RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 731 Folgen

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Science

Podcast-Website

www.rsg.co.za

Neueste Folge

11. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Hoe verklaar jy dit? 27 Junie 2021 27.06.2021

Ons leer meer van suikerbekkies; ons kenner verklaar hoe ‘n skilpad sonder ribbes asemhaal; en ons hoor hoekom warmwaterpype vinniger vries as kouewaterpype.

Hoe verklaar jy dit? 20 Junie 2021 20.06.2021

Ons vind meer uit oor die wonder van die migrasiepatrone van verskeie diere. Ons hoor of die manlike en vroulike geslagte verskillende evolusiepaaie geneem het. En in ons kitsvraag verklaar ons hoekom jou hart aanhou met klop.

Hoe verklaar jy dit? 13 Junie 2021 13.06.2021

Ons vind uit hoe sekere spinnekoppe elektrisiteit in hulle spinnerakke gebruik om prooi te vang. Hoekom is die lug blou? Ons leer meer oor hoe selle ontdek is.

Hoe verklaar jy dit? 6 Junie 2021 06.06.2021

Ons vind uit wanneer die aarde se magneetveld weer gaan omswaai. Ons leer meer van die pofadder se paringtyd, en Dave Pepler gee wenke gee wat jy op jou volgende sampioensoektog kan toepas om die giftige sampioene te vermy.

Hoe verklaar jy dit? 30 Mei 2021 30.05.2021

Ons kyk na vrae wat handel oor slange wat soos akkedisse lyk of akkedisse wat soos slange lyk. Ons beantwoord 'n vraag wat gaan oor jou lyf wat ‘n antenna is, en wat presies maak ‘n spesie homeotermies of poikilotermies.

Hoe verklaar jy dit? 23 Mei 2021 23.05.2021

Ons kyk na moontlike oplossings vir die gemors wat die Indiese Myna/spreeu veroorsaak, hoor hoekom meer vroue deesdae meer hartaanvalle kry, en bespreek predatore se jagroetines.

Hoe verklaar jy dit? 16 Mei 2021 16.05.2021

Ons luister na die eerste aflewering van die ontdekkingsverhaal van selle, en ‘n medikus verduidelik  wat bilharzia is, wat miljoene mense elke jaar affekteer.

Hoe verklaar jy dit? 9 Mei 2021 09.05.2021

Vind meer uit oor die vervanging van varkharte in menslike hartoorplantings. Ons hoor hoe spesiaal ons as spesie is, en ons gesels oor rotstekeninge en hulle oorsprong.

Hoe verklaar jy dit? 2 Mei 2021 02.05.2021

Sal ‘n supernova die aarde se einde beteken? Ons kyk na verskillende spinnekoplokvalle, en leer meer oor die belang van speeksel.

Hoe verklaar jy dit 25 April 2021 25.04.2021

Wat is ‘n permakultuur? Kan ‘n penis van kleur verander na ‘n penisoorplanting? Hoekom het almal vingerafdrukke?

Hoe verklaar jy dit? 18 April 2021 18.04.2021

Hoe kan jy hondsdolheid oorleef? Waai blaasoppies weg? Sal jou hond saam met jou TV-reekse begin kyk?

Hoe verklaar jy dit? 11 April 2021 11.04.2021

Hoe het olifante wat hul ontstaan in Afrika het, in Indië beland? Hoekom verskil die lesing op jou badkamerskaal as jy op dit klim wanneer die skaal op 'n matjie staan teenoor die lesing as die skaal op 'n harder oppervlakte staan? En, hoe gevaarlik is radiogolwe vir daardie voëls wat so rustig in selfoontorings sit en broei?

Hoe verklaar jy dit? 4 April 2021 04.04.2021

Hoekom word jou horlosie se vermoë om akkuraatheid te behou, beinvloed tydens beurtkrag? Hoekom zoem 'n muskiet as hy nadervlieg om jou te byt? Hoe is die piramides oorspronklik gebou? Wat is die vertakte afbeelding op 'n klippie wat iemand opgetel het?

Hoe verklaar jy dit? 28 Maart 2021 28.03.2021

Wat is die storie van die Koch-sneeukristal? Wat is ‘n fraktaal?  Hoekom word die woord, kalf, gebruik om die kleintjie van ‘n walvis te beskryf? Wil jy meer weet oor mantas?

Hoe verklaar jy dit? 21 Maart 2021 21.03.2021

Wat is die wetenskaplike naam vir die lig van vuurvliegies? Wat is hulle broeipatrone, en hoekom is hulle daar? Wat is die Kambriese ontploffing? Wat is Burgess-skalie?

Hoe verklaar jy dit? 14 Maart 2021 14.03.2021

Wat is die herkoms van die sesvoudige simmetrie van ‘n sneeukristal? Waarmee het dit te make? Hoe is dit moontlik dat die parameters van die heksagon in die sneeukristal so akkuraat dieselfde lengte het? Het ander loopvoëls soos emu’s of rhea’s ook net twee tone aan elke poot, soos byvoorbeeld die volstruis?

Hoe verklaar jy dit? 7 Maart 2021 07.03.2021

Wat is die omgewingsimpak van die vervaardiging van elektriese- teenoor binnebrand-enjins? Is jy bewus dat daar ‘n wêreldmotorspoedrekord opgestel is deur ‘n elektriese motor in 1899, en dat dié kar ‘n snelheid van 105 km per uur bereik het met elektriese aandrywing? Hoe lank hou die battery van ‘n elektriese motor? Bestaan Big Foot werklik?

Hoe verklaar jy dit? 28 Februarie 2021 28.02.2021

Hoe verskil kwantumfisika van ander natuurwetenskaplike wette? Wat is ‘n swart straler? En nee, dit het niks met vliegtuie te make nie. Kan jy die ouderdom van slange bepaal? En, hoe oud kan hulle word?

Hoe verklaar jy dit? 21 Februarie 2021 21.02.2021

Wat is die fossielfonds wat ‘n luisteraar in die Karoo gevind het? Wat is ‘n wolhaar-sambreelswam? En wat is die sampioen wat ‘n luisteraar bo-op ‘n termiethoop gevind het?

Hoe verklaar jy dit? 14 Februarie 2021 14.02.2021

Kon volstruise van staanspoor af nooit vlieg nie? Het jy geweet daar is vandag meer as 60 lewende spesies voëls wat nie kan vlieg nie? Daar is ook minstens drie vluglose uilspesies. En, kan magnetiese armbandjies of slimhorlosies wat bloeddruk, afstand en dies meer meet, ‘n invloed op ‘n mens te gestel hê?

Hoe verklaar jy dit? 7 Februarie 2021 07.02.2021

Wat het bome en klimaatverandering met mekaar te doen? Wat gebeur as die verkeerde bome op die verkeerde plek geplant word? Wat is plek-aangepaste bome? Wat is die verskil tussen ‘n meon en ‘n meson?

Hoe verklaar jy dit? 31 Januarie 2021 31.01.2021

Hoekom is die vleis van ‘n eend donker, en die borsvleis van ‘n hoender wit? Wat is mioglobien? Is reïnkarnasie konsepsueel moontlik? Is daar getuienis wat dit ondersteun?

Hoe verklaar jy dit? 24 Januarie 2021 24.01.2021

Kan ‘n waaier op sigself ‘n vertrek verkoel? Is die omgewingsimpak van ‘n sonstelsel se tegnologie skadelik en blywend?

Hoe verklaar jy dit? 17 Januarie 2021 17.01.2021

Hoe verkaar 'n mens die verspreiding, ewolusie en verwantskappe van vluglose voëls? Is die Madagaskar Olifantvoël nader verwant aan die Nieu-Seelandse kiwi as aan die Afrikavolstruis? Wat moet jy doen as ‘n skerpioen jou steek en daar geen mediese hulp beskikbaar is nie? En, wil jy meer weet oor skerpioene en hulle gif?

Hoe verklaar jy dit? 10 Januarie 2021 10.01.2021

Wat is die oorsaak van haarkleurveranderings by kinders soos hulle grootword? Wat kan jy doen om jou koolstofvoetspoor te verminder in hierdie tyd? Watter produkte het die hoogste koolstofvoetspoor?

Höre den Podcast Hoe verklaar jy dit? in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet