RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Groot Ethiopiese Renaissance-dam 17.09.2025 9:37
Werner Jerling praat oor Ethiopië se Groot Renaissance-dam wat onlangs ingewy is. Hy gee konteks aan die omvang van die dam, en die implikasies vir die lande om die Nylrivier.
Hoe lank is jou sonneblom? 17.09.2025 1:03
Alex Babich van Indiana in die VSA se sonneblom genaamd Clover hou nou die Guiness Wêreldrekord as die hoogste ooit. Die plant blom op ‘n hoogte van 11 meter!
Êrens oorsee 16 September 2025 16.09.2025 13:53
De Wet Hugo vertel vir Martelize Brink van die lewe in Hangzhou, China, waar dié kinderboekskrywer ‘n onderwyser is.
Seagull Outoard Regatta en enjins 16.09.2025 9:55
Haidee Muller-Isaacs gesels met Fred Viljoen oor die Viljoensdrift/Breederivier Seagull Outboard Regatta, wat op 18 Oktober plaasvind. Fred vertel hoe gewild hierdie enjins is.
Boete vir kinderskandes 16.09.2025 1:00
Twee Chinese seuns het die internet laat gons toe hulle ‘n video aanlyn versprei het van waar hulle in ‘n restaurant se kos urineer het. Die hof het hul met sowat R 5,36 miljoen beboet.
Troetelpraatjies 15 September 20205 15.09.2025 13:49
Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luistraarsvrae oor hulle troeteldiere.
Baaienaars maak opera-plan 15.09.2025 7:23
Die Oos-Kaap lewer ‘n groot persentasie van Suid-Afrika se sangers op, maar dan moet hulle na ander stede gaan om ’n goeie loopbaan te kan vestig. Nou het ‘n klomp operamal Baaienaars begin plan maak om plaaslik werk en geleenthede vir Oos-Kaapse sangers te probeer skep. Een uitvloeisel hiervan is die totstandkoming van Mandelabaai Opera. Kobus Buys vertel meer vir Mariska Spoormaker.
Hoe het julle ontmoet? 15 September 2025 15.09.2025 5:29
Mart de Wet vertel vir Martelize Brink hoe sy vir Danie die eerste keer op die verhoog in ‘n toneelstuk gesien het.
Ghana se kleurvolle kiste 15.09.2025 0:53
In Ghana skep hulle fantasie-grafkiste wat die oorledene se lewe weerspieël.
ATKV Tienertoneel gaan van krag tot krag 12.09.2025 8:03
JJ van Niekerk van die ATKV vertel vir Martelize Brink van vanjaar se tienertoneel-kompetisie met die tema, Magneties.
360 Speseryroete - Deel 98 12.09.2025 7:32
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor mielies se oorsprong, en hulle rol in ons erfenis.
Jan Boland Coetzee: 'n Bewustheid van plek 12.09.2025 4:00
Die legendariese Jan Boland Coetzee is in die ouderdom van 80 jaar oorlede. Ons luister na ‘n gedeelte uit ‘n onderhoud wat Martelize Brink in 2021 met hom gevoer het.
Rotterdammers kla oor daggareuk 12.09.2025 0:59
In Rotterdam was daar 2 000 klagtes teen ‘n fasiliteit wat medisinale cannabis verbou. Die reuk pla. Nou het hulle ‘n week om ‘n plan te maak anders is daar ‘n €3,5 miljoen boete, of hulle moet sluit.
Kos-stylering en -fotografie 11.09.2025 10:37
Marguerite Oelofse en Hannes Koegelenberg praat oor kos-stylering en kosfotografie. Hulle verduidelik hoe foto’s opgestel word om ‘n hele storie te vertel.
Nampo Kaap skop af 11.09.2025 8:29
Johan Rademan is by Nampo Kaap op Bredasdorp. Hy praat met die voorsitter van die reëlinsgkomitee, Henk Aggenbach.
Jonk 11 September 2025 11.09.2025 11:04
Dr. Ria Smit praat oor die gebruik van hialuroonsuur in skoonheidsprodukte vir jou vel.
Hond ontlont dinamiet 11.09.2025 0:52
‘n Joernalis in Peru se hond word as ‘n heldin gesien nadat sy ‘n kers dinamiet, wat in sy huis ingegooi is, se lont afgekou het voor dit kon ontplof.
Philipstown Draadkar Grand Prix 10.09.2025 5:23
Fred McQuade vertel vir Martelize Brink van die draadkarre wat die naweek weer die strate invaar by die Philipstown Draadkar Grand Prix.
Sanja se driekamp vir weeskinders 10.09.2025 8:53
Sanja Steyn gaan ten bate van Race4Grace aan die Xterra Driekamp-wêreldkampioenskap in Italië deelneem om geld in te samel vir weeskinders in Zimbabwe, waar haar ouers sendelinge was. Toe Haidee Muller-Isaacs verlede jaar met haar gesels het, was al hierdie dinge nog net drome. Nou is sy uiteindelik op pad!
Geskiedenis van die polkadot 10.09.2025 5:35
Dr. Mandie Uys praat oor die geskiedenis van die polkadotpatroon. Oorspronklik is dit met siekte en dood geassosieer.
"To Nice" word toe kaartjies na Tunis 10.09.2025 1:17
Twee Amerikaners was op pad na Nice in Frankryk. Toe daar gevra word waarheen hulle wil vlieg, antwoord hulle “to Nice”, maar toe bevind hulle hulle op ‘n vlug na Tunis in Tunisië!
Baviaanskloof-kommune kry Klip Kafee 09.09.2025 6:45
Met die draai van die eeu het die rekenaar-Y2K-vrese baie mense landelike verblyf, weg van enige water- of kragnetwerk, laat opsoek. Só het die gemeenskapsplaas Tchnuganoo in die Baviaanskloof tot stand gekom. Noudat Trevor Philander ook daarby ingekoop en met sy gesin daarheen verhuis het, spog Tchnuganoo met bobbejaanbestande groentetuine, roofdierbestande hoenderhokke én die Klip Kafee.
Êrens oorsee 9 September 2025 09.09.2025 11:21
Muller Rothmann vertel van die lewe op Timaru, op die suid-eiland van Nieu-Seeland.
Buffers belangrik teen hoë ouderdom 09.09.2025 7:57
Ná 44 jaar as bestuurshoof van die Algoabaai Raad vir Bejaardes, het Maureen Andreka, ook ‘n opgeleide maatskaplike werker, die volgende raad gegee: Dit is dit belangrik dat 'n mens al van voor jou middeljare ernstige werk maak van jou fisieke-, finsansiële- emosionele- en geestelike gesondheid om jou deur ‘n hoë ouderdom te help dra. Mariska Spoormaker het kort na haar aftrede met Maureen gesels.
Die hertogin van Kent (1933 - 2025) 09.09.2025 7:06
Marius Coetzee vertel vir Martelize Brink van die hertogin van Kent, wat in die ouderdom van 92 oorlede is.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics