RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Bofbalspan verander tydens wedstryd 01.08.2025 1:17
José Caballero was besig met ‘n wedstryd vir Tampa Bay Rays teen die New York Yankees. Tydens die wedstryd is ‘n transaksie beklink waar hy deel geword het van die Yankees, sy naam toe reeds verwyder uit die Rays se spanlys, en het hy vir sy nuwe kamerade in hulle klubhuis drukkies gaan gee.
Jonk 31 Julie 2025 31.07.2025 6:34
Dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen praat oor die funksie van neushare, en watter neushare jy maar kan verwyder, en hoe.
Stories op grafstene 31.07.2025 0:58
In Indië is daar grafstene met QR-kodes op. As jy dit met ‘n foon skandeer, sien jy die storie van die gestorwene op ‘n webblad.
Magdaleen se lewe van sampioene 30.07.2025 7:44
Magdaleen Smit van Plettenbergbaai is só passievol oor sampioene dat sy Mariska Spoormaker geïnspireer het om voortaan op die uitkyk vir sampioene te wees wanneer sy deur veld, vlei en bos loop. Magdaleen se sampioenstalletjie by ‘n markdag in Kouga het selfs peuters nadergelok.
Voorkom verdrinkings 30.07.2025 8:04
Caville Abrahams van die Nasionale Seereddingsinstituut vertel van situaties om te vermy om in die water uit die moeilikheid te bly.
Swem werk toe 30.07.2025 1:12
In Switserland is die riviere só skoon dat mense in die hoofstad, Bern, werk toe swem.
Êrens oorsee 29 Julie 2025 29.07.2025 11:26
Tobias Meyer vertel van die lewe in N’Djamena, die hoofstad van Tsjad.
Mikayla, die ballerina 29.07.2025 6:09
Die dertienjarige ballerina Mikayla van Heerden vertel van ‘n optrede in Switserland, en haar deelname aan die 12e Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie. Sy het verlede jaar goud gewen in twee afdelings by die kompetisie.
Letitia en die Peacemakers 29.07.2025 8:59
Die 53-jarige Letitia Britz is al 26 jaar skoon van dwelms. Sy is al jare lank betrokke by ‘n ondersteuningsgroep vir jong mans, Peacemakers, in Heideveld op die Kaapse Vlakte as deel van
Tolgeld in Japan 29.07.2025 1:04
‘n Fout met ’n tolstelsel het veroorsaak dat tolgeld vir 38 ure nie ingevorder is by tolhekke in Japan nie. Meer as 24 000 mense het egter uit hulle eie aanlyn gaan betaal. Hulle en ander gebruikers wat in daardie periode by werkende tolhekke in daardie omgewing betaal het, het egter hulle geld teruggekry.
Troetelreptiele en die winter 28.07.2025 8:29
Veearts dr. Kaylin du Plessis praat oor troetelreptiele se winterbehoeftes. Sy vertel onder andere van maniere om hulle warm te hou.
Die skoenmaker-sakeman van Durbanville 28.07.2025 6:02
Deepak Prag is die derde geslag van sy familie uit Indië, wat Suid-Afrika sy tuiste gemaak het. Hy is ‘n sakeman en skoenmaker van beroep. Jy kan nie vir hom sê: Skoenmaker hou jou by jou lees nie, want hy ken sy storie. Johan Rademan het met hom gesels.
Hoe het julle ontmoet? 28 Julie 2025 28.07.2025 7:19
Machiel Oberholzer vertel hoe hy en Marlene op ‘n groep vir gestremdes aan die gesels geraak het.
Onkruid op die bord 28.07.2025 1:32
In Kenia is daar verlede jaar 300 000 ton se inheemse kosplante geoes, maar om die saad te koop of te ruil is onwettig.
Velle, die brandhond wat nié wil aftree 25.07.2025 7:11
Velle, die polisiehond, is al lankal afgetree, maar steeds kom sy, stywe bene en al, werk toe. Adjudantoffisier Riaan Victor van die Baaise Honde-eenheid, wat al 13 jaar met brandhonde werk, sê hy bring Velle, afgetree by hom, steeds werk toe anders raak sy te depressief. Maar eers vertel hy vir Mariska Spoormaker meer oor die funksie en opleiding van ‘n brandhond.
360 Speseryroete - Deel 91 25.07.2025 6:53
Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor vla, soet sowel as sout, wat al langer as tweeduisend jaar voorgesit word.
'Waar is ons poue?' 25.07.2025 2:18
Poue is sinoniem met ‘n hotel in Kalifornië. Dosyne poue is egter stil-stil daar weggedra.
Solo op 'n motorfiets deur Afrika 24.07.2025 9:32
Heidi van der Merwe vertel vir Martelize Brink dat sy 23 jaar gelede ‘n tweede kans op die lewe gekry het nadat sy lewerkanker oorleef het. Nou gaan sy vir ‘n jaar lank vroualleen met haar hond, Harley, op ‘n motorfiets deur Afrika reis en lewerkanker-bewusmaking doen.
Groenkrag en elektrisiteitsverspreiding 24.07.2025 5:15
Ons praat oor ‘n olifant of twee in die vertrek met Hein Vosloo, wat baie jare by Eskom se kragverspreidingsnetwerk gewerk het. Johan Rademan gesels met hom oor hernubare energie, of groenkrag, se uitdaging, wat die verspreiding daarvan is.
Jonk 24 Julie 2025 24.07.2025 6:45
Willie Schoeman verduidelik wat hiperbariese suurstofterapie behels, waar jy aan hoër atmosferiese druk blootgestel word.
Vals ambassade ontbloot 24.07.2025 1:33
‘n Vals ambassade vir Seborga en Wesarktika, lande wat nie bestaan nie, is in Indië deur die polisie toegemaak.
Lisa se gemeenskapswerk 23.07.2025 8:43
Haidee Muller-Isaacs loer in by Lisa Truter wat al 30 jaar lank haar lewe aan gemeenskapswerk wy. Sy was nog nie een dag spyt nie.
Tifoontroue 23.07.2025 1:15
‘n Tifoon en ’n oorstroomde kerk was nie genoeg rede vir ‘n paartjie in die Filippyne om hulle troue uit te stel nie.
Êrens oorsee 22 Julie 2025 22.07.2025 14:14
Jan Hugo vertel vir Martelize Brink van Lagos in Portugal waar hy al vyf jaar woon. Hy vertel dit sukkel maar om die taal aan te leer, maar jy kom goed reg daar met Engels.
Baviaanskloof: Nie nét 'n basaar nie! 22.07.2025 6:29
Dink net... net omdat jy na die kerkbasaar gaan, het jy gratis toegang tot die ongerepte Baviaanskloof Wildernisgebied, ‘n provinsiale natuurreservaat. En dit is nie al nie – die boere in die landbougedeelte van die Baviaanskloof bied ook gratis verblyf aan die basaargangers van buite. Daar aangekom, het Mariska Spoormaker haar verluister aan Amanda Lamprecht se groot geesdrif vir die omgewing én...
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics