fr

RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Catégorie

Society

Site du podcast

www.rsg.co.za

Dernier épisode

10 nov. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,7+ iOS bientôt

Épisodes

Bewaring in die Groot Karoo 11.05.2022

Jacqui January gesels PC Ferreira, ‘n boer en bewaarder in die Groot Karoo. Hy vertel dat die laaste seekoei 230 jaar gelede in die Seekoeirivier geskiet is. Hy maak deesdae die bewaring en hervestiging van meer as net seekoeie sy lewenstaak.

Ondernemings se verantwoordelikheid met produkverpakking 11.05.2022

Gizelle Kruger vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ondernemings se verantwoordelikheid met die verpakking van hulle produkte, en hoe dit herwin kan word.

Uit die Buitekring: Junette Syster 10.05.2022

Junette Syster gesels oor haar loopbaan as ‘n sogenaamde kurwemodel.

Hoe kleiner rooier, hoe brander mooier 10.05.2022

Haidee Muller-Isaacs kuier in die tuin van Denise Winks in Plumstead, Kaapstad. Denise vertel vir Haidee van haar trots - haar rissieplante. Die klein rooietjies is die gevaarlikste, sê Denise.

Hoe ruik jou huis? 10.05.2022

Suzanne Snowdowne en Karen Roos gesels oor reukmiddels vir die verskillende vertrekke in jou huis.

200 Jaar van die Murrays in SA 09.05.2022

Dr. Andrew Kok van die NG Kerk se argief vertel vir Martelize Brink van die Murray Jubileumfees wat op Wellington gehou is. Hy vertel van 200 jaar van die Murrays in Suid-Afrika en die impak wat hulle gemaak het.

Plek van wonderwerke vir Bethelsdorp se gestremde kinders 09.05.2022

In die Baai se noordelike gebiede is Genevieve Hendricks en haar span besig om wonderwerke in die kleine reg te kry. Waar daar eers wanhoop in die armer huishoudings was wanneer 'n kind met 'n gestremdheid gebore is, bring hulle ingrypende verandering en verbetering. Mariska Spoormaker het Genevieve by die Miracle Kids Senrtum in Bethelsdorp gaan opsoek.

Veilige plek vir die ietermagog 09.05.2022

Karen Odendaal van die Zoeloeland Bewaringstrust vertel vir Martelize Brink van ietermagog-bewaring, en ‘n veilge gebied wat geskep is om hulle bevolking te laat groei.

Hoe werk 'n raakskerm? 06.05.2022

Prof. Gert-Jan van Rooyen vertel vir Martelize Brink hoe raakskerms werk.

Wat is nomofobie? 06.05.2022

Dr. Marlena Kruger praat oor nomofobie op Digitale Welstandsdag.

Gimnasiums vir afgeleë plattelandse gebiede 06.05.2022

Karien Swiegers vertel vir Martelize Brink van ‘n projek om staalkonstruksies en algemene gesondheidskennis na arm afgeleë plattelandse gebiede te neem, om algemene gesondheid te verbeter.

Bak om geld te maak 05.05.2022

Christine Capendale vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe jy geld kan maak met jou bakvernuf.

Pandemie gee kantoorboelie ekstra skietgoed 05.05.2022

Noudat die ergste impak van die Covid-pandemie deur allerlei voorsorgmaatreëls afgeweer kan word, keer werkers terug na hulle kantore - in baie gevalle ongelukkig tot groot vreugde van die kantoorboelie. Hanna Kotze, ‘n kliniese maatskaplike werker en organisatoriese konsultant, het aan Mariska Spoormaker gesê dat die pandemie ekstra skietgoed vir die kantoorboelie gee.

Naaldekokers wys waterbesoedeling uit 05.05.2022

Water is ‘n lewensnoodsaaklike bron, en kan nie deur die mens vervaardig word nie. Die besoedeling van water hou verreikende gevolge in vir mens, dier en plant. Jacqui January gesels met ‘n navorsingstudent oor die besoedeling van water, en hoor watter rol naaldekokers en ander insekte speel as indikatorspesies, om te bepaal hoe besoedel ‘n rivierstelsel is.

Frieda van den Heever kuier by driesestig 04.05.2022

Johan Rademan en Martelize Brink gesels met Frieda van den Heever. Ons leer ken hierdie teatermens wat ook op RSG gehoor word.

Colleen Murphy se droom om te skep 04.05.2022

Colleen Murphy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy begin poppe maak het. Daarna het sy rooiwynsout begin maak, wat gespruit het uit haar pa se gesondheid. En toe het Covid die wêreld verander, veral in klein gemeenskappe, sê Colleen. Haar missie was dat sy moes help in haar grootwordplek, Calitzdorp, deur ‘n bedryf te skep met dinge wat rondom haar is. Sy wou terselfdertyd verseker dat waardes...

Klankleser laat boeke lewe 04.05.2022

Christo Reitz vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ‘n klankleserpen wat jy saam met ‘n boek gebruik word. Die klankleser speel bv. die klank wat ‘n voël maak wanneer jy die klankleser by die prent van die voël hou.

Uit die Buitekring: Debbie Thompson 03.05.2022

Debbie Thompson vertel van haar ervaring as ‘n vrou in ‘n manswêreld. Sy is een van die eerste Suid-Afrikaanse vroue wat ‘n wynmaker geword het.

Baaienaars, vang nóu julle eie reënwater op, of… 03.05.2022

Die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku waterverbruikers in Nelson Mandelabaai en omliggende streke dat die opgaardamme binne die volgende maand of wat leeg sal wees. Garth Sampson van die Baaise weerkantoor het aan Mariska Spoormaker gesê droogtes en vloede is eie aan die streek, en inwoners moet leer om hulle wateropgaar- en verbruikmetodes daarby aan te pas.

Nuwe lewe vir weggooigoed 03.05.2022

Almie Louis vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy weggooigoed 'n nuwe lewe gee om dit onder andere in haar hotel se 42 kamers te benut.

Marguerite se kosfotografie 02.05.2022

Marguerite Oelofse vertel vir Martelize Brink van kosfotografie en die jongste kosneigings.

Die man met die dieretuin in sy mond 02.05.2022

Haidee Muller-Isaacs het vroeër vanjaar die KKNK op Oudtshoorn vir William Japhta ontmoet. Hy boots diere na want hy het op 'n plaas grootgeword, sê hy.

Betekenis en geluk in die werksplek 02.05.2022

Prof. Mias de Klerk praat oor betekenis en geluk in die werksplek.

Hoe maak mens vleis in 'n laboratorium? 29.04.2022

Elanda Relling-Snyman vertel vir Martelize Brink hoe mens vleis in ‘n laboratorium kweek.

Danolene se passie vir behoeftige kinders 29.04.2022

Haidee Muller-Isaacs het 'n jaar of wat gelede met Danolene Johanessen van Restore SA gesels oor hoe sy klere vir behoeftige kinders uit lakens begin maak het. Danolene het 'n passie vir behoeftige kinders, en Haidee het weer daar gaan inloer om te hoor hoe ver Danolene gevorder het met haar planne om behoeftiges te help.

Écoute le podcast Driesestig sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics