RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Regsake 21 Julie 2025 21.07.2025 22:48
Igna Klynsmith praat oor AARTO-wetgewing, en verduidelik hoe die strafpuntestelsel werk. Hy bespreek ook die konstitisionele hofuitspraak oor die lied, Kill the Boer. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die beperkings op vrye erflating van bates, en moontlike oplossings.
Regsake 14 Julie 2025 14.07.2025 22:14
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n boedel, en iemand wat nie vir belasting geregistreer is nie. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor herstrukturering en die regte van werknemers en werkgewers in dié verband.
Regsake 7 Julie 2025 07.07.2025 25:34
Igna Klynsmith praat oor huurkontrakte, uitklaringsertifikate en volmag. Spesialisgas Volker Kruger gee advies oor die verkoop van boedelbates deur erfgename, en of ‘n eksekuteur sonder die erfgename se toestemming boedelbates kan verkoop.
Regsake 30 Junie 2025 30.06.2025 22:45
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor die reg van ‘n ouma om haar kleinkinders te sien. Hy vertel ook van ‘n saak waar ‘n kalf ‘n padongeluk veroorsaak het, en wie aanspreeklikheid vir die ongeluk sal aanvaar. Spesialisgas Lizel van Deventer praat oor 'n kontrak of ooreenkoms wat elektronies aangegaan word.
Regsake 23 Junie 2025 23.06.2025 17:48
Igna Klynsmith bespreek die beginsel van verjaaring t.o.v. eiendomsreg. Hy praat ook oor die belastingvoordele van trusts. Spesialisgas Susan de Wet bespreek ‘n saak oor ‘n vrou wat ‘n eis teen ‘n winkelsentrum gemaak het nadat sy gestruikel het en beseer is.
Regsake 16 Junie 2025 16.06.2025 20:48
Igna Klynsmith verduidelik die verskil tussen ‘n erkenning en ‘n bekentenis. Hy bespreek ook ‘n saak oor ‘n destydse gifmoord. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n pa se regte met die besluit om ‘n swangerskap te termineer.
Regsake 9 Junie 2025 09.06.2025 21:27
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat as mylpaal vir geslagsgelykheid en arbeidsreg binne godsdiensinstellings beskou word. Hy bespreek ook ‘n saak uit die 1960’s wat handel oor ‘n SS-soldaat wat betrokke was by die Joodse vraagstuk van die Nazi’s. Ons spesialisgaste verduidelik die proses en vereistes van handelsmerkregistrasie.
Regsake 2 Junie 2025 02.06.2025 22:28
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor ‘n ma wat nie saamstem met haar man se besluit dat alles in hulle testament aan hulle seun bemaak word, en niks aan hulle dogters, nie. Spesialisgas Volker Kruger deel wenke oor die kansellasie van 'n verband in die geval van ‘n egskeiding, wat deur dieselfde prokureur hanteer word.
Regsake 26 Mei 2025 26.05.2025 22:03
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor lewensreg op ‘n eenheid in ‘n aftreeoord. Die okkupeerder is na ‘n sorgeenheid verskuif, maar die kontrak se veresites klink vir haar onregverdig. Spesialisgas Elmari Richter praat oor verhuising met kinders, en of jy die ander ouers se toestemming nodig het om dit te doen.
Regsake 19 Mei 2025 19.05.2025 23:44
Igna Klynsmith bespreek 'n luisteraarsvraag oor ‘n persoon wat sonder ‘n testament gesterf het. Hy bespreek ook ‘n hoogeregshofuitspraak oor aanspreeklikheid en vrywarings. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor stygende lewenskoste, en salarisse wat nie hiermee tred hou nie.
Regsake 12 Mei 2025 12.05.2025 22:50
Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse saak oor ‘n mandaat en eis t.o.v. agentekommissie. Est-Marie McCallahan bespreek die konstitisionele hofuitspraak oor of Suid-Afrikaners outomaties hulle burgerskap verloor indien hulle elders burgerskap verkry.
Regsake 5 Mei 2025 05.05.2025 18:51
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor volmag en prokurasie. Hy vertel ook van ‘n geval waar ‘n verhuurder haar huurders op die huis se kameras dophou, en van in duplum-reël. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen bespreek die jongste statistiek oor egskeidings in Suid-Afrika.
Regsake 28 April 2025 28.04.2025 25:08
Igna Klynsmith bespreek die reëls m.b.t. studentebehuising. Spesialisgas Volker Kruger praat oor kinders en testamente, voogdyskap, onderhoudseise van kinders uit ’n boedel, en verwante sake. Hy beantwoord ook vrae oor hoe oud ‘n kind moet wees om te kan erf. Moet kinders altyd in gelyke dele uit 'n trust bevoordeel word? Hoe werk vaderskaptoetse by ‘n bestorwe boedel?
Regsake 21 April 2025 21.04.2025 20:06
Igna Klynsmith bespreek die kruisiging en opstanding van Jesus vanuit ‘n regsoogpunt.
Regsake 14 April 2025 14.04.2025 23:11
Igna Klynsmith bespreek vererwing van vuurwapens, asook ‘n vraag oor bloedskande. Hy beantwoord ook ‘n paar luisteraarvrae oor die strafreg. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die regspraktyke van menslike oorskot, en die reëls met betrekking tot die wegdoen van lyke.
Regsake 7 April 2025 07.04.2025 21:38
Igna Klynsmith praat oor tradisionele en westerse huwelikswetgewing. Hy beantwoord ook ‘n paar luisteraarsvrae oor die strafreg. Familieregprokureur Elmari Richter praat oor die verandering van huweliksgoederebedeling ná huwelikssluiting.
Regsake 31 Maart 2025 31.03.2025 21:42
Igna Kklynsmith bespreek werknemers se regte ten opsigte van hulle reg om nie na ure met werk gepla te word nie. Hy praat ook ‘n onlangse uitspraak wat veral grondeienaars interessant sal vind. Spesialisgas Johan Botes bespreek handelsbeperkinge.
Regsake 24 Maart 2025 24.03.2025 23:10
Igna Klynsmith bespreek die saak van Maria Lee, die tweede vrou wat in Suid-Afrika se geskiedenis gesterf het vir ‘n gifmoord. Hy praat ook oor opsetlike saakbeskadiging. Spesialisgas Volker Kruger deel ‘n paar wenke waarvan elke verkoper of koper van 'n huis van bewus moet wees.
Regsake 17 Maart 2025 17.03.2025 21:49
Igna Klynsmith praat oor regspersone en natuurlike persone, en wat dit beteken. Hy bespreek ook ‘n onlangse saak teen PRASA. Spesialisgas Janus Olivier bespreek ‘n saak wat handel oor die koop van ‘n eiendom waar die kopers gedink het hulle korespondeer met ‘n prokureur, maar toe is dit nie ‘n prokureur nie.
Regsake 10 Maart 2025 10.03.2025 17:52
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor die POPI-wet. Spesialisgas Susan de Wet vertel van ‘n saak oor die Appèlhof wat die Padongelukkefonds vasgevat het.
Regsake 3 Maart 2025 03.03.2025 21:25
Igna Klynsmith praat oor die regsposisie van watervloei van ‘n hoërliggende eiedom na 'n laerliggende eiedom. Dit gebeur dikwels dat bejaardes weens ouderdom en ‘n gebrek aan vermoë ‘n sogenaamde volmag aan ‘n kind gee om hulle sake te bestuur. Is dit die regte roete om te volg? Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse bespreek volmagte en demensie.
Regsake 24 Februarie 2025 24.02.2025 20:49
Igna Klynsmith praat oor Sportreg. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen bespreek die geldigheid van Artikel 7(7)(c) van die Wet op Ekskeidings, wat handel oor gade wat nou teen mekaar se boedels kan eis, al is hulle buite gemeenskap van goedere getroud.
Regsake 17 Februarie 2025 17.02.2025 24:26
Igna Klynsmith bespreek die saak van Johanna van Arkel, beter bekend as Joan of Arc. Spesialisgas Volker Kruger vertel van 'n saak wat met ‘n dispuut oor agentekommissie handel. Twee agentskappe eis kommissie ten bedrae van R966 000 t.o.v. die verkoop van ‘n eiendom vir R24-miljoen. Wie moet die kommissie in hierdie geval kry?
Regsake 10 Februarie 2025 10.02.2025 24:18
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor bygelowe en heksery. Hy praat ook oor teistering, en hoe jy jouself kan bekerm. Spesialisgas Est-Marié McCallahan praat oor kubermisdaad.
Regsake 3 Februarie 2025 03.02.2025 22:56
Igna Klynsmith beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die waardasie van haar oorlede skoonma se eiendom. Spesialisgas Johan Botes bespreek ‘n vraag wat handel oor ‘n luisteraar se werkgewer wat nie vir haar verlof wil gee nie, aangesien sy maand-tot-maand gekontrakteur word, en slegs ‘n jaar by die maatskappy betrokke is.
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet