RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Suid-Kaapse Vereniging vir Visuele Kuns 01.04.2026 7:18
René Scribante vertel vir Martelize Brink van die Suid-Kaapse Vereniging vir Visuele Kuns en die 160 lede vant die Tuinroete en Karoo se uitstallings en bedrywighede.
Zoé se kuns 01.04.2026 3:44
Zoé vertel vir Martelize Brink sy het pas haar au pair-werk bedank, en is nou volstoom kreatief. Saam met sang en toneelspel, is daar ander kuns in die pyplyn.
Jakkalsvlei se Tuinroetewyn 01.04.2026 6:12
Jantjie Jonker vertel vir Martelize Brink van sy pa se wingerdstokperdjie op Jakkalsvlei, wat gelei het tot die tuinroetewyn wat hulle op Herbertsdale maak.
Gestremde padwedlope en die Outeniqua-stoeluitdaging 01.04.2026 5:14
Shaun Butler is die voorsitter van die Gestremde Padwedloopstigting en gasheer van die jaarlikse Outeniqua-stoeluitdaging (OCC). Hy gesels met Martelize Brink oor hierdiesport en die min geleenthede wat daar vir atlete in Afrika is om kwalifiserende tye op te stel.
Wat kan ons leer by... 1 April 2026 01.04.2026 9:02
Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink wat ons kan leer by die Grieke en Romeine van teater.
Jak de Priester by KKNK 31.03.2026 4:19
Jak de Priester gesels met Martelize Brink oor die kwarteeu sedert sy Sally Williams Nougat-treffer in 2001. Hy vier dit met vertonings en ‘n boek met sy liedjies.
Biltong en Dior 31.03.2026 9:38
Louis Janse van Vuuren vertel vir Martelize Brink van sy boek, Biltong en Dior, sy swaeltjie-ervaring tussen Frankryk en Riebeek-Kasteel, asook die bloutjie wat hy met Dior geloop het.
Neljaniene se hops 31.03.2026 6:11
Neljaniene Arendse vertel vir Martelize Brink van hopsboerdery. Dié plant wat vir die biermark verbou word, is familie van die daggaplant.
Abel Kraamsaal en Gian Groen 31.03.2026 7:03
Abel Kraamsaal en Gian Groen gesels met Martelize Brink oor die Vyftigers, en Gian se verjaarsdagpartytjie waar die konsep onstaan het.
Gastehuisstories 31.03.2026 10:59
Philda Benkenstein vertel vir Martelize Brink van die vreemde dinge wat by gastehuise gebeur. Sy het dagboek gehou van die ervarings en toe weergegee in die boek, Guesthouse Life.
Kaapse Kransaasvoël gaan terugkeer na Suid-Kaap 30.03.2026 9:31
Wildveearts dr. Willem Burger gesels met Martelize Brink oor die bedreigde Kaapse Kransaasvoël, en ‘n poging om ‘n kolonie in die Suid-Kaap te hervestig.
Kos wat mooi lyk 30.03.2026 6:35
Tasha van der Watt vertel vir Martelize Brink van haar werk as kosstilis en die kosboek waaraan sy werk.
Die Coffee Snobs by KKNK 30.03.2026 6:32
Die Coffee Snobs gesels met Martelize Brink oor splinternuwe musiek, en die werk wat hulle saam met skrywer Riana Scheepers doen.
Oudtshoorn se Spiesse 30.03.2026 12:12
Kobus Spies vertel vir Martelize Brink van die Spies-familie op Oudtshoorn, wat sinoniem met die tabakbedryf van ouds op die dorp is.
360 Speseryroete - Deel 123 27.03.2026 10:28
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die geur van vars kaas, soos Labneh.
Kaasdoeke 27.03.2026 6:27
Christina Notley vertel hoe dit gekom het dat sy kaasdoekprodukte maak. Sy is blind, maar solank haar man mooi knip, sukkel sy nie om te stik nie.
Troudag werksoek 27.03.2026 1:17
‘n Bruid in Indië het ‘n video aanlyn geplaas van haar wat op haar troudag werksaansoeke gestuur het.
Padelklub vir die gemeenskap se kinders 26.03.2026 8:59
Haidee Muller-Isaacs gesels met die Kaapse tennisafrigter, Belford Hendricks, wat saam met ’n paar ywerige tennismaats 'n padelklub wil stig vir die gemeenskap, met die fokus op kinders.
Jonk 26 Maart 2026 26.03.2026 9:34
Dr. Ria Smit praat oor velsorg vir tieners, en wys algemene foute uit.
Eekhorings wat damprook 26.03.2026 1:14
Eekhorings in London is deesdae damprokers! Die rookrommel se vrugtegeure lok die eekhorings, en dis nie goed vir die diere nie.
'Karoo-dorpies moet hande vat' 25.03.2026 7:56
Johan Bezuidenhoudt het lank binnelands en buitelands in die toerismebedryf gewerk voordat hy uit Gauteng na ‘n rustiger oord, Fraserburg, in die Karoo verhuis het. Daar het ‘n Karoo-boer hom aangepor om toeriste na die Karoo te bring. Hy moes navorsing doen oor ‘n makro-omgewing met verskeie uitdagings. Hy kon sy wye kennis van internasionale toerisme ook bywerk. Johan Rademan het hom gepols oor...
Wat kan ons leer by... 25 Maart 2026 25.03.2026 12:41
Dr. Mandie Uys praat oor die antieke Romeine en grafitti.
Trofee kruip weg in kelder 25.03.2026 1:46
‘n Duitse handballiga se silwer trofee is in November gesteel. Dit is in die kelder ontdek.
Êrens oorsee 24 Maart 2026 24.03.2026 12:02
Arnold Bothma vertel vir Martelize Brink van die lewe in Kobuleti, Georgië, waar hy en sy vrou gaan aftree het.
Amanda se tuis-naskoolsentrum 24.03.2026 7:09
Bedags ry Amanda Smit vervaard rond om laerskoolkinders betyds by hulle skole af te laai, en smiddae is sy weer op haar pos om hulle veilig terug na haar tuis-nasorg in Bellville te karwei. Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer, en daar het Amanda hart oopgemaak oor haar hartstog vir jong kinders, en hoekom sy haarself uitleef in dié beroep.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics