RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Hoe verklaar jy dit? 19 Mei 2024 19.05.2024 23:57
Hoe weet voëls wat hulle wil eet, en nie? Of is dit MOET eet, of nie? Maak ‘n waaier mens werklik koel, of beweeg dit eintlik net die lug in ‘n kamer rond?
Hoe verklaar jy dit? 12 Mei 2024 12.05.2024 22:23
Mag jy die voëls in jou tuin voer? Veroorsaak dit afhanklikheid? Watter kossoorte is veilig en watter is ongesond vir die voëls? Hoe is dit moontlik dat platannas (Afrikapadda) in Amerika voorkom?
Hoe verklaar jy dit? 5 Mei 2024 05.05.2024 22:03
Paddas is besig om uit te sterf, en niemand praat daaroor nie! Hoekom mag ons deesdae ons selfone op vliegtuie gebruik - is dit nie gevaarlik nie?
Hoe verklaar jy dit? 28 April 2024 28.04.2024 23:26
Hoekom verskil die spookvoël se roep so baie van ander voëls? Hoe word reënboë sonder kleur verklaar? Hoe is dit moontlik dat ystervarke amper alles vreet?
Hoe verklaar jy dit? 21 April 2024 21.04.2024 22:55
Leer meer oor die pampoen-paddatjie wat kan spring, maar nie land nie, en wat gesels met sy maats, maar nie een kan hoor nie. Is dit waar dat jy elektrisiteit kan spaar deur jou selfoonlaaier te ontkoppel, en hoeveel spaar mens?
Hoe verklaar jy dit? 14 April 2024 14.04.2024 22:56
Is daar ‘n verskil tussen kakkerlakke en kokkerotte? Wat gebeur tydens wolkbestuiwing? Het dit nie ‘n negatiewe uitwerking op die ekologie nie?
Hoe verklaar jy dit? 7 April 2024 07.04.2024 22:19
Wat tel as vreemde gedrag by akkedisse? Ons kyk weer na hoe molle grondhopies maak as hulle agtertoe skop. Help ‘n waaier om muskiete weg te hou, of is dit ‘n mite?
Hoe verklaar jy dit? 31 Maart 2024 31.03.2024 23:20
Hoe kan ‘n vliegtuig, teen ‘n snelheid van 300 plus kilometer per uur, se wiele so vinnig versnel in ‘n breukdeel van ‘n sekonde wanneer dit land? Hoekom klink die sang van ‘n rooivlerkspreeu soms so mooi, maar soms ook so lelik?
Hoe verklaar jy dit? 24 Maart 2024 24.03.2024 22:06
Hoekom sing die meeste voëls vroegoggend of laataand? Wat gebeur in die middel van die dag wat die sang stuit? Hoekom is die flapnek-verkleurmannetjie so groot, en sit hy so stil?
Hoe verklaar jy dit? 17 Maart 2024 17.03.2024 22:43
Hoekom raak sout laf? Wanneer jy rooibostee maak, het jy ooit gewonder of dit miere se dood kan veroorsaak?
Hoe verklaar jy dit? 10 Maart 2024 10.03.2024 23:03
Hoe maak molle molshope as hulle agteruit grou? Hoekom word jellievisse deur klein slakkies vermoor, en wat is die doel van ‘n jellievis?
Hoe verklaar jy dit? 3 Maart 2024 03.03.2024 22:42
Hoe kan ‘n vliegtuig se bande van 0 tot 300 km per uur, in ‘n breukdeel van ‘n sekonde versnel, en nie die vliegtuig van koers afdruk nie? Hoe beïnvloed wolkbestuiwing die aarde se temperatuur en weerpatrone?
Hoe verklaar jy dit? 25 Februarie 2024 25.02.2024 22:48
Is daar iets soos visse, of is ons op skool verkeerd geleer? Hoekom kan sperm vir jare gevries word, maar ‘n mens se toon kan nie na ‘n paar ure weer aangeheg word nie, selfs al is dit gevries?
Hoe verklaar jy dit? 18 Februarie 2024 18.02.2024 24:04
Wat maak die lug blou? Hoekom is die lug nie violet nie? Hoekom is sekere haaie warmbloedig, en nie koudbloedig soos meeste seelewende diere nie?
Hoe verklaar jy dit? 11 Februarie 2024 11.02.2024 24:43
Hoekom vreet die wyfie knopiespinnekop die mannetjie? Slaap ‘n dikkop, en kan hulle slange naboots? Is dit waar dat nagape giftig is?
Hoe verklaar jy dit? 4 Februarie 2024 04.02.2024 24:49
Woon jy dalk op ‘n hitte-eiland in Suid-Afrika? Soos Musina… Wat is die marsupialis in die springbok se wetenskaplike naam, Antidorcas marsupialis? Hoekom is die ruimte tussen sterre en planete koud?
Hoe verklaar jy dit? 28 Januarie 2024 28.01.2024 24:57
Het dit al met jou gebeur dat ietsie kleins uit jou hand val en spoorloos verdwyn, of nie naby die plek lê waar jy staan nie? Watter rol speel die aarde se rotasie in hierdie voorbeeld? Hoekom spoeg ‘n spoegslang?
Hoe verklaar jy dit? 21 Januarie 2024 21.01.2024 24:43
Is ‘n Rooi Roman giftig? Hoekom kom die "marsupialis" in die springbok se wetenskaplike naam Antidorcas marsupialis voor? En, Hoe is dit moontlik dat die goue katvis ‘n allen bestaan voer onder die kalahari?
Hoe verklaar jy dit? 14 Januarie 2024 14.01.2024 24:54
Kan die bekende Kaaiman van namakwaland die weer voorspel? Hoekom het brandpaaie in die Wes-Kaap in onbruik verval? En, hoe is dit moontlik dat ‘n wurm uit die dooie liggam van ‘n kokkerot kan klim?
Hoe verklaar jy dit? 7 Januarie 2024 07.01.2024 23:54
Hoekom hou miere van jou toonnaels? Wat is die verskil tussen ‘n spinnekop en insek en hoekom help dit om verstaan? En, Hoe vlieg vliegtuie onderstebo as dit die vorm van die vlerke is wat hulle laat vlieg?
Hoe verklaar jy dit? 31 Desember 2023 31.12.2023 24:56
Hoekom kan ‘n plat lens nie lig fokus nie? Watter rol vervul ‘n bidspringkaan in ekosisteme? En, hoekom lyk ‘n geietjie blink en slymerig, maar is tog droog?
Hoe verklaar jy dit? 24 Desember 2023 24.12.2023 24:41
Wat kan die oorsaak wees van groeter getalle duif-vrektes? Is daar iets soos ‘n giftige akkedis en waar kom hulle voor? En ons dierkundige gaan ‘n vreemde seediertjie van Hermanus identifiseer.
Hoe verklaar jy dit? 17 Desember 2023 17.12.2023 23:34
Waar word kortgolf- en mediumgolflengtes aangewend? Watter soort golwe word vir TV gebruik? En hoekom is ‘n roman insek so rats en aggressief?
Hoe verklaar jy dit? 10 Desember 2023 10.12.2023 24:44
Hoe kan 'n spieël 'n voorwerp agter ‘n stuk papier sien? Hoe weet die spieël die voorwerp is daar? En, indien dit sou gebeur dat muskiete wat Malaria dra die wêreld sou oorneem, wat sal van ons word?
Hoe verklaar jy dit? 3 Desember 2023 03.12.2023 24:57
Hoekom is ‘n skilpad se dop so hard? Hoe kan jy ‘n sonsondergang geniet in jou glas melk? En wat presies is die doel van slakke?
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet