Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: christianityworks.co.za
Autor
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Kategorie
Podcast-Website
Neueste Folge
12. Okt 2026
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Moenie Wag Nie 26.08.2026 2:50
Send us Fan Mail Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Het jy al ooit gevoel dat jy net nie goed genoeg is om na God toe te gaan nie? Asof jou sondes te veel is; jou mislukkings te groot; jou gebede te oppervlakkig? Ons almal het al so gevoel. Ons het gevoel dat ons onwaardig is om selfs ons oë na die hemel toe op te li...
Hou Aan om sy Lig te Dra 25.08.2026 3:07
Send us Fan Mail Matteus 5:14-16 “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerli...
Watter Prys sal Jy Betaal? 24.08.2026 2:55
Send us Fan Mail Matteus 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, Ons leef in ’n wêreld wat behep is met eie belang. Sorg vir jouself. Beskerm jou eie belange. Moenie toelaat dat enigiemand jou misbruik nie. Is dit nie maar hoe die meeste van ons van dag tot dag leef nie? In die vyftien-honderds het Dirk Wilhelms, 'n Nederla...
Moenie Ophou Nie 23.08.2026 3:02
Send us Fan Mail Jeremia 33:1-3 Die woord van die Here het weer tot Jeremia gekom. Hy was toe nog ingeperk in die binneplaas van die paleiswag. So sê die Here, Hy wat die aarde gemaak en so gevorm het dat dit nie wankel nie, wie se Naam Here is: Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. Die lewe is vol dinge wat ons nie verstaan nie...
Net Een Gebedjie Ver 22.08.2026 2:58
Send us Fan Mail Psalm 116:1-2 Ek het die Here lief, want Hy antwoord my smeekgebed. Omdat Hy na my geluister het, sal ek Hom aanroep solank ek lewe. (NLV) Almal bid wanneer die nood druk — selfs die ateïs in ’n dokter se wagkamer, of die skeptikus in ’n vliegtuig vol turbulensie. Ons almal roep op ’n manier uit na bo. Maar hoe gereeld voel dit nie of jou gebede nêrens heen gaan nie? Asof God net...
Die Vryheid van Gehoorsaamheid 21.08.2026 3:13
Send us Fan Mail Romeine 14:8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Gehoorsaamheid en vryheid is twee idees wat voel asof hulle aan teenoorgestelde kante van die straat bly. Gehoorsaamheid klink na reëls, beperkings en "jy mag nie," terwyl vryheid klink na oop velde en &qu...
Wanneer Dissipline Genade Word 20.08.2026 3:14
Send us Fan Mail Openbaring 3:19-20 Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. Liefde en dissipline - ons bring die twee amper nooit bymekaar uit nie. Ons wil die liefde hê, maar ons is bang vir...
Augustus Nuusbrief 2 19.08.2026 2:10
Send us Fan Mail Goeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Augustus. In moeilike tye soos dié waarin ons vandag leef, wil God hê sy kinders – dis nou ek en jy – moet lewens leef wat betekenisvol is, nè? Hy wil hê ons moet in oorwinning leef. Hy wil hê ons moet dapper opstaan vir Christus. Wanneer ek en jy ons geloof met krag en doelgerigth...
Skoon Huis; Skoon Hart 19.08.2026 2:59
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 7:1 Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy. Daar is niks soos die gevoel wanneer jy by ’n huis instap wat vars skoongemaak is nie - die vloere blink, die lug is skoon en alles is op sy plek. Jy kan weer asemhaal. Die chaos is weg. Dit voel go...
Verlore Maar Nie Vergete Nie 18.08.2026 3:01
Send us Fan Mail Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Het jy al ooit gevoel asof jy; sonder ’n kaart, ’n kompas of enige idee van hoe om by die huis te kom, in die middel van nêrens is? Sover het jy die lewe nog heel goed hanteer - maar skielik lyk niks meer bekend nie. Dit is presies...
Hoe die Alledaagse Iets Besonders Raak 17.08.2026 3:08
Send us Fan Mail Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Kry jy ook soms die gevoel dat jy net nie inpas nie; dat almal se lewens, behalwe joune, jou gesin s'n of jou situasie, normaal lyk? Wel; jy hoef nie...
‘n Teësinnige Bekeerling 16.08.2026 2:48
Send us Fan Mail 2 Samuel 7:22 Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie Wat vat dit om ’n lewe te verander? Vir sommige mense is dit nie slim argumente of lang debatte nie – dis ’n ontmoeting met die lewende God wat jy eenvoudig nie kan ignoreer nie. Een van die bekendste ateïste van die 20ste eeu, die skrywer van die Narn...
Van Intimiteit tot Gehoorsaamheid 15.08.2026 3:01
Send us Fan Mail Psalm 19:15 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. Het jou eie woorde jou al ooit in die moeilikheid gebring? Dink aan 'n aanmerking wat jy gemaak het sonder om te dink, 'n kwaai uitbarsting, of 'n leuen wat aan die begin onskuldig gelyk het, maar later so groot geword het dat jy beheer daaroor verloor het? Ons almal...
God se Voorkomende Beskerming 14.08.2026 2:59
Send us Fan Mail Psalm 25:14-15 Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. My oë is altyd op die Here gerig, want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou. Het jy al ooit vasgekeer gevoel? Asof daar onsigbare nette om jou styftrek, ongeag wat jy doen? Vrees, versoeking, spyt... dit voel soms net onmoontlik om los te breek. Augustinus van Hippo het...
Ek wil Jou ‘n Geheim Vertel 13.08.2026 2:45
Send us Fan Mail Psalm 25:14 Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. Daar is iets vreeslik lekker en aanloklik aan ’n geheim, nè? Om te wag dat iemand jou genoeg vertrou om een te deel, voel kompleet of jy op die drumpel van iets groots staan. Sodra jy deel word van daardie "binnekring", verander alles sommer dadelik. Gedurende die Tweede Wêr...
Wag Hoopvol 12.08.2026 3:19
Send us Fan Mail Psalm 27:14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! Jy ken daardie tye wanneer jy desperaat gewag het dat dinge moet verander? Jy het gebid, maar dit het gevoel of die hemel swyg. Jy het werk gehard, maar niks het verander nie. Soos die wagtyd langer geword het, het jou hoop begin vervaag. Jane Grey Swisshelm, ’n Amerikaanse joernalis en aktivi...
Christus, Ons Bron van Vreugde 11.08.2026 3:16
Send us Fan Mail Psalm 27:4 Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. Die lewe is nie altyd maanskyn en rose nie. Dinge tref ons van alle kante af – spanning en druk, verliese en teleurstellings wat ons nooit vir onsself sou gekies het nie. Bitterheid kan so maklik wortel s...
Vervang Jou Skuldgevoel met Vreugde 10.08.2026 3:02
Send us Fan Mail Psalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Ons het almal al foute gemaak wat ons eerder sou wou uitwis. Jy het; ek het; keuses wat ons gemaak het en wens ons kon terugtrek. Maar hoe dikwels hou ons net aan om op dieselfde pad te loop - die een kompromie ná die ander - eerder as om te stop; om te draai en God om genade te smeek? Dit i...
Moenie die Probleem Voos Dink Nie 09.08.2026 3:07
Send us Fan Mail 1 Petrus 5:7 Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Stres. Druk. Spertye. Rekeninge. Kinders. Verhoudings. Gesondheid. Party dae voel dit of jy die hele wêreld op jou skouers dra. En dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, die vrag word net al hoe swaarder. Lê jy ook soms snags wakker en laat dieselfde probleem soos ‘n wysie, oor en oor in jou kop afspeel?...
Stap in Genade In 08.08.2026 3:14
Send us Fan Mail Johannes 6:28-29 Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?” En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.” Jy dink dalk dis ’n vreemde ding vir my om te sê, maar ek gaan dit in elk geval sê: godsdiens sal jou uitput. Jy sal jouself stokflou maak as jy reëls en rituele wil volg en dit sal boono...
Vir Jou Eie Beswil 07.08.2026 2:39
Send us Fan Mail Jesaja 48:17 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan Die lewe is vol mense wat vir jou wil sê wat om te doen - van base en politici tot beïnvloeders op sosiale media. Almal het raad en almal het ‘n plan vir jou lewe. Maar die groot vraag is: na wie luister jy regtig?...
Slim is nie Genoeg Nie 06.08.2026 2:30
Send us Fan Mail Jakobus 3:13 Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. Dis vreeslik maklik om met groot woorde of intelligente argumente slim te probeer klink. Maar ware wysheid gaan nie oor wat jy sê nie; dit gaan oor hoe jy leef. Ek was self nog altyd vinnig met 'n slim antwoord. Dit...
Augustus Nuusbrief 1 05.08.2026 2:52
Send us Fan Mail Goeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir Augustus. Soms is dit nodig dat ons tot stilstand kom, sodat die Here sy herstelwerk kan doen. Hier is die storie van een van ons luisteraars wat na 30 jaar in die polisiemag self in 'n baie donker gat beland het - en hoe die Here deur die werk van Christianityworks sy lewe han...
Moenie Screwtape laat Wen Nie 05.08.2026 3:01
Send us Fan Mail Filippense 4:8 Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. (NLV) Het jy al gesien hoe vinnig ’n mens vasgevang word in al die politieke stryery, die skinderstories op sosiale media of ander mense se foute? Jy kyk na die nuusopskrifte, lees die kommentaar onderaan en skud net jou kop. Voor jy jou oë uitv...
Die Paradoks van Genade 04.08.2026 2:39
Send us Fan Mail Jakobus 4:6 Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” Trots is 'n skelm ding – dit bekruip jou ongemerk. Dis juis gevaarlik wanneer dinge goed gaan; wanneer mense vir jou hande klap, of wanneer jy daardie gevoel kry dat jy uiteindelik jou lewe uitgesorteer het. Maar hier is die ding: trots lieg vi...
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet