Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.kosmos.com.na

Δημιουργός

Kosmos 94.1

Κατηγορία

Uncategorized

Ιστοσελίδα του podcast

www.kosmos.com.na

Τελευταίο επεισόδιο

14 Οκτ 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,8 iOS σύντομα

Επεισόδια

Die 14:00 nuus 13.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

13:00 Hoofnuus 13.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Drikus Coetzee vorder goed met Rhino Run-rit 13.10.2026

Die Namibiese fietsryer Drikus Coetzee neem tans deel aan die Rhino Run van Windhoek na Graaff Reinet in Suid Afrika, oor 'n afstand van ongeveer 2-duisend-835 kilometer. Coetzee het met Kosmos 94.1 Nuus oor sy eerste dag op die pad gepraat:

Beëindiging van RedForce-skuld-invorderingskontrak in Walvis laat vrae ontstaan 13.10.2026

Die onlangse beëindiging van die RedForce-skuld-invorderingskontrak deur die Walvisbaai Munisipale Raad het vrae laat ontstaan oor wetlike nakoming en die prosedures wat gevolg is by die toekenning van die ooreenkoms. Armas Amukoto, die IPC-skadu-minister vir Stedelike en Landelike Ontwikkeling, sê die langtermyn-doelwit behoort te wees om plaaslike owerhede te bemagtig om hul eie inkomste-vorderi...

12:00 Nuus 13.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Polisie-lede moet hul werk by Kers-padblokkades doen 13.10.2026

Die waarnemende polisie-hoof-inspekteur van die Namibiese polisie, Majoor-generaal Anne-Marie Nainda waarsku wets-toepassers dat hulle te alle tye sigbaar moet wees en hul werk moet doen... as hulle tydens die fees-seisoen na padblokkades ontplooi word. Nainda het tydens Maandag se bekendstelling van die 2026/2027 Kersseisoen-padveiligheids-veldtog gesê dat twintig Nampol-lede met 30 voertuie na v...

Bryan Eiseb: Korrupsie ondermyn sosiale- en ekonomiese ontwikkelings-geleenthede 13.10.2026

Die nuut-aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, sê voortdurende korrupsie kan die geleenthede.... wat deur die groeiende olie- en gassektor geskep word, in die wiele ry. Hy waarsku dat korrupsie, op die einde van die dag, die land se sosiale en ekonomiese ontwikkelings-geleenthede kan ondermyn. Tydens 'n persgeleentheid vanoggend in Swakopmund het Eiseb die skuld vir k...

MOVE SA vra regverdige, wettige en ordelike immigrasiestelsel 13.10.2026

Uit die buurland vra MOVE SA die Suid Afrikaanse regering om doeltreffende en wettige maatreëls in te stel... om spanning tussen plaaslike gemeenskappe en buitelanders te verlig. Die partyleier Rali Mampeule sê die regering moet pro-aktief optree om die onderliggende oorsake van spanning aan te spreek en verdere xenofobiese geweld te keer. Hy sê dit sluit in dat die Konstitusionele Hof se beslissi...

Old Mutual-stigting stel "OM SEED: Seasons" bekend 13.10.2026

Die Old Mutual-stigting het amptelik 'n vernuwe weergawe van sy vlagskip-entrepreneurskaps-inisiatief bekendgestel en "OM SEED: Seasons" as 'n verenigde nasionale kompetisie wat oor al 14 streke strek, van stapel gestuur. Mignon du Preez, woordvoerder van Old Mutual Namibië, sê aansoeke is landwyd amptelik oop, met 'n streng sluitingsdatum van 30 Oktober.      

Mineral Europa op nooiensvaart van China na Australië 13.10.2026

Die Belgiese ontwikkelaar van maritieme- en skoonenergie-oplossings, CMB.TECH, het die Mineral Europa – die wêreld se eerste droëmassavragskip wat deur ammoniak aangedryf word – suksesvol in gebruik geneem. Die skip het Vrydag op sy nooiensvaart van China na Australië vertrek. Met 'n dravermoë van 210 000-ton verteenwoordig die skip 'n belangrike deurbraak in pogings om die wêreldwye skeepvaartbed...

N$146m kontant-inspuiting aan Shack Dwellers Federation of Namibia 'n stap in die regte rigting 13.10.2026

Die Namibia Housing Action Group sê die kontant-inspuiting van 146-miljoen Namibiese dollar aan die Shack Dwellers Federation of Namibia... is 'n groot, positiewe stap en sal help om die land se behuisings-tekorte aan te spreek. Hoewel die regering rapporteer dat bykans 1 900 huise gedurende die 2025/26-boekjaar voltooi is, sê die groep se mede-direkteur, Heinrich Amushila, dat inisiatiewe vir bek...

11:00 Nuus 13.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

SA Parlement vra polisie om misdadige optrede waarby Sibiya betrokke is te ondersoek 13.10.2026

Die Suid Afrikaanse parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie sê enige vermeende misdadige optrede waarby die nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, betrokke is, moet ondersoek word en waar nodig moet aanklagte ingedien word. Die komiteevoorsitter, Ian Cameron, waarsku Sibiya se vertrek uit die diens moet hom nie vrywaar van aanspreeklikheid nie. Hy sê die komitee het nog altyd be...

9de Nasionale IKT-beraad fokus op werkskepping en jeug-bemagtiging 13.10.2026

Die 9de Nasionale IKT-beraad het by die Ongwediva-handelskousentrum afgeskop, wat die geleentheid se eerste stap buite Windhoek was om digitale vooruitgang te desentraliseer. Linda Nakale, uitvoerende direkteur van MICT, sê die beraad fokus op die benutting van tegnologie en konnektiwiteit. Sy sê die beraad fokus ook op die gebruik van digitale infrastruktuur om werk te skep, die jeug te bemagtig,...

10:00 Nuus 13.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Thuli Madonsela doen ’n beroep op etiese leierskap om munisipaliteite reg te ruk 13.10.2026

Die direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid, Thuli Madonsela, doen 'n beroep op munisipaliteite om grondwetlike regte in werklikheid te omskep deur dienslewering te verbeter en ongelykheid aan te spreek. In 'n toespraak by die agtste Beraad oor Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch wat vandag ten einde loop, het Madonsela gesê munisipaliteite het leiers met integriteit...

'KNOW NTB'-veldtog help toerisme-operateurs om NTB-reëls te verstaan 13.10.2026

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Toerismeraad, Sebulon Chicalu, het die belangrikheid van nakoming van die NTB-wet en die gepaardgaande regulasies beklemtoon. Hy sê die 'KNOW NTB'-veldtog, wat op 1 April van stapel gestuur is, het sover verskeie streke en dorpe besoek om bewustheid van die wet en die regulasies daarvan te bevorder.         

09:00 Nuus 13.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

08:00 Nuus 13.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

SA vervoerminister hoop om teen 2029 jaarliks 250-miljoen ton goedere per spoor te vervoer 13.10.2026

Die Suid Afrikaanse minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê gereelde instandhouding van die spoor-netwerk is noodsaaklik om vragvervoer teen 2029 tot 250-miljoen ton per jaar te verhoog. Sy het die opmerkings Maandag gemaak tydens ’n oorsig-besoek aan die instandhouding-sluiting aan die yster-erts-spoorlyn in die Noord-Kaap. Die sluiting duur tot 16 Oktober, met herstelwerk wat daarop gemik is om...

Windhoek Euro-rolprentfees vanjaar meer opwindend 13.10.2026

Alex Baron, hoof van vennootskappe by die Europese Unie in Namibië, sê die Euro-rolprentfees bring Namibiese en Europese rolprentkuns nader aan Namibiërs. Tydens die bekendstelling van vanjaar se fees in Windhoek het Baron opgemerk dat die fees vanjaar nie net anders nie, maar ook opwindender sal wees.

07:00 Hoofnuus 13.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

SA Adjunkminister van Justisie vra billiker toegang tot howe en regsdienste 13.10.2026

Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die geografie van die apartheidsera mag nie langer verhoed dat mense toegang tot geregtigheid verkry nie. Hy het tydens die agtste Sosiale Geregtigheid-beraad aan die Universiteit Stellenbosch gesê die regering moet howe en regsdienste, insluitend ondersteuning met onderhoud, beskerming teen gesinsgeweld en regshulp, mee...

Streeks-universiteite moet bek-en-klouseer en ander uitdagings aanspreek 13.10.2026

Die Visekanselier van die Universiteit van Namibië, Professor Kenneth Matengu, sê universiteite wat deel vorm van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied moet navorsing, wat bek-en-klouseer en ander streeks-uitdagings aanspreek, prioritiseer. Hy het die oproep Maandag in Katima Mulilo gemaak tydens die ondertekening van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied Universiteit Konsortium Oo...

Dinsdag, 13 Oktober 2026 13.10.2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Bek-en-klouseer vereis 'n stryd op twee fronte, sê die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius. En in Suid-Afrika sê die Rooivleisprodusente-Organisasie die BKS-uitbreking plaaslik veroorsaak ook groot ontwrigting in die buurland.

Άκου το podcast Kosmos 94.1 στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS