Cape Pulpit / Kaapse Kansel
GET UP & GO BREAKFAST - RUDI NAGEL
Rudi is 'n man wat daarvan hou om dit wat hy uit die Woord en uit die lewe leer, met ons te deel. Rudi doen dit elke Dinsdag oggend met 'n nuwe tema wat ons gebedslewe sal versterk.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: capepulpit.co.za
Autor
Cape Pulpit / Kaapse Kansel
Kategorie
Podcast-Website
Neueste Folge
22. Sep 2026
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Rudi Nagel - Dwergbroodboom Dissipelskap - 23 Jan 2024 23.01.2024 10:16
Die dertig sentimeter hoë Dwergbroodboom herinner ons dat ook ons lewens drome gedisspel kan word. Jou waarde lê nie in jou posisie en status nie. Hy stap 'n pad met jou. Deel van hierdie pad behels vir my dat ek een of meer vertrouelinge toelaat om in elke deel van my lewe in te spreek.
Rudi Nagel - Kameeldoring Kibbutz 16.01.2024 10:05
Geleerde Bybelkenners het die voorreg om baie agtergrond kennis te kon opdoen, Maar elke Kaalvoet Klonkie het volle toegang tot ons Vader. Hy wil Homself aan ons elkeen bekend maak. Gaan jy saam op ontdekkingsreis?
Rudi Nagel - Uitkap en Uitsien 09.01.2024 9:44
Ondankbare klagtes en ontevredenheid kom spontaan by ons op, soos indringerbome. Vroeg in die nuwe jaar, en elke dag hierna, het ons die keuse om aan te hou of op te hou. Kom ons vervang indringers met met 'n uitsien verwagting: Wat gaan ons Goeie Vader volgende doen?
Rudi Nagel - Rateltaai Rosyntjiesbos: 12.12.2023 10:15
Dra 'n Rosyntjiebos Rosyntjies? Het 'n Ratel 6 wiele of 4 pote? Daar is die begeerte om te weet: wat is feite, wat is flaters ? En dan is daar soms die verlange om soms te wil vergeet. Daar is dalk tydelike vergeet wat 'n oormaat drank kan bied, maar Vader wil meer as net 'n verdower wees. Kom ons kom oop en eerlik voor ons Geneesheer!
Rudi Nagel - Rosa Rosarium 05.12.2023 10:15
"To tree or not to Tree'' is iets wat ons vir die Roos "Boom" vra. ''To soldier or not to Soldier for our country'', is 'n vraag wat ek as jong man eintlik moes gevra het. Verblindende patriotisme het my destyds verhoed om te vra waarom ek die wapen opneem teen my mede-landsburgers. Wat verhinder my vandag om te vra "can I dance while praying?"
Rudi Nagel - Apiesdoring Applous 21.11.2023 9:50
My goeie skoolvriend se jong jare was dikwels vol aapstreke. Ek en hy woon 'n Jeugkongres in Washington DC by. Sedertdien vervang onbaatsugtigheid my vriend se onnutsigheid. Kom staan onder die Apiesdoring om te hoor...
Rudi Nagel - Kiaat Katalis 14.11.2023 9:57
"A Tree is a seed that took a stand!" My beginjare met die Here, was loop, val, opstaan en dan maar weer omval. 'n Katalis het my gehelp om te staan en te groei. Hierdie katalis is eenvoudiger , tog ingrypender as verwag... Ek deel so graag hierdie saad met jou , wat selfs meer waardevol as kiaathout is..
Rudi Nagel - Terwyl Geen meisie wil vertoef, wil elke Mango Groove. 07.11.2023 10:01
Ek en my skool maats is enkel lopend, mango's is asemrowend en Mango groove is ooglopend. Tussen al hierdie Lopende sake, Staan baie verhoudings in ons lewens en in ons land stil. Hou op om te probeer beïndruk en beheer en begin eerder saam geniet, saam move en groove.
Rudi Nagel - Pere of Gewere, voel ek dan Vere? 31.10.2023 10:08
Terwyl ek en my spierwit skoolmaats onder 'n peerboom gestaan en praat het oor meisies en dinge, was my bruin en swart tydgenote dikwels aan gewere en gevare op hul skoolterrein blootgestel...
Rudi Nagel - Om te Stamboom 24.10.2023 10:07
Om te Stamboom 'n Groot deel van wie ek is, het te make met my herkoms en ook met my voorouers. Ek leer egter nog daagliks dat ek meer is as net 'n afstammeling. Ek is ook ingeënt...
Rudi Nagel - My Nooi is in 'n Nartjie 17.10.2023 15:57
Drie Digters gee rigting aan ons gesprek. Die eerste digter met pen en papier. Die ander twee digters is met penwortel en blomme versier.
Rudi Nagel - Mnr Besembos Bekker 10.10.2023 16:13
Met 'n besem in die hand en 'n vraag in die hart, stel ek Mnr Bekker bekend. Gaan my besembos se jaarringe so lank sigbaar bly soos hierdie besondere man s'n?
Rudi Nagel - Agter die Kap van die Byl kom 03.10.2023 16:58
Na heelwat 'stomp' gesprekke, wil ek skerper word. Bosbouers en houtkappers besoek Psalm-Saam 'n paar mylpale. Dan die moeilikste vraag: hoekom doen ek die dinge wat ek doen?
Rudi Nagel - Soetdoring Stilgeboorte 26.09.2023 16:19
Daar is Soet en daar is Dorings in die Lewe. Is daar steeds geboorte in ‘n Stilgeboorte?
Rudi Nagel - Afgestompte Akasia 19.09.2023 15:49
Ek en jy stap Psalm-Saam tot by 'n Afgestomte Akasia. Nadat ek 'n paar herinneringe deel, vra ek myself af: "Is Vader se onbeskryflike glorie vervelig?'' Sommige dinge kan my woorde net nie bykom nie... Kom bedink die vraag saam met my.
Rudi Nagel - Ek in my klein Boompie 12.09.2023 15:42
Hoe beinvloed gelowiges hul wye wêreld, sonder om “wêrelds” te raak? Ons kyk ook Psalm- Saam na wat als in 1975 gebeur het.
Rudi Nagel - Boompie vir Eensames 05.09.2023 16:58
Balade vir ‘n Enkeling. Een is ‘n Heelgetal. Enkellopend is nie half-gebak. Hoe dink die Drie-Enige God oor alleen wees?
Rudi Nagel - Anti- Meranti 29.08.2023 15:42
Meranti is gawe hout. ''Aunties'' is gawe Tantes. As ek ''anti" iets is, is ek daarteen. Daar is nog 'n ander, belangrike manier om "anti" te verstaan.
Rudi Nagel - Mahonie Polonie 22.08.2023 15:58
Mahonie (Mahogany) is duursaam. Polonie is alledaags. As die lewe jou stamp, is dit wat uitkom duursaam of is dit nietig?
Rudi Nagel - Gestuite Stompe 15.08.2023 12:19
Wat as dit nie net 'n klein , ligte stampie is wat jy kry nie? Na Wie gaan ek as ek 'n vernietigende stamp beleef?
Rudi Nagel - Gestampte Stompe 08.08.2023 15:47
As 'n motor 'n stamp kry, is daar 'n paneelklopper om dit reg te maak . Wat kom uit jou binneste te voorskyn, as die lewe jou 'n stamp gee?
Rudi Nagel - Makadamia Mike 01.08.2023 14:02
Rudi se ontmoeting met Mike, 'n Malawise Makadamia boer, laat hom wonder. Verkies hy 'n afgerammelde wegneemete of 'n gebalanseerde feesmaal?
Rudi Nagel - Stompe en Stampe 25.07.2023 13:30
Ons trek weg in Psalm 68, en maak 'n vinnige draai in 1968. Dan gaan sit ons op 'n Boomstomp om te dink. O, die sekerheid wat verwondering kan bring!
Rudi Nagel - Inni Bos 18.07.2023 13:41
Bosvelde-en Bos-feeste. Kaggelhout en kaggel-goud. Jy is meer werd as goud, daarom dat jy gesuiwer word!
Rudi Nagel - Sneeu, Snoei en Bloei 12.07.2023 13:56
Seisoene, terugsny en ander genades. Dit voel of jy bloei, todat jy begin groei.
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet