fr

RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Catégorie

Society

Site du podcast

www.rsg.co.za

Dernier épisode

10 nov. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,7+ iOS bientôt

Épisodes

Hoe verwerk mens erge trauma? 07.12.2022

Karin Coetzee vertel van haar ervaring toe een van haar oudleerders, haar met ‘n mes by haar huis aangeval het. Sy praat oor haar herstelpad en hoe sy die aanvaller se vrylating uit die tronk hanteer het.

Ampie kom radio toe 07.12.2022

Eben Cruywagen gesels oor die verwerking van ‘n boek tot ’n radiovervolgverhaal, en die uitdagings van ‘n periodestuk soos die Ampie-trilogie.

Stellenbosch Rolbalklub vier 80 jaar 07.12.2022

Die Stellenbosch Rolbalklub is 80 jaar oud. Haidee Muller-Isaacs het daar gaan inloer.

Die Du Toitskloof-tonnel 06.12.2022

Johann du Plessis vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Du Toitskloof-tonnel in die Wes-Kaap.

‘Gee elke kind ‘n sokkerbal, nie ’n wapen’ 06.12.2022

In die bendegeteisterde Kleinskool in Nelson Mandelabaai, waar sportfasiliteite vir die jeug skraps is, het die 62-jarige Paul Saffier meer as 30 jaar gelede besluit elke kind behoort eerder ‘n sokkerbal as n wapen te hê. Deesdae is die Kleinskool Spurs ‘n sokkermag om mee rekening te hou, en almal praat van Oom Paul, die sokkerman. Mariska Spoormaker het hom gaan opsoek.

Titans Warrior Women-projek help slagoffers 06.12.2022

Riaan Pietersen vertel van die Titans Warrior Women-projek wat slagoffers help met selfvertroue deur selfverdedigingopleiding en regshulp.

Troeteldiereienaarskap sedert begin van Covid-19 05.12.2022

Tania Binns vertel hoe troeteldiereienaarskap verander het sedert die begin van die Covid-19-pandemie.

Olivia Losper se passie vir fiksheid 05.12.2022

Olivia Losper van Wellington kom uit ‘n familie van lieflike, hartlike mense, maar alles is altyd rondom kos gevier. Haar ouma het met haar dood 150 kg geweeg, en Olivia was bang dieselfde gebeur met haar. Sy wou toe opsluit doodseker maak sy verbeter haar lewenskwaliteit. Nou, as fiksheidsinstrukteur, help sy ander. Haar leuse is: Neem terug jou mag (Take your power back) en doen wat jy geniet ge...

Jongmense en gesonde kos 05.12.2022

Debbie Gebhardt praat oor jongmense se aanslag tot gesonde kos en hulle wantroue van kosetikette.

Hoe word die Hartebeespoortdam skoongemaak? 02.12.2022

Rudy Joles vertel vir Martelize Brink hoe ‘n dam soos die Hartebeespoortdam skoongemaak word.

Rob Witte is ‘n anker vir voetslaners 02.12.2022

Jy wil baie graag gaan voetslaan, maar is onseker of jou pas en stamina by ‘n dié van ‘n groter groep sal inpas? Wat doen jy dan? In Nelson Mandelabaai bel jy vir Rob Witte, die wydgeliefde stapper wat by enigiemand se pas sal inval. Al is jy net een mens, sal hy steeds met jou stap. Mariska Spoormaker het ‘n toetslopie gaan neem met Rob en ander voetslaners op die bykans 40 kilometer lange Alexan...

Grondgesondheid en klimaatsverandering 02.12.2022

Dr. Hendrik Smith praat oor grondgesondheid en klimaatsverandering.

Rieldansfees op Clanwilliam 01.12.2022

Benjamin Bock en Mariëtte Kotze gesels oor die naweek se ATKV-Rieldansfees op Clanwilliam.

Veerpyltjies kom na Baaise skole 01.12.2022

By verskillende hoërskole in Nelson Mandelabaai is veerpyltjies al as buitemuurse aktwiteit ingeste,l of is dit besig om ingestel te word, want blykbaar is dié sport ook ‘n uitstekende hulpmiddel vir wiskunde. Mariska Spoormaker het na Despatch gegaan om meer hiervan te hoor by Vernon Human, een van die implementeerders van die 180+ veerpyltjie-ontwikkelingsprogram.

Martina Martin se lewe met MIV 01.12.2022

Martina Martin vertel hoe sy al jare lank met MIV lewe.

André van der Merwe, koordirigent 30.11.2022

André van der Merwe gesels oor sy sukses met kore en hoekom hy ‘n dirigent in plaas van ‘n pianis geword het.

Van Idol na sielkundige 30.11.2022

Haidee Muller-Isaacs gesels met Dewald Louw. Hy was in 2006 die wenner van die heel eerste Afrikaanse Idols. Vandag is hy ’n sielkundige, wat fokus op eetversteurings.

Kinders en ouers kan leer van brandveiligheid 30.11.2022

Danny de Nobrega vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van 'n gratis byeekoms waar sowat 2 000 kinders en ouers kan leer van brandbestryding, brandveiligheid en fynbos.

Die Vrystaat se damme 29.11.2022

Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die groot damme wat die Vrystaat omring.

Organisasie help met werk vir verstandlik gestremdes 29.11.2022

Ingrid de Jager gesels oor Care Career Junction, wat help met beskermde werk vir verstandelik gestremde mense.

Is jy plantblind? 29.11.2022

Dr. Angelique Kritzinger praat oor plantblindheid. Mense ken nie meer die plante in hulle omgewing nie, en sien dit eenvoudig nie meer raak nie.

Ploegskulpslak maak strande "skoon" 28.11.2022

Maryke Musson gesels oor die ploegskulpslak, wat veral op strande te sien is waar hulle bloublasies en jellievisse eet.

Carmen Niehaus se kosreis 28.11.2022

Daar is meer as een miljoen eksemplare van kosskrywer Carmen Niehaus se resepteboeke in kombuise dwarsoor Suid-Afrika. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs waar alles vir haar begin het – as ’n groentjie in Huisgenoot se toetskombuis.

Digitale hulpbronne teen geslagsgebaseerde geweld 28.11.2022

Zonja Penzhorn vertel van anonieme digitale hulpbronne, soos die Chomi kletsbot, wat gebruik word in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld.

Die Baai raak al hoe wilder 25.11.2022

Daar is al baie gesê dat Nelson Mandelabaai met onder meer twee riviermondings, uitsonderlike strande en die Baakensriviervallei, die Oos-Kaap se natuurhoofstad is. Dié natuur het nou nog ryker geword met die toevoeging van die Nyosi Wildreservaat binne die metro se munisipale grense. Mariska Spoormaker het jagluiperds in die meer as 2 500 hektaar groot reservaat gaan soek, en vir Pieter Kleynhans...

Écoute le podcast Driesestig sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics