fr

RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Catégorie

Society

Site du podcast

www.rsg.co.za

Dernier épisode

23 oct. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

Duisende stoele gesteel in Madrid 27.10.2025

Sewe mense in Spanje is gevang nadat hulle 1 100 stoele oor ‘n tydperk van twee maande by restaurante en kroeë in Madrid en ‘n naburige stad gesteel het.

Kuns op die berg 24.10.2025

Fynboskunstenaar Hermien van der Merwe se spesiale droom om ’n opskiet-ateljee op Tafelberg te open, word bewaarheid. Sy deel Art on the Mountain met 50 medekunstenaars. Johan Rademan is berg-op met die driesestig-mikrofoon.

360 Speseryroete - Deel 103 24.10.2025

Kos- en kultuurhistorikus, Hetta van Deventer-Terblache, praat oor die gebruik van yster in kos.

Slapeloos in slimbeddens 24.10.2025

‘n Onderbreking in internet-ondersteuning het gemaak dat eienaars van slimbeddens nie juis kon slaap nie. Te warm, te regop, flitsende ligte en alarms was deel van hoe dinge verkeerd geloop het.

Siggestremdes vat weer die pad 23.10.2025

Annelette Kemp vertel vir Martelize Brink van die Pioneer Rally, waar bekendes as bestuurders saam met siggestremde navigators op die pad is.

Jonk 23 Oktober 2025 23.10.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor kakao, wat deesdae gons op sosiale media. Die rou vorm het die meeste voedingswaarde.

Wat is jou volle naam? 23.10.2025

Laurence Watkins hou die wêreldrekord vir die langste persoonlike naam. Hy het 2 253 voorname!

Die belangrike rol van luiperds 22.10.2025

Jaco Fourie, ‘n omgewingsopvoedkundige beampte by die Cape Leopard Trust se taak is om veral armer gemeenskape in te lig oor luiperds se voordeel in die voedselketting. Dit strek veel wyer as net die Kaap, het Johan Rademan uitgevind by NAMPO Kaap, waar die Cape Leopard Trust met die boerderygemeenskap gaan gesels het.

Bouwer Bosch oor geestesgesondheid 22.10.2025

Bouwer Bosch gesels oor sy geestesgesondheidsuitdagings en die Kaapstad Internasionale Vlieërfees, wat geestesgesondheid ondersteun.

Lotery-geluk met KI 22.10.2025

Tammy Carvey van Michigan indie VSA het vir ChatGPT vir loterynommers gevra. Daardie nommers het haar toe $100 000 in die sak gebring!

Êrens oorsee 21 Oktober 2025 21.10.2025

Vlok Cilliers vertel vir Martelize Brink van die lewe in Marcoussiss, Frankryk. Dit is waar Franse rugby se hoofkwartier geleë is. Vlok is die Franse Hane se skopafrigter.

Van leerlooier tot drukker 21.10.2025

Kate Coetzee was'n behendige leerlooier van beroep in die Oos-Kaap. Sy en haar gesin het toe op Swellendam in die Overberg gaan nesskop. Sy het kopgekrap oor wat om te doen. Deesdae het sy vir

Nagmaalwyn in die kroeg! 21.10.2025

Die Katolieke kerk in Kenia het nou ‘n Suid-Afrikaanse verskaffer vir hulle wyn wat vir die Heilige Mis gebruik word. Dié skuif is gemaak nadat die plaaslike verskaffer die wyn ook aan die plaaslike kroeë verskaf het.

Troetelpraatjies 20 Oktober 2025 20.10.2025

Dr. Elizna Boag praat oor probleme en kondisies verwant aan honde se spysverteringstelsel.

Prof. Michael se krisante 20.10.2025

Prof. Michael le Cordeur vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die oorsprong van sy van, en wat hy daaroor uitgevind het. Hy is al beskryf as die minister van onderwys buite die parlement - van 'n nederige begin as kaalvoetseun van Verlate Kloof op Wellington tot professor en visedekaan aan die Universiteit Stellenbosch. En, hy is steeds 'n kampioen krisantkweker.

Hoe het julle ontmoet? 20 Oktober 2025 20.10.2025

Retha Goodchild vertel vir Martelize Brink hoe haar en Willem se skoolkys jare later 'n huwelik geword het.

Verbod op swart kat-aannemings 20.10.2025

Van 6 Oktober tot 10 November laat die dierewelsynsorganisasies in die Spaanse dorp, Terrassa, geen aannemings van swart katte toe nie, om te verhoed dat hulle Halloween-versierings word.

Troetelpraatjies 13 Oktober 2025 13.10.2025

Martelize en Johan hoor van die werk wat Farm Sanctuary SA doen. Hulle het ‘n skilderskaap, Baanksy. Pigcasso, die skildervark, was ook by hulle. Pigcasso is in the Guiness Book of World Records vir ‘n kunswerk deur ‘n dier, wat vir $25 000 verkoop is. Dr. Jane Goodall het ook van Pigcasso se skilderye gehad in haar huise.

360 Speseryroete - Deel 102 10.10.2025

Koskonsultant Heleen Meyer praat oor die gebruik van suiker, en praktiese maniere om dit te vervang.

Hoe beboet jy 'n bestuurderlose taxi? 10.10.2025

In Kalifornië in die VSA is die het die polisie te make met ‘n vreemde situasie. ‘n Bestuurderlose taxi het ‘n onwettige u-draai gemaak. Die taxi kon egter nie beboet word nie, siende dat daar nie ‘n bestuurder was wat die oortreding begaan het nie.

Magdalena se slag met klaviere 09.10.2025

Haidee Muller-Isaacs maak kennis met Magdalena Hendricks, wat al 40 jaar lank by Heuer Pianos op Stellenbosch werk. Toe sy skool los om te gaan werk, wou sy eers net klaviere afstof. Vandag is dié 75-jarige Wellingtonner een van die beste klaviertegnici, en al te beskeie daaroor. Haidee het gaan hoor hoe haar pad tot hier geloop het.

Jonk 9 Oktober 2025 09.10.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor voeding in die verskillende fases van die menstruele siklus.

Museum vir hare 09.10.2025

Na 30 jaar maak Leila se haarmuseum in die VSA toe. Die museum het meer as 3 000 items wat meestal haarkuns is, maar ook lokke van bekendes soos Marilyn Monroe. Kunswerke van hare was voor foto’s ‘n manier om gestorwenes te onthou.

Ou landboumetodes en nuwe innovasies 08.10.2025

Daar was ten minste vyf spanne hommeltuig-operateurs by vanjaar se NAMPO Kaap op Bredasdorp in die Overberg. Boere het van oral oor gereis om met die fokus op die winterreënvalstreek se behoeftes, na nuwe innovasie en tegnologie te kom kyk. Corius Visser was een van hulle. Johan Rademan het met hom oor ou metodes en nuwe innovasies gesels.

Breinselle vir 'n rekenaar 08.10.2025

Wetenskaplikes werk aan ‘n lewende rekenaar, waar stamselle gebruik word om neurone te skep. Dit ontwikkel in trosse, wat organoïede genoem word.

Écoute le podcast Driesestig sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics