RSG Dokumentêr

RSG

Society AF 354 episodes

Where to listen?

Listen in your browser Replaio Web Available today
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon - install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Bei Google Play herunterladen

Install now - 5M+ downloads, 4.8 rating

Episodes

VEELSYDIGE VAKMEESTER: WOUTRINE THERON deur Ina Strydom 17.07.2025

Aktrise, dosent, skrywer, teaterbeoordelaar, en stigter van die Nasionale Toneelkompetisie is maar net ván die beskrywings wat van Woutrine Theron gegee kan word. Sy het algemene bekendheid verwerf as Grieta in die destydse televisiereeks, Nommer Asseblief; was vir 30 jaar as dosent verbonde aan die destydse Pretoria Technikon, vandag TUT, en het twee boeke op haar kerfstok. Sy het verlede jaar 80...

OP ELKE STRAATHOEK: IS DAGGA DIE NUWE WONDERKUUR? deur Jaco de Waal 10.07.2025

Dagga, vir jare ’n taboe, is nou ’n alledaagse gesprekspunt. Van pynverligting tot geestesgesondheid word cannabis toenemend as ’n natuurlike alternatief voorgestel. Maar hoeveel daarvan is medies geregverdig, en hoeveel is bloot bemarking? Jaco de Waal ondersoek die opkoms van mediese cannabis in Suid-Afrika, en die spanning tussen verwagting, navorsing en werklikheid.

TACO KAMSTRA: OP SY EIE WERF deur Kobus Rudolph 03.07.2025

In Taco Kamstra se werf is daar ‘n kerktoring en kerkklok, wat uittroon bo sy vliegtuig in sy voorplaas! ‘n 1919 Model T-Ford, wat nog met ‘n slinger aangedraai word, en vele ander voertuie, begroet die mense wat verby sy huis/museum in Pretoria ry of besoek aflê. Taco moes leer om die miniatuur Sentinel-stoomenjin te stook en te dryf – en in die proses het hy sy broer se woonwa beskadig! Hy het 2...

DIE KLEUR VAN LAKENS deur Tharien Oosthuizen 27.03.2025

Persone wat trauma beleef is bang en onseker, en het ondersteuning nodig om hulle deur hierdie donker tyd te neem. Dit is hier waar traumaberaders ‘n baie belangrike rol speel. Hulle is die spreekbuis tussen die familie, die pasiënt, en die traumachirurg. Tharien Oosthuizen het tyd spandeer met Rian Steenkamp, ‘n traumaberader by Netcare Milpark in Johannesburg, en met drie mense wat deur trauma g...

TAFELBERG SE KABELKAR deur Johan Rademan 20.03.2025

Die afgelope 96 jaar word Tafelberg se kabelkar ingespan om mense en goedere op en af te laat ry. Johan Rademan het in die skadu van ou Tafelberg gaan kuier.

LIEDJIEBOER: DIE ANTON GOOSEN-VERHAAL deur Ettienne Ludick 06.03.2025

Ettienne Ludick vat die pad Gansbaai toe, waar hy delf in die ryk geskiedenis van 'n lewende legende. Van sy dae op skool toe 'n sielkundige vir hom gesê het musiek is nie vir hom beskore is, tot sy jongste album, Sirkels, met 'n 49 jaar lange reis tussen in. Anton Goosen vertel sy storie nes 'n liedjieboer kan.

DIE PROBLEMATIEK VAN PAROOL deur Ilse Salzwedel 27.02.2025

Ilse Salzwedel ondersoek ‘n kwessie wat die laaste paar maande dikwels voorbladnuus gehaal het: Behoort geweldsmisdadigers parool te kry, of nie? (Die program is nie geskik vir sensitiewe luisteraars of kinders nie, aangesien dit beskrywings van geweld bevat)

SWARTKOPS-SOUTPANNE: VAN SEE TOT SOUT deur Jacques Arendt 20.02.2025

Langs die kus van die Oos-Kaap, waar die Swartkopsrivier sy sout water in die see uitstort, lê ’n storie gewortel in die aarde, die see, en die hande van mense. Dit is die verhaal van Swartkops-seesout – ’n natuurlike skat wat met geduld en sorg geskep word. Jacques Arendt neem jou op ’n reis na hierdie unieke plek, waar tradisie, natuur, en gemeenskap hand aan hand gaan. Seesout het al vir eeue '...

DIE SKATKIS VAN DIE SAUK deur Elsje van Jaarsveld 13.02.2025

Iewers in ‘n kelder by die nasionale uitsaaisentrum in Aucklandpark lê ‘n skatkis. ‘n Skatkis met pêrels van uitsaaiwese, wat strek oor langer as ‘n eeu. Dié skatte behoort aan elke Suid-Afrikaner. Dis volksbesit. Elsje van Jaarsveld ontdek weer hierdie juwele. Hier tref sy die voetspoere van wêreldklas joernaliste en vermaaklikheidsterre van ouds aan. Dis ‘n roete tussen geskiedenis, mensestories...

HIER VOLG DIE NUUS deur Ina Strydom 30.01.2025

Mariëtta Kruger se uitsaailoopbaan strek oor meer as vier dekades, en sy is ewe bekend op radio as op televisie. Sy is bekend vir haar keurige taalgebruik, haar werksetiek en uiterste professionaliteit, en haar kundigheid.

JAMESTOWN: 'N STUKKIE PARADYS deur Haidee Muller-Isaacs 23.01.2025

Haidee het afgesit na Jamestown, ook bekend as Webersvallei, 'n hegte gemeenskap met 'n ryk erfenis. Daar het sy die mooiste stories gehoor van ‘n gemeenskap wat passievol is oor dié dorpie aan die buitewyke van Stellenbosch. Vandag nog deel hulle in mekaar se lief en leed.

DIE VERDWYN VAN DIE AFRIKAPIKKEWYN deur Martelize Brink 16.01.2025

Volgens sommige omgewingskundiges is dit nie meer ‘n vraag of die brilpikkewyn, ook bekend as die Afrikapikkewyn, sal uitsterf nie. Die pikkewyn, endemies tot Afrika, is krities bedreig. Met só min individuele voëls in die natuur, sal die bevolking funksioneel uitgesterf wees teen 2035. Martelize Brink besoek ‘n skuiling vir die brilpikkewyn; bespreek die druk waaronder die spesie tans probeer oor...

KAALKOP DIE WAARHEID deur Flip Loots 09.01.2025

Watter invloed het haarverlies op veral jonger mans se emosionele ingesteldheid? Is daar hoop dat iets aan die kaalkoppe gedoen kan word? Flip Loots  het die antwoorde gaan soek by ‘n haarkapper, ‘n dermatoloog, ‘n sielkundige en ‘n verteenwoordiger van ‘n maatskappy wat hulp in dié verband verleen.

DIE BERGKLUB VAN SUID-AFRIKA deur Kobus Rudolph 02.01.2025

Die Bergklub van Suid-Afrika is een van die oudste bergklubs in die wêreld, met 6 000 lede wat passievol is oor die natuur, bewaring, berge, stap, klim, rotsklim, die buitelewe en gewaagde vryklim. Hulle soek- en reddingspanne is die mense wat dwarsoor die land verantwoordelik is vir soek- en reddingsoperasies in die die berge, veld en afgeleë plekke. Deel van elke lid se taak is om die bergklub s...

WEESKINDERS: DIE MENSE VAN PLATFONTEIN deur Fritz Klaaste en Johann Pieterse 26.09.2024

Die !Xu en Khwe het in vrede en harmonie geleef in die suide van Angola en die noorde van Namibië. Die Portugese Weermag het hierdie natuurmense opgekommandeer om saam met hulle te veg in die Angolese Vryheidsoorlog van die jare 70. Met die onttrekking van Portugese troepe uit Angola, is hulle ‘n nuwe bataljon van SA Weermag, 31 Bataljon, opgeneem. In die periode voor Namibiese onafhanklikheidswor...

OP SOEK NA LEVONA: DIE ZEPHANY NURSE-VERHAAL deur Heindrich Wyngaard 19.09.2024

Heindrich Wyngaard herbesoek die Zephany Nurse-verhaal. Sy is in 1997 as ‘n drie dae oue baba uit die hospitaal gesteel, en is in 2015 as ‘n matrikulant met haar biologiese ouers herenig. Haar steelma is in 2016 tot tien jaar tronkstraf gevonnis, en is ‘n jaar gelede op parool vrygelaat. Heindrich het in 2015 die eerste boek oor die gebeure geskryf, A HOME FOR ZEPHANY (Naledi Uitgewers). Hy het oo...

DIE NALATENSKAP VAN JERRY WATT EN DIE ROCKETS deur Carla Mackenzie 12.09.2024

Carla Mackenzie kyk na die kleurvolle geskiedenis van wyle Jerry Watt en die internasionaal bekende The Rockets. Dié groep van vyf mans het op die Kaapse Vlakte begin, maar het later jare die verhoog gedeel met internasionale musiektalent soos Usher, Luther Vandross en selfs die Spice Girls! Vir die eerste keer sedert 1971 het die groep sonder Jerry Watt die verhoog betree. Jerry Watt se kleinkind...

VLUG NA WAAR? VLUGTELINGE IN SUID-AFRIKA deur Martelize Brink 05.09.2024

In Desember 2023 was daar 1 334 174 asielsoekers en vlugtelinge in Suid-Afrika. Martelize Brink gee perspektief met verwysing na die internasionale konteks van vlugtelinge. Die fokus is op internasionale en plaaslike politiek, gemeenskapsorganisasies en die mense wat moes vlug. Hoe hervestig vlugtelinge hulleself, soms binne ‘n land waar hulle nie enige van die gebruikstale kan praat nie? (Die pro...

AS TWEE SAAM LOOP deur Ina Strydom 29.08.2024

Die akteurspaar, Carel Trichardt en Petru Wessels, is ses dekades in die bedryf – en net so lank getroud. Hulle vertel van hoogtepunte in hulle loopbane, rn praat oor kompetisie, toewyding en ouderdom, en die belangrikheid van stories. Hulle vertel ook hoe ‘n mens só lank getroud bly.

JONK, SWART EN AFRIKAANS deur Christelle van Tonder 22.08.2024

Patrick Shabangu is 'n jong swart man wat Afrikaans groot geword het. Maar sy storie is nie so eenvoudig nie. Patrick se biologiese ouers het vir die Van der Bijl-gesin as huishulp en tuinjong gewerk toe Patrick se ma in 1987 swanger word met hom. In 1994 sou Patrick as sesjarige die eerste swart kind in Elarduspark Laerskool wees. Patrick vertel van sy lewe as 'n swart Afrikaner en hoe hy as gevo...

WIK EN WEEG deur Eloise Cupido 15.08.2024

Die meeste ouers het hulle kinders se beste belange op die hart. Deel hiervan is die kind se toekoms. Waarheen is hulle op pad, watter geleenthede kan jy hulle bied? Soms kry jy die kans om jou kind met behulp van ‘n beurs na ‘n beter skool te stuur. Of  om ‘n talentvolle kind ‘n helpende hand uit hulle omstandighede aan te bied. Help dit werklik op die lange duur?

DIE VISNETMAKERS VAN DIE WESKUS deur Lizelle de Bruin 08.08.2024

In St. Helenabaai, 'n skilderagtige vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika, is daar 'n groep vroue wat naby die hawe sit en visnette regmaak. Lizelle de Bruin het ‘n dag by hulle spandeer om meer oor die bedryf te leer. Jou eie skêr, ‘n mes, ‘n lang dik naald, groen, rooi en oranje plastiekgaring en ‘n vaardigheid wat oor jare vasgelê is, is die gereedskap van die visnetvroue, wat in wind en...

GEE PAD VOOR! deur Flip Loots 01.08.2024

Wie ken nie padwoede nie? Wanneer ‘n voertuig voor jou inswaai of skielik rem, is dit moeilik om nie handgebare te maak en selfs te skel nie. Flip Loots praat hierooe met kliniese sielkundige, dr. Philip Janse van Rensburg, ‘n verteenwoordiger van Arrive Alive, advokaat Johan Jonck, asook ‘n paar padverbruikers.

HISTORIESE OORSIG VAN DIE JUKEBOX deur Haidee Muller-Isaacs 25.07.2024

Haidee Muller-Isaacs neem jou op 'n nostalgiese reis na die oorsprong van die Jukebox, lank voor musiekstroomdienste beskikbaar was. Waar kom hierdie blêrkaste vandaan, en hoekom het Suid-Afrika die invoer daarvan in 1949 verbied? Daar is deesdae weer 'n oplewing van belangstelling in ouer blêrkaste onder versamelaars en entoesiaste.

MY SLIM KOLLEGA deur Elsje van Jaarsveld 18.07.2024

Die vinnige vooruitgang van kunsmatige intelligensie is besig om die manier waarop ons werk, te hervorm. Elsje van Jaarsveld delf in hierdie fassinerende verskuiwing, deur te verken hoe alledaagse mense kunsmatige intelligensie in hulle werk en besighede integreer om produktiwiteit en doeltreffendheid te verhoog. Vir besighede bied die integrasie van KI ‘n uiters suksesvolle geleentheid om koste t...

About the podcast

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Language

AF

Episodes

354

Latest episode

9. Jul 2026

Listen to the RSG Dokumentêr podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up

Bei Google Play herunterladen

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.