fr

RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Catégorie

Society

Site du podcast

www.rsg.co.za

Dernier épisode

10 nov. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,7+ iOS bientôt

Épisodes

Kat of luiperd? 24.04.2023

Vanessa Graham vertel vir Martelize Brink van die geskiedenis van Bengaalse katte, en die buitengewone kenmerke van die katte soos die pelspatrone wat soortgelyk is aan dié van luiperds.

Oom Manie se amandels 24.04.2023

Haidee Muller-Isaacs het die grondpad aangedurf, en in die Kammanassie-distrik anderkant Dysselsdorp op Oom Manie du Plessis se plaas gaan kuier, waar hy nou ook met amandels boer.

Seewier se gesondheidsvoordele 24.04.2023

Dieetkundige Mariza van Zyl praat oor die seewiergier in gesondheidskoskringe. Daar is veral baie navorsing oor seewier se voedingswaarde in Japan gedoen.

Hoe giet jy 'n bronsbeeld? 21.04.2023

Henry Heynes vertel vir Martelize Brink hoe bronsbeelde gegiet word. Hy het onder andere die 9 meter hoë Nelson Mandela standbeeld by die Uniegebou gegiet

Semigrasie se impak op George 21.04.2023

George is een van die grootste en vinnigste groeiende dorpe in die Wes-Kaap. Dis nie net vir toeriste ‘n trekpleister nie, baie mense het die kusdorp in die laaste paar dekades hulle tuiste gemaak. Jacqui January gesels met eiendomsagent Marinda da Silva. Sy wou by haar weet wat van die faktore is wat bydra dat die dorp behoorlik uit sy nate bars.

Kaapse wewersgilde 21.04.2023

Andries Kotze en Monika Pike vertel vir Martelize Brink van die oudste wewersgilde in die land, en die weefklasse wat hulle aanbied.

'n Tuin van mos 20.04.2023

Gert van Tonder en Annemarie Ferreira gesels oor die gebruik van plaaslike mos in ‘n mostuin. Gert het so ‘n tuin vir Annemarie op die Tokara-landgoed in Stellenbosch gemaak. Bykans 2 000 ton materiaal is in die skep van die tuin gebruik.

DaVinci se dansdrome 20.04.2023

Haidee Muller-Isaacs gesels met DaVinci, 'n danser van Oudtshoorn, wat 'n nasionale hip-hop danswedstryd gewen het. Hy vertel hoekom hy begin dans het, sy droom om sy eie dansateljee te besit, en 'n nuwe paar dansskoene. Hy neem die naweek weer aan 'n nasionale kompetisie deel. André Calitz van WX Hip Hop Street Dance Development SA gesels saam.

Plastiekherwinning en verwerking tot voedselgraad 20.04.2023

André Smit vertel vir Johan Rademan van tegnologie om plastiek tot voedselgraad te herwin. PET is die plastiek wat meerendeels vir voedseldoeleindes herwin word.

Marinda Engelbrecht - stoof en verhoog 19.04.2023

Marinda Engelbrecht gesels oor haar loopbaan agter die stoof en op die verhoog.

Magiese 440 Hertz 19.04.2023

‘n Hele simfonieorkes wat nie vals speel nie, hang aan die beginsel van 440 Hertz. Johan Rademan gesels met Gawie Wolmarans, ’n digitale klavierstemmer, en hulle kyk ook na waar jy jou klavier op die beste plek in jou huis kan plaas.

Botaniese kuns by Kirstenbosch 19.04.2023

Jaco Joubert gesels oor die botaniese kunsuitstalling wat by Kirstenbosch te sien is.

Die N2 tussen Mthunzini en Empangeni 18.04.2023

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van bouprojekte in KwaZulu-Natal, soos die N2 nasionale pad tussen Mthunzini en Empangeni oor die Mhlatuze-vloedvlak.

Die kunste in die onderwys 18.04.2023

Anina Lundie gesels oor haar ervaring van die kunste in die onderwys, en hoe sy telkemale verras word deur die waardevolle impak wat dit in kinders se lewens maak. Anina werk by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement as 'n senior kurrikulumbeplanner vir Skeppende Kunste.

Straatnetbal 18.04.2023

Shirley Botes en Brad Bing vertel vir Martelize Brink van straatnetbal wat in verskeie gemeenskappe bekendgestel is in die aanloop tot die Netbalwêreldbeker wat in Suid-Afrika aangebied word.

Sport vir veldwerkhonde 17.04.2023

André Thuynsma vertel vir Martelize Brink van sport vir veldwerkhonde. Hy en sy Labrador, Moxie, is ‘n gedugte span.

Dans in die Namakwaland 17.04.2023

Dans is ’n kragdraende kommunikasiebron. Jacqui January gesels op O’kiep in Namakwaland met Alfred Hinkel. Hy is bekroon as dansmeester, en is veral bekend daarvoor dat hy rou jong talent omskep in uiters kreatiewe dansers. Hy werk met jongmense in die omgewing, en dis merkbaar hoe hulle selfvertrou groei. Die jongmense laat die lewensvaardighede van respek vir self en ander deursypel na jong kind...

Pas op waar jy jou foon herlaai! 17.04.2023

Jan Vermeulen vertel hoe versigtig jy moet wees vir waar jy jou foon se battery herlaai. Die Amerikaanse sepurdiens, FBI, waarsku teen laaigeleenthede in openbare plekke.

Van die koei tot die verbruiker 14.04.2023

Johan Boshoff verduidelik vir Martelize Brink watter prosesse gevolg word om melk gereed te kry vir die verbruiker. Hy vertel onder andere van pasteurisasie, homogenisering en die UHT-proses vir langlewemelk.

Bonnievale se kanale 14.04.2023

Haidee Muller-Isaacs verken Bonnievale se kanale.

Bome geverf om basstroping te keer 14.04.2023

Willem Boshoff vertel hoe bome teen Tafelberg geverf word om basstroping  te voorkom.  Die bas word onwettig geoes vir traditionele medisyne en rituele.

Fransman wat Afrikaans praat 13.04.2023

Christopher Bourgeois vertel vir Martelize Brink hoe dit gekom het dat hy as ‘n Fransman Afrikaans kan praat. Ons hoor hoe hy in Afrikaans grootgeword het, en tans op ‘n werksbesoek in Suid-Afrika is.

Elzabé Zietsman- Van kos na kwilts 13.04.2023

Haidee Muller-Isaacs gesels met Elzabé Zietsman oor hoe haar lewe verloop het nadat sy haar gewilde restaurant, Zietzies, se deure moes sluit. Elzabé vertel ook hoe sy intussen kwilts leer maak het.

Argitektuur en simboliek 13.04.2023

Landseer Collen vertel vir Martelize Brink van die verhouding tussen argitektuur en handelsmerke, en die simboliek in geboue.

Charl du Toit se atletiekloopbaan 12.04.2023

Charl du Toit gesels oor sy loopbaan as naelloper, sy wêreldrekords, paralimpiese goue medaljes en sy loopbaan in die onderwys ná sy uittrede uit mededigende atletiek.

Écoute le podcast Driesestig sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics