RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Van joernalis tot restauranteur 15.03.2022 13:27
Liela Magnus vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy haar lewe as joernalis by die SAUK verruil het om ‘n restaurant op die platteland te bedryf.
Van druiweplukker tot wynmaker 15.03.2022 6:14
Willem Pietersen het van die harde werk in die wingerde as ‘n plukker en snyer in die seisoentyd, tot ‘n wynmaker gevorder. Op ‘n klein wynplasie moet jy egter bereid wees om alles te doen. Jy snoei, maal, ry die trekker en laaigraaf, pars die druif en fermenteer die sap tot die eindproduk. Johan Rademan het in die Elimdistrik by Black Oyster Catcher ingeloer en met hom gesels.
Koop Suid-Afrikaans 14.03.2022 9:00
Jeannine van Straaten vertel vir Martelize Brink van die Buy South Africa-toekennings as deel van Trots SA.
US se Sentrum vir Epidemiereaksie en -innovasie vereer 14.03.2022 9:41
Prof. Nico Gey Van Pitius vertel vir Martelize Brink van die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Epidemie-reaksie en -innovasie wat deur MIT vereer is.
Uitstallings en skoue in 'n tyd van Covid 14.03.2022 10:17
Annelie Reynolds vertel vir Martelize Brink van die uitdagings om skoue en uitstallings te reël, gegewe die Covid -19-regulasies. Sy vertel van die verskillende stategieë om die uitdagings aan te pak.
Die duursame luuksheid van leer 14.03.2022 6:49
Jeanine Boshoff praat oor leer as ‘n duursame opsie vir luukse meubelstukke.
Hanover Park Verewig/Forever 11.03.2022 5:20
Martelize Brink gesels met Yasheen Johaar die Hanover Park Verewig/Forever-uitstalling.
Oupa-horlosies is Markham se passie 11.03.2022 8:36
Op die vakansiedorp Jeffreysbaai het Mariska Spoormaker 'n man in die fleur van sy lewe ontmoet, wat 'n stokou beroep beoefen. Sy naam is Markham Geswint, en op 46-jarige ouderdom is dit sy voltydse beroep om opwenhorlosies te herstel, veral die staanhorlosie of die Grandfather Clock soos dit in Engels genoem word.
Haidee tussen die hoenders 11.03.2022 11:56
Haidee Muller-Isaacs het Willie Schmidt van Stellenbosch in sy hoenderhokke aangetref. Hy vertel haar van pluimveeboerdery, en hoe lief hy vir sy hoenders is. Willie spog met meer as 90 verskillende hoenderrasse in sy hokke.
Minder walvisse besoek SA 11.03.2022 9:49
Wêreld Natuurlewefonds (WWF) en die Universiteit van Pretoria se Walviseenheid smee kragte saam om navorsing oor Noordkapperwalvis uit te brei. Die verwarming van die oseaan het 'n beduidende uitwerking op die aantal walvisse wat Suid-Afrika besoek. Martelize Brink praat hieroor met dr. Morne du Plessis van die WWF.
Kleinboere wikkel met saffraan 10.03.2022 8:17
Jacqui January kyk na die uitdagings vir opkomende boere om tot die saffraanbedryf toe te tree. Sy hoor watter ondersteuning daar is vir boere wat op ‘n klein skaal met hierdie duur spesery wil boer.
Marlise Beyers, SA wynmaker in Kanada 10.03.2022 8:55
Marlise Beyers is ‘n wynmaker van Suid-Afrika wat dwarsoor die wêreld wyn maak. Sy woon in Toronto, Kanada, waar haar man werk.
Hou op dieet en luister na jou liggaam! 10.03.2022 10:36
Dieetkundige Carien Meyer sê jy moet baie meer aandagtig wees op die seine wat jou liggaam vir jou stuur.
Kunsvlyt gedy in Suid-Afrika 10.03.2022 8:58
Kunsvlyt gedy sedert die begin van grendeltyd in Suid-Afrika. Martelize Brink hoor watter rol ingeneem het, en van die eerste aanlynklub vir kunsvlytlesse.
Bewaring in die Elim-omgewing 09.03.2022 11:04
Dirk Human gesels oor die spesiale Elim-omgewing en hoe water, landbou en omgewingsbestuur soos die Aghulasdriehoek, fyn bestuur moet word vir oorlewing in die toekoms.
Nuwe boek oor Gariepdam wat 50 jaar oud is 09.03.2022 9:22
Die Gariepdam het op Vrydag 4 Maart 2022 50 jaar oud geword. Ons hoor van die projek om die dam te bou, en of die dam se doelwitte bereik is.
Shackleton se skip gevind 09.03.2022 5:55
Sir Ernest Shackleton se Endurance-skeepswrak is gevind, ‘n 100 jaar nadat dit gesink het. ‘n Spanlid van Endurance 22 gesels vanuit Antarktika oor dié belangrike vonds. Prof. Annie Bekker van die Universiteit Stellenbosch is tans op die internasionale Endurance 22-ekspedisie.
Fokus op Christo Davids 08.03.2022 22:16
Martelize Brink en Johan Rademan gesels met die akteur regisseur en vervaardiger, Christo Davids, oor sy lewe en loopbaan.
Tjokka lewer seebodem-skouspel 08.03.2022 9:10
'n Man van Kaap St. Francis in die Oos-Kaap sê hy glo daar was al meer mense in die ruimte as wat daar mense was wat die tjokka se broeiseisoen op die seebodem beleef het. Hy is Russel Sadler, onder meer kampioenlewensredder en visserman wat die tjokka se broeiskouspel beleef het toe hy 'n marinefotograaf na die seebodem moes neem. Hy vertel vir Mariska Spoormaker wat hy daar gesien het.
Sakeskool vir vroue 08.03.2022 9:28
Ons praat oor 'n sakeskool vir vroue wat deur vroue bedryf word, en wat vroue se rol in die opvoedingsektor is.
Suzaan van Swellendam se skou 07.03.2022 11:11
Suzaan Smit is op 35 die tweede vrouepresident, die jongste nóg, van die Swellendam Landbougenootskap. Sy is al sedert haar twintigs betrokke by die skou wat 190 jaar oud is. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe alles gebeur het en haar passie vir die dorp en sy mense.
Wavescape-fees en oseaanbewaring 07.03.2022 10:15
Maryke Musson gesels oor oseaanbewaring en die Wavescape-fees. Jong wetenskaplikes met ‘n geïntegreerde benadering, wat die mens insluit, maak haar baie opgewonde.
Gehoorverlies weens geraas 07.03.2022 10:03
Daar is ‘n groot toename in geraasgeïnduseerde gehoorverlies by kinders. Oudioloog Henriëtte Moolman gee raad oor hoe om dit te voorkom.
Hoe gemaak met e-afval? 07.03.2022 8:07
Henriëtte Botha van eWaste verduidelik wat die wetlike aspekte van e-afval is, en wat jy met dit moet doen?
Kransaasvoëls in Oos-Kaap gerehabiliteer vir vrylating 04.03.2022 9:04
Die grootste getal kransaasvoëlkuikens wat in aanhouding by die Vulpro Aasvoëlrehabilitasiesentrum in Noordwes uitgebroei het, het by die plaas Rocklands in die Oos-Kaap aangekom vir latere vrylating in die natuur. Hier sal die bekende aasvoëlrehabiliteerder, Kate Webster, die voëls vlieggereed kry vir hulle vrylating. Mariska Spoormaker het met Kate gesels.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics