n Olimpiese baan.
Veelsydige Willem Botha 15.01.2025 9:31
Willem Botha vertel vir Martelize Brink hoe sy loopbaan se verskillende bane oor tyd ontwikkel het.
Herman se passie vir drama-ontwikkeling 15.01.2025 9:33
Haidee Muller-Isaacs gesels met Hoërskool Bellville se geliefde oud-drama-onderwyser Herman van der Westhuizen oor sy passie vir die ontwikkeling van rou talent, en die Proscenium-dramawedstryd wat hy organiseer.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics