RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Dit gaan goed met die Boyce-gesin 20.08.2025 8:30
Seremoniemeester en radio-omroeper Francois Boyce, en sy vrou, Amoré, vertel hoe dit deesdae met hulle 14 maande oue seuntjie, Levi, gaan nadat hy as baba met seldsame infantiele spasmasindroom gediagnoseer is.
Seldsame verbindings in Cannabis-blare 20.08.2025 7:38
Dr. Magriet Muller vertel van seldsame verbindings, gesog in die farmaseutiese bedryf, wat in Cannabis-blare gevind is.
Watter kerktoring is die hoogste? 20.08.2025 7:21
Watter een van die twee kerktorings is die hoogste? Aberdeen se NG kerk of Paarl se Toringkerk? Tienie Appel vertel vir Martelize Brink dat 'n landmeter ‘n antwoord op die vraag het.
Verkoop kaartjies vir jou troue 20.08.2025 1:11
‘n Onderneming in Frankryk fasiliteer kaartjies vir mense wat vreemdelinge se troues wil bywoon. Dié inkomste help om vir die troue te betaal.
Êrens oorsee 19 Augustus 2025 19.08.2025 13:26
Lynette Häuselmann vertel vir Martelize Brink van die lewe in St. Gallen in Switserland. St. Gallen is die naam van die stad sowel as die kanton waar sy woon.
Die Baai se groenste skool 19.08.2025 7:39
Kabega Primêr in Gqeberha neem die voortou wanneer dit by herwinning en omgewingsake kom. Dié skool het in een jaar 43 000 kilogram glas herwin, is deur die Natuurlewevereniging van Suid-Afrika as groepkategoriewenner aangewys, en nou is een van hulle onderwysers met 'n internasionale toekenning bekroon. Mariska Spoormaker het daar gaan inloer.
Die rol van dameskleedkamers 19.08.2025 7:43
Mandie Uys praat oor die geskiedenis en sosiale rol van dameskleedkamers.
Sweedse kerk vat die pad 19.08.2025 1:26
‘n Kerk in Swede is in sy geheel verskuif na ‘n nuwe staanplek. Die gebou van 672 ton is met ‘n hyskraan gelig en op reuse rolplatforms gelaai vir die trek.
Seldsame rodolietbed ontdek 18.08.2025 8:13
Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van ‘n seldsame habitat, ’n rodolietbed, wat onlangs ontdek is in die iSimangaliso Mariene Beskermde Gebied aan KwaZulu-Natal se kus.
Wat is klankgenesing? 18.08.2025 9:31
Genesing word nie net uit die apteek se glasbotteltjies geskud nie. Antoinette Bishop vertel van klankgenesing. Haidee Muller-Isaacs het gaan luister na die klank wat uit haar kristalinstrumente kom.
Hoe het julle ontmoet? 18 Augustus 2025 18.08.2025 4:40
Maud Pelser vertel vir Martelize Brink hoe Kobus haar as kind al ontmoet het.
Selfsoek-verlowingsdiamant 18.08.2025 1:28
Micherre Fox het besluit sy wil self die diamant vir haar verloofring gaan soek, in die grond. Haar soektog het ‘n 2,3 karaat wit diamant opgelewer!
Om Nederland plat te stap 15.08.2025 7:44
Hoekom sal ‘n Suid-Afrikaner wat Suid-Afrika se berge, dale en duineveld gereeld stap, oor die 400 kilometer in Nederland van alle plekke wil gaan stap? Die Pieterpad, wat van die noode na die suide in die oostelike deel van Nederland strek, het haar geroep, sê Esti Stewart van St. Francisbaai.
360 Speseryroete - Deel 94 15.08.2025 6:43
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor gremolata, wat geregte tot ’n ander vlak kan verhef.
Nuwe parasiet vernoem na SA prof 15.08.2025 4:26
Prof. Louis du Preez sê dis ‘n voorreg om ‘n naam met ‘n parasiet te deel. Die parasiet, Latergator louisdupreezi, is ontdek in die oë van alligators in Amerika.
Pokémon veroorsaak kosmors 15.08.2025 1:07
In Japan is ’n Pokémonkaart-promosie saam met kitskosetes kortgeknip nadat mense die kos gekoop het om die gesogte kaarte in die hande te kry, maar dit dan net so in straat gelos het.
Vrywilligers speel rol in geskiedskrywing 14.08.2025 7:27
Vrywilligers speel toenemend ‘n rol in geskiedskrywing en die optekening daarvan in Suid-Afrika se dorpe en stede. Mense word aangemoedig deur Jaco Maritz van die Durbanville Erfenisstigting om aan te sluit by organisasies in hulle omgewing om kundigheid beskikbaar te stel. Johan Rademan het by Jaco gaan uitving hoe hulle te werk gaan.
Wildteel vir 'n beter Kalahari 14.08.2025 7:42
Roy Barlow vertel vir Martelize Brink van ‘n teelprogram om genetika van tradisionele Kalahari-spesies te verbeter. Dit sluit die springbokram met die wêreldrekordlengte horings in, wat onlangs vir ‘n rekord R3,45 miljoen gekoop is.
Jonk 14 Augustus 2025 14.08.2025 11:25
Neuroloog dr. Etienne van der Walt praat oor die rol van slaap in gesondheid.
Spoedvark se spaarvark geskud 14.08.2025 1:11
In Switserland bepaal jou vermoë om te kan betaal, hoeveel jou verkeerskaartjie sal wees. ‘n Onlangse spoedboete van $110 000 is nog ver van die rekord van $290 000!
Pastoor Dennis se lewensverhaal 13.08.2025 8:54
Pastoor Dennis Francis vertel sy lewensverhaal aan Haidee Muller-Isaacs. Hy noem dit: Van Klip tot Siersteen. Dis ook die titel van sy outobiografie.
Wêreldrekordspringbok 13.08.2025 13:17
Japie van Niekerk vertel van die spog Springbokram met wêreldrekordlengte horings, wat hy vir ‘n rekordbedrag van R3,45 miljoen gekoop het.
Werkskultuur in koffiewinkels 13.08.2025 1:23
Starbucks in Suid-Korea het nou amptelik nuwe reëls. Tablette en skootrekenaars is welkom, maar mense mag nie meer hulle rekenaars, drukkers en afskortings bring om werkshokkies in die koffiewinkel op te stel nie.
Êrens oorsee 12 Augustus 2025 12.08.2025 9:05
Robbie Robberts vertel van die lewe in Iowa in die VSA. Hy sê tussen die mielies is daar werk vir mense wat wil werk.
Wat is 'n brilpartytjie? 12.08.2025 7:26
Adele Camarena vertel vir Haidee Muller-Isaacs van brilpartytjies, waar jy meer kan leer oor watter bril by jou persoonlikheid, oë en gelaats- en haarkleur pas.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics