RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 731 Folgen

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Science

Podcast-Website

www.rsg.co.za

Neueste Folge

11. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Hoe verklaar jy dit? 12 Junie 2022 12.06.2022

Wat is ‘n turksvy se voedingswaarde, en kan mens hulle pitte sommer net plant? Waar is die reuse grondgeitjie woonagtig, en hoekom het hulle nie suigkussings op hulle tone nie? Is ‘n sandvlooi gevaarlik vir die mens?

Hoe verklaar jy dit? 5 Junie 2022 05.06.2022

Hoekom verrimpel mense se vingerpunte en tone in warm water? Eet sekere spinnekoppe ander spinnekoppe, en hoe doen hulle dit? Wat is ‘n weerligbal, en wat veroorsaak dit?

Hoe verklaar jy dit? 29 Mei 2022 29.05.2022

Hoe werk geitjies se voete en tone? Watter insekte speel almal ‘n rol in die produksie van heuning? Wat is ‘n molkriek?

Hoe verklaar jy dit? 22 Mei 2022 22.05.2022

Hoekom is ‘n reënboog ‘n boog? Hoe sien ons die verskillende kleure? Ons kyk na 'n sekere mot, en hoekom dit ‘n beskermde spesie is.

Hoe verklaar jy dit? 15 Mei 2022 15.05.2022

Watter kweekhuisgasse is betrokke by aardverwarming, en hoespeel dit ‘n rol hierin? Hoe goed kan vlieë ruik en sien? Hoekom het muskiete nie voorkeure? Waar kom maaiers vandaan?

Hoe verklaar jy dit? 8 Mei 2022 08.05.2022

Watter effek het jou elektriese heining op die fauna en flora van jou omgewing? Ons leer meer oor die Europese spreeus wat Cecil John Rhodes na Suid-Afrika gebring het, en die die genepoel van die luiperd.

Hoe verklaar jy dit? 1 Mei 2022 01.05.2022

Ons paneel kenners verduidelik wat die aarde laat draai; wat swaartekrag is en waarom is die maan se swaartekrag swakker as die aarde s’n is. Ons vind ook uit hoekom voëls so lief is vir ‘n son- en stofbad.

Hoe verklaar jy dit? 24 April 2022 24.04.2022

Weet jy wat ‘n broekmannetjie is? Wat is melanisme en albinisme? Ons vind uit hoe diere diversiteit in hulle genepoel probeer inbring.

Hoe verklaar jy dit? 17 April 2022 17.04.2022

Hoe kan ‘n sandstorm in die Sahara-woestyn ‘n stoflaag op die wit sneeu in Europa veroorsaak? Hoe ver is die horison van jou af? Ons identifiseer klein eiertjies na aanleiding van ‘n foto wat deur ‘n luisteraar ingestuur is.

Hoe verklaar jy dit? 10 April 2022 10.04.2022

Hoekom moet ons verstaan hoe atome lig absorbeer? Behalwe vir muskiete, wat byt jou in die skemertyd? Hoe werk die proses van verassing?

Hoe verklaar jy dit? 3 April 2022 03.04.2022

Hoe weet molle in jou tuin dit is aand? Hoe trek ‘n koningin by en haar trawante? Kan ‘n spook die verklaring wees vir ‘n lig in die nag in in Carnarvon in die Noord-Kaap? Die vraagsteller wonder of dit nie dalk iemand is wat nie tot ruste kan kom nie. Hoor teoretiese fisikus prof. Hendrik Geyer se verklaring van hierdie spookstorie.

Hoe verklaar jy dit? 27 Maart 2022 27.03.2022

Die paneel kenners leer ons meer oor hoe PET-skanderings kanker opspoor en wat om aan ‘n witvliegieplaag te doen. Prof. Le Fras Mouton beantwoord ‘n vraag van Serita Ribeiro van Vanderbijlpark. Sy het foto’s gestuur van ‘n slangetjie wat toe al die tyd ‘n vrylewende hammerkop-platwurm is. Hy is familie van die lintwurm.

Hoe verklaar jy dit? 20 Maart 2022 20.03.2022

Ons leer meer oor die wolfspinnekop wat vir ons uit die gras loer; hoekom net groot krewe gevang mag word; en die voëlgeluide wat papegaaie naboots.

Hoe verklaar jy dit? 13 Maart 2022 13.03.2022

Ons leer meer oor appelslakke se parasitiese eiers waaraan mense nooit moet vat nie. Ons vind oor die bewaring van insekte in Suid-Afrika. Kan jy glo daar is ‘n klip wat dalk jou lewe kan red ná ‘n slangbyt?

Hoe verklaar jy dit? 4 Maart 2022 06.03.2022

Die paneel kenners leer ons meer van nagapies se eetgewoontes en van hulle familiestamboom. En ons gesels  oor platannas – hoe en hoekom hulle nou onlangs Onrus in die Wes-Kaap omtrent oorgeneem het.

Hoe verklaar jy dit? 27 Februarie 2022 27.02.2022

Wat is ambergris? Hoe slaap insekte? Hoe beheer duisendpote hulle pote? Verkies muskiete ‘n sekere bloedgroep bo ander bloedgroepe?

Hoe verklaar jy dit? 20 Februarie 2022 20.02.2022

Die paneel kenners praat oor skemer-strale, of hoe paralelle lyne een word. Ons vind uit oor lewe in boorgatwater, en hoe iguana-akkedisse Madagaskar van Suid-Amerika af bereik het.

Hoe verklaar jy dit? 13 Februarie 2022 13.02.2022

Ons paneel kenners praat oor springkaanplae en wanneer die beste tyd is om dit te bestry; sampioene wat nader aan diere as plante is; en vasodilatasie, of te wel bloos.

Hoe verklaar jy dit? 6 Februarie 2022 06.02.2022

Die paneel kenners praat oor houtbrandende motors, en ons leer meer van die Namakwaland verkleurmannetjie en sy buurman, die sand-dys

Hoe verklaar jy dit? 30 Januarie 2022 30.01.2022

Die paneel kenners leer ons meer van ons reuksintuie; die teepot-effek (daai lastige druppel op die teepot se tuit); hoekom sommige diere maak asof hulle dood is; en die belang van die hyoïedbeen.

Hoe verklaar jy dit? 23 Januarie 2022 23.01.2022

Die span kenners beantwoord luisteraarsvrae oor die sig van slange (en wees gewaarsku van hulle sien goed), erdwurms wat in blikbekers skuil, en hoekom beet jou urine verkleur, maar nie rooiwyn nie.

Hoe verklaar jy dit? 16 Januarie 2022 16.01.2022

Ons kenners gaan ons meer leer van die ontbindingsproses tot die punt waar ‘n walvis ontplof, en ons gaan leer van die slangakkedis - hoekom is dit ‘n akkedis, en nie ‘n slang nie?

Hoe verklaar jy dit? 9 Januarie 2022 09.01.2022

Hoekom kry sommige mense halusinasies ná ‘n aorta-aneurisme? Hoe verloor akkedisse hulle sterte, en hoe werk die regenerasie daarvan? Hoekom is zebras geweldadig teenoor mekaar?

Hoe verklaar jy dit? 2 Januarie 2022 02.01.2022

Die kenners praat oor die temperatuur van meteoriete, veral wanneer dit op jou kopkussing land! Hoekom hou Kapenaars aan om te sê die dassie en olifant is naasverwant?

Hoe verklaar jy dit? 26 Desember 2021 26.12.2021

Ons leer meer van orgaanskenking, en hoe ons almal ‘n skenker is. Ons kyk na die Hadeda en Ibis se ooreenkomste en verskille, en ons ondersoek slange se giftande.

Höre den Podcast Hoe verklaar jy dit? in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet