fr

RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Catégorie

Society

Site du podcast

www.rsg.co.za

Dernier épisode

28 oct. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

Hoe't julle ontmoet? 5 Mei 2025 05.05.2025

Charmaine Botha vertel hoe sy en André mekaar ontmoet het, en die verrassingstroue wat hy gereël het. Sy het by die funksie opgedaag, sonder om te weet dit is vir haar troue.

Internasionale kleuterstudente 05.05.2025

In Japan verwelkom kleuterskole internasionale studente, veral die kinders van digitale nomades word geteiken.

Martin en Amanda Crous 30.04.2025

Haidee Muller-Isaacs loer in op die plaas De Wilge in die Nuyvallei, waar sy met eienaars Martin en Amanda Crous gesels. Hulle het in 2007 daarheen verhuis van Robertson af, en wil nooit hier wegtrek nie.

...en nou vir die skaap-haarkapper! 28.04.2025

Ons weet almal dat ‘n skaap wol en vleis gee, maar wie sou kon dink dat die Dormer en Suffolk met hulle eie haarkappers spog? Mariska Spoormaker het by die Bloemskou gaan kyk hoe dit gedoen word.

Tuine en Blomklubs 28.04.2025

Voel jy sterk oor omgewingsbewaring op n gemaklike rusbank of kom jy darem nog in n tuin, veral op n vakansiedag. Johan Rademan praat oor die amper vergete tradisie van Blom-en-Tuinklubs.

Hoe het julle ontmoet... 28 April 2025 28.04.2025

Neville Strohmenger vertel vir Martelize Brink in Hoe’t julle ontmoet? hoe hy en sy vrou Estelle bymekaar gekom het.

Ignatius se wêreldstorie 28 April 2025 28.04.2025

‘n Kunswerk wat Andy Warhol van Nederland se koningin Beatrix gemaak het, is per ongeluk weggegooi. Ses - en - veertig kunswerke is tydens opknappings aan ‘n stadsaal in ‘n kelder geberg in wielietjiedromme. Vullisverwyderaars het die dromme leeg gemaak.   

Bloemfontein se liedjie-voorstad 25.04.2025

Wanneer laas het jy in ‘n woonbuurt gestap, en straat na straat die een na die ander volkspeleliedjie en volksliedjie weer begin onthou? Dit het met Mariska Spoormaker gebeur toe sy in Bloemfontein se Pellissierpark gaan stap het.

360 Speseryroete - Deel 79 25.04.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kapokbos of wilderoosmaryn.

Jonk 24 April 2025 24.04.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen vertel vir Martelize Brink in Jonk van die gebruik van pre- en probiotika.

Eerste kitsbank vir 'n land 24.04.2025

Op 15 April 2025 het Tuvalu, die klein landjie in die Stille oseaan hul eerste kitsbanke gekry.

Dr. Marlene le Roux - Kunstekaap Lief en Leed op Mamre 23.04.2025

Dr. Marlene le Roux vertel vir Martelize Brink van Kunstekaap se landelike uitreikprogram in Mamre waar hul werk saam met Lief en Leed. Kuns gaan platteland toe.

Dr. Chris Roets - Handelsmerke en sosiale media 23.04.2025

Dr. Chris Roets gesels met Martelize Brink oor die sosiale media interaksie tussen groot handelsmerke en die publiek. Luister hulle?

Ignatius se wêreldstorie 23 April 2025 23.04.2025

Vrydagaand is daar die geleentheid om weddenskappe te plaas op ‘n spermresies wat onder ‘n mikroskoop plaasvind. Die vreemde sportuitsending vind plaas met kommentaar om die aksie oor 200 mm te beskryf.

Êrens oorsee 22 April 2025 22.04.2025

Stian Louw vertel vir Martelize Brink in Êrens oorsee van die eilande om Dubai waar hy as mariene bioloog werk.

JR-Hein Buxman opvolg 22.04.2025

Intussen het Johan die man wat oorboord geval het opgespoor in Bloemfontein. Heinrich Buxman of Hein of Bux soos hy in die wermag genome is.

Esté Rabé van RAAF - By die pous se laaste mis 22.04.2025

RAAF was Sondag in die Vatikaanstad. Esté Rabé vertel van haar ervaring met die laaste sien van die Pous en die gevoel wat heers onder Italianers na sy heengaan.

Ignatius se wêreldstorie 22 April 2025 22.04.2025

Navorsing in Swede dui daarop dat salm wat blootgestel is aan antidepressante in die rivierwater, minder bang is. Dit maak dat hul gouer by die see uitkom, maar daar is hul minder versigtig vir predatore.

Hoe het julle ontmoet 21.04.2025

In Hoe’t julle ontmoet? vertel Ignatius Vlok vir Martelize Brink hoe hy sy vrou Celeste ontmoet het.   

Ignatius se wêreldstorie 21 April 2025 21.04.2025

Met die Wêreld Ekspo 2025 word Japan se Oita lughawe vir 6 maande herdoop tot die Oita Hello Kitty lughawe.

Reis in Spanje 17.04.2025

André Pretorius vertel vir Martelize Brink oor reis deur Spanje wat hy verskeie kere oor 30 jaar besoek het.

Stamboom-rotte 17.04.2025

Wat op aarde is n stamboom-rot en wat sou hierdie grillerige knaagdiere só belangrik maak dat hulle selfs na die Bloemskou geneem word? Mariska Spoormaker het hieroor gepraat met Abigail Wiese, teler van diè rotte

Boerbok Vleis 17.04.2025

Die Suid-Afrikaanse boerbok is oor 70 jaar deur selektiewe teling in die land só goed ontwikkel dat diê bokras wêreldwyd gewild is, maar gaan nou na die supermark, dan kry jy nie bokvleis op die rak nie. Kobus Lotter, voorsitter van die SA Boerbok Telersvereniging het aan Mariska Spoormaker verduidelik hoekom dit so is.

Jonk 17 April 2025 17.04.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen vertel vir Martelize Brink in Jonk van aanvullings vir breingesondheid .

Ignatius se wêreldstorie 17 April 2025 17.04.2025

In Florida is ‘n bruidskar oppad troue toe afgetrek oor ‘n spoed van 169 km per uur.

Écoute le podcast Driesestig sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics