RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Kruip vóór jy loop 28.09.2022 9:56
Die uitdrukking dat ‘n mens eers moet kruip voor jy kan loop, is algemeen bekend. Twee studies oor die boustene van die ontwikkeling van jong kinders het dit weer beklemtoon. Johan Rademan het met Danel Snyman, ‘n arbeidsterapeut, hieroor gesels.
Die geboude omgewing en erfenis 27.09.2022 8:23
Dawie Botha gesels oor die raakpunte wat die geboude omgewing het met erfenis, toerisme en boomplantdag wat in September gevier word.
Skep iets uit niks 27.09.2022 9:54
Vandag is Nasionale Toerismedag. Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer op Stellenbosch by Amazink in Kayamandi. Daar het sy meer gehoor oor die Bags for Bread-inisiatief en gesien hoe die vroue 'n bestaan kan voer en die omgewing kan bewaar. Hulle hekel items met plastiek broodsakkies.
Ons Karoo en kontrei 27.09.2022 11:49
Adri Smit vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Ons Karoo en kontrei-platform, wat die Karoo en sy aktiwiteite aan mense bekendstel.
Die stryd teen hondsdolheid 26.09.2022 8:10
Staatsveearts dr. Leana Janse van Rensburg vertel vir Martelize Brink van die stryd teen hondsdolheid.
Kolganse is kopseer vir ander inheemse voëls 26.09.2022 9:17
Wie sou ooit kon dink dat die kolgans 'n bedreiging vir ander inheemse voëls, selfs uile, inhou? Mariska Spoormaker het meer hiervan gehoor by die Baaienaar, Arnold Slabbert van Urban Rapotro Project, toe sy met hom oor probleemkatte gepraat het.
Nazeema se redding was ‘n gemeenskapsgroentetuin 26.09.2022 11:07
Nazeema Jacobs vertel vir Martelize Brink hoe sy as ‘n daklose verslaafde, sewe jaar gelede haar heil in Khulisa Streetscapes se gemeenskapsgroentetuin gevind het. Vandag is dié gesoute tuinier in beheer van die tuin se administrasie.
Hoe werk sonpanele? 23.09.2022 12:39
JJ Fischer verduidelik vir Martelize Brink hoe sonpanele krag verskaf.
Polisie man stap vir kinderhospitaal 23.09.2022 7:30
Adjudant-offisier Brian Daniels, ‘n bekende polisieman in Oudtshoorn se stap- en drafkringe, het op 14 September die strawwe taak aangepak om van Oudtshoorn na Kaapstad te stap om geld vir die Rooikruis Kinderhospitaal in tesamel. Hy beoog om op 25 September in Kaapstad aan te kom. Haidee Muller-Isaacs was by die verrigtinge op Oudtshoorn toe Brian sy staptog afgeskop het.
Kruie in kos en as medisyne 23.09.2022 11:19
Hennah Flesch en Sanel Esterhuyse gesels oor die gebruik van kruie in kos en as medisyne.
Met watter hout braai jy? 22.09.2022 13:08
George Ferreira vertel wat die beste hout is om mee te braai.
‘n Baaise skool vol babas 22.09.2022 10:18
Dit is omtrent ‘n spektakel om te sien wanneer tientalle leerlinge met hulle baba’s skool toe kom - nie hul eie baba’s nie, maar wel ‘n 2,5 km sakkie meel waaraan ‘n kop, bene en arms gesit word om dit soos ‘n baba te laat lyk. Die graad elf-leerlinge van Alexander Road High School in die Baai moes twee weke lank hierdie meel-babas permanent versorg. Mariska Spoormaker het skool toe gegaan en Elma...
Kultuur in lapboeke verewig 22.09.2022 12:15
Dr. Elbe Coetzee vertel hoe inheemse kennis van die Noord-Sotho-kultuur in lapboeke vasgevang word.
Deon Meyer se Karoonagte 21.09.2022 12:40
Deon Meyer gesels met Martelize oor sy bekendste karakter, Benny Griesel, se wedervaringe, wat voorlê, hoe hy afskakel en wat gehore kan verwag van Karoo Suite 2, Karoonagte wat hy en Coenie de Villiers planke toe bring.
Nico Koen se treine 21.09.2022 10:46
Nico Koen se pa en oupa was verbonde aan die Spoorweg, en hoewel hy nie self voltyds met ysterwiele gewerk het nie, glo hy dis deel van ons erfenis en moet sodanig hanteer en bewaar word. Johan Rademan het met hom gesels.
Toep vir blomme in die Wes-Kaap 21.09.2022 8:37
Marietjie Smit vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Clanflora, ‘n gratis toepassing waarmee jy 616 blomme van Namakwaland, die Weskus, die Cederberg en Nieuwoudtville kan identifiseer.
Prince Albert Community Trust help die jeug 20.09.2022 10:58
Haidee Muller-Isaacs het onlangs gaan op Prins Albert gaan kuier waar die Journey of Jazz-bekendstelling plaasgevind het. Daar het sy meer gehoor van die werk wat die Prince Albert Community Trust onder die jeug doen, en hoe hulle die jonges motiveer om hulle talente in te span en op te skerp.
Nordiese Wêreldstapkampioenskap 20.09.2022 10:42
Lohra de Waal vertel van die Nordiese Wêreldstapkampioenskap in Pole waaraan sy onlangs deelgeneem het.
Dierenood in Khayelitsha 19.09.2022 11:00
Marcelle du Plessis vertel van die dierenood in Khayelitsha, en hoe Mdzananda Dierekliniek nou die enigste ander diere-organisasie in Khayelitsha oorneem omdat hulle nie kop bo water kan hou nie.
Die Baai se verborge kulturele skat 19.09.2022 10:03
In Erfenismaand het Mariska Spoormaker een van die Baai se verborge kulturele skatte gevind. Dit is ‘n versameling van 67 geborduurde kraalkunswerke wat van oudpresident Nelson Mandela se bekendste uitdrukkings uitbeeld. Tony Neveling van Nelson Mandelabaai het saam met Mariska gaan kyk.
Sien om na jou balans 19.09.2022 8:23
Fisioterapeut Eliznah Hermann vertel vir Martelize Brink van die belangrikheid daarvan om in jou veertigs na jou balans om te sien.
Hoe word iets klankdig gemaak? 16.09.2022 10:44
Allan Wilson vertel vir Martelize Brink hoe jy iets klankdig maak.
Klapmuts Hotel se legendariese kroegman tree af 16.09.2022 10:16
Haidee Muller-Isaacs het weer by die Laagwaterkroeg in die Klapmuts Hotel gaan kuier, waar geliefde Oom Dougie meer as 60 jaar lank as kroegman gewerk het. Oom Dougie het uiteindelik afgetree, en daar is 'n trustfonds vir hom gestig uit die opbrengste van 'n veiling, wat die aand van sy afskeid plaasgevind het - alles om die legendariese kroegman se pensioen aan te vul.
Erfenistoer van veteraanmotors 16.09.2022 7:41
Fienie Hoepfner vertel van vanjaar se Erfenistoer van veteraanmotors waaraan sy deelneem. Sy is agter die stuur van Isabella, 'n 1955 DKW.
Wanneer is ‘n plek ‘n dorp of ‘n stad? 15.09.2022 11:17
Gerrit Jordaan vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe daar bepaal word wanneer ‘n plek ‘n dorp of ‘n stad is.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics