RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Hoe verklaar jy dit? 4 Junie 2023 04.06.2023 24:59
Beweeg elektrisiteit so vinnig soos die spoed van lig, of beweeg dit teen 9 km per uur? Hoekom gaan die lig aan sodra jy die skakelaar druk? Waar kom volstruise vandaan, en hoe oorleef hulle.
Hoe verklaar jy dit? 28 Mei 2023 28.05.2023 24:56
Is prof. Hendrik Geyer wetlik aanspreeklik vir sy gebruik van die woord biljoen i.p.v. triljoen? Sal waterslange Desiree se visse in haar dam opvreet? Wanneer sal kunsmatige intelligensie Hoe verklaar jy dit se paneel kenners vervang?
Hoe verklaar jy dit? 21 Mei 2023 21.05.2023 23:07
Hoe verklaar jy dit dat die Jesus-akkedis oor water kan hardloop sonder om te sink? 'n Luisteraar vra of ons 'n wollerige wurm van Ellisras kan identifiseer. En, watter vreemde swamme groei in Humansdorp?
Hoe verklaar jy dit? 14 Mei 2023 14.05.2023 24:39
Ons pak die raaisel van dooie bye wat in die oggende aangetref word by fluoresserende ligte. Ons gaan ook uitvind of ‘n halfvol warmwaterfles langer warm bly as ‘n propvol warmwaterfles.
Hoe verklaar jy dit? 7 Mei 2023 07.05.2023 24:55
Hoe kan dit wees dat die heelal 92 miljard ligjare wyd is, terwyl die ouderdom van die heelal "net" 13,7 miljard jaar is? Hoekom het sekere manlike bospesies horings en die ooie nie?
Hoe verklaar jy dit? 30 April 2023 30.04.2023 25:02
Ons hoor hoe ‘n ruspe, en later 'n vlinder, jou lelies kan verwoes. Hoe gebruik mens sonkrag om te kook, bak en braai? En ons hoor hoe verwarrend ‘n dinosourus-voetafdruk kan wees.
Hoe verklaar jy dit? 23 April 2023 23.04.2023 24:46
Ons vind uit hoe jou waarneming van die horison deur hitte of koue beïnvloed word, en ons beskou die skuimnespadda en sy skuim van nader.
Hoe verklaar jy dit? 16 April 2023 16.04.2023 24:32
Watter persentasie van die totale energie wat die son uitstraal, bereik die aarde? Hoe is dit moontlik dat twee spesies uit verskillende vastelande so na mekaar kan aard? En, ons leer meer oor die koringkriek.
Hoe verklaar jy dit? 9 April 2023 09.04.2023 24:46
Kan ons voorspel waar ‘n weerligstraal volgende gaan slaan? En, ons leer meer oor die kardinale belang van temperatuur by soogdiere, en hoe dit ons organe beskerm.
Hoe verklaar jy dit? 2 April 2023 02.04.2023 23:03
Na aanleiding van ‘n foto op sosiale media wil almal weet hoekom daar amper 10 paddas op ‘n slang se rug sit? Wat veroorsaak hierdie gedrag? Is jy waarlik besig om jou deel te doen in die oorlog teen klimaatsverandering? Dave Pepler het raad.
Hoe verklaar jy dit? 26 Maart 2023 26.03.2023 24:03
Wat is die effek van elektrolietinhoud op die latente hitte van water? Met ander woorde, kan gevriesde soutwater jou yskas langer koel hou tydens beurtkrag? Hoekom eet orcas net die lewer van haaie? En, ons leer meer van die snuitkewer.
Hoe verklaar jy dit? 19 Maart 2023 19.03.2023 24:55
Wanneer vang luiperds dassies as hulle slaappatrone verskil? Pigmentasie van voëls speel ‘n kardinale rol in oorlewing. Kom vind uit hoe hulle die kleure verskerp wanneer nodig. En, ons ontleed die botsspoed van motors.
Hoe verklaar jy dit? 12 Maart 2023 12.03.2023 24:43
Is daar so iets soos grys oë? Hoekom word blou oë nie net deur genetika bepaal nie? Het jy geweet daar is sekere akkedisse in Suid-Afrika wat baie geld werd is oorsee? Vind uit hoe smokkelaars te werk gaan, en hoe jy kan help om hulle te vang. En ons hoor van motte wat lyk, beweeg en vlieg soos sekere voëls.
Hoe verklaar jy dit? 5 Maart 2023 05.03.2023 24:13
Watter rol speel geopolitiek in die toekoms van die aarde, en hoe kan individue ‘n stem daarin vind? Hoe lank is die rakleeftyd van ou en nuwe gloeilampe, en hoe kan ‘n braaivuur dit beïnvloed?
Hoe verklaar jy dit? 26 Februarie 2023 26.02.2023 24:56
Stem jy saam dat die Matamata-waterskilpad ‘n vreemde gedroggie is? Hoekom lyk hy so? Maak dit (ekologies) saak as 'n onbelangrike diertjie uitsterf? Ons vind meer uit oor die ontwikkeling van insekvlerke.
Hoe verklaar jy dit? 19 Februarie 2023 19.02.2023 25:39
Hoekom het mense en diere hare? Hoekom is die naakte molrot haarloos? Hoekom mag mens nie naelpolitoer dra tydens ‘n operasie nie? Ons leer meer oor branders, groot en klein, in die see.
Hoe verklaar jy dit? 12 Februarie 2023 12.02.2023 24:57
Hou jy van ‘n netjiese tuin, of ‘n wille woeste tuin? Watter soort tuin is die beste vir die klimaat waarin ons onsself tans bevind? Wat was die oorspronklike voorsate waaruit insekte ontwikkel het? Dave Pepler vertel van ‘n vrou wat groot sukses behaal het met haar balkontuin in New York. Sy is ‘n Suid-Afrikaner wat besluit het om ‘n werkende tuin te skep.
Hoe verklaar jy dit? 5 Februarie 2023 05.02.2023 24:49
Is die kontrei-mite waar dat slange en selfs likkewane melk uit koeie se spene drink? Wat is hitte? Hoekom kry sekere mense bosluiskoors, maar ander nie?
Hoe verklaar jy dit? 29 Januarie 2023 29.01.2023 25:31
Hoe affekteer jou velkeur en jou gewig jou hittetoleransie? Ons bevraagteken die die evolusie van die verkleurmannetjie. Wat sou gebeur as die hele heelal beurtkrag sou ervaar?
Hoe verklaar jy dit? 22 Januarie 2023 22.01.2023 24:13
Hoekom, maak nie saak wat jy eet nie, grom jou maag in die kerk? Hoekom is daar spesifiek so baie blomme een keer per jaar in Namakwaland? Hoe word die ouderdom van die aarde gemeet?
Hoe verklaar jy dit? 15 Januarie 2023 15.01.2023 25:05
Hoekom is daar meer muskiete in die Karoo,waar dit droog is, as in die natter Oos-Kaap? Ons leer leer oor die middel-akkedis en kraaie se gedragsprobleme.
Hoe verklaar jy dit? 8 Januarie 2022 08.01.2023 24:51
Hoe kan waterstof as ‘n kragbron gebruik word? Hoe slaap olifante? Ons dissekteer die goggas in jou swembad.
Hoe verklaar jy dit? 1 Januarie 2023 01.01.2023 25:00
Hoe kan waterstof as kragbron gebruik word? Hoe word wetenskaplike benamings aan diere gegee? Hoe oorleef akkedisse in die glyhellings van duine?
Hoe verklaar jy dit? 18 Desember 2022 18.12.2022 24:22
Hoekom is die naakte mol naak? Was dinosourusse warmbloedig of koudbloedig, en hoe weet ons wat die antwoord is?
Hoe verklaar jy dit? 11 Desember 2022 11.12.2022 24:25
Prof. Le Fras Mouton, ’n herpeteloog, verduidelik hoe slange nog ‘n moontlike dodelike byt kan toedien nadat die kop afgekap is. Hoe word weerligballe gevorm? Hoe verskil hommelbye en houtkapperbye van mekaar?
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet