RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
RSG Landbou: Die plaaslike suiwelbedryf 23.07.2026 24:02
23 Julie 2026: Nieu-Seeland, Australië, die VSA, Europese Unie en Argentinië is sleutel suiweluitvoerlande. Volgens die jongste statistiek van die Wêreld Monetêre Fonds is daar vir die eerste keer is baie jare ‘n sterk groei in onverwerkte melkproduksie. Wat beteken dit vir die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf ? Melk SA se jaarlikse Lacto Data-verslag verskaf inligting oor die struktuur, prestasie en...
RSG Landbou: Is SA gereed vir volgende voëlgriepuitbreking? 22.07.2026 25:07
22 Julie 2026: Is Suid-Afrika gereed vir die volgende voëlgriepuitbreking? ‘n Webinaar is onlangs hieroor aangebied. ‘n Bonsmara-produsent van die Roedtan-omgewing in Limpopo vertel hoe hulle die afgelope jaar se uitdagings in die veebedryf hanteer het. Volgens Johan Boshoff van Sebadja Bonsmaras gee die hoër speenkalfprys hulle weer moed. Hy vertel ook van hulle veilingsaanbod van 7 Augustus op d...
RSG Landbou: Dohne-Merino Wêreldkongres in SA; Samewerking tussen veekundiges en veeartse 21.07.2026 23:13
21 Julie 2026: Suid-Afrika bied vanjaar vir die eerste keer die Dohne-Merino Wêreldkongres aan. Dit vind laat in Oktober in die Wes-Kaap plaas. Wikus Bekker van Crux Dohnes in die Edenburg-distrik deel sy opgewondenheid oor dié kongres, én vertel wat op aanbod is by hulle veiling op 30 Julie 2026. ‘n Paneelbespreking by die jaarkongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Veekunde, het gefokus o...
RSG Landbou: Veeplaas en Stockfarm studentevasvra; Aartappelproduksie 20.07.2026 24:37
20 Julie 2026: Die 56ste jaarkongres van die Vereniging van Veekunde het vanjaar in Kaapstad plaasgevind. Een van die hoogtepunte van die kongres is die Veeplaas en Stockfarm studentevasvra. Noordwes-Universiteit, die Universiteit van Pretoria en Stellenbosch Universiteit was die top drie universiteite. Maar wie het as wenners uit die stryd getree? Die Oos-Vrystaat het in Junie die meeste aartappe...
RSG Landbou: Landbou Innovasie Hub in Stellenbosch 18.07.2026 11:16
18 Julie 2026: Die Landbou Innovasie Hub is enig in sy soort in Suid-Afrika. Hierdie nuwe sentrum is tot stand gebring om jongmense ‘n plek en geleentheid te gun om met landbou-oplossings vorendag te kom. Dit sluit in sagteware-ontwikkeling, grondbestuur en selfs die ontwerp van nuwerwetse uitrustings vir vrouelandbouers. Pieter Brune is op ouderdom 29 een van die landbou-innoveerders wat aan stuu...
RSG Landbou: Nutriënte en lekaanvullings; Wetenskap en tegnologie in wynbedryf 17.07.2026 25:11
17 Julie 2026: Veekundige dr. Chris de Brouwer praat oor noodsaaklike nutriënte en lekaanvullings in vleisbees-produksiestelsels. Ons vind ook uit wat die verskil tussen ‘n os en ‘n bul is. Gerard Martin van South Africa Wine verduidelik hoe wetenskap en tegnologie help om die bedryf meer volhoubaar, mededingend en gereed vir die toekoms te maak.
RSG Landbou: Tafeldruifkonferensie; Nematodes 16.07.2026 21:51
16 Julie 2026: Die eerste konferensie vir Suid-Afrika se tafeldruifbedryf word vroeg in Augustus op Franschhoek aangebied. Talitha Venter van die SA Vereniging vir Wingerd- en Wynkunde het die besonderhede. Nematodes is mikroskopiesklein ronde- of aalwurms wat in grond, water en plantweefsel voorkom. Sommige is uiters voordelig, terwyl ander groot skade kan aanrig. Nematode-monsterneming en diagno...
RSG Landbou: Geelvet by beeste; Ons praat met die Minister van Landbou, Willie Aucamp 15.07.2026 21:16
15 Julie 2026: Hoe ontwikkel geelvet by beeste? Is dit gesonder as witvet? ‘n Rooivleisprodusent van die Lindley-omgewing in die Vrystaat, Pieter Meyer, is aangestel as voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie in dié provinsie. Ons vind meer uit oor hom en sy visie. Die Departement van Landbou het 'n skikkingsooreenkoms met die landbou-organisasies, Saai, Vrystaat Landbou en Sakeliga ber...
RSG Landbou: Aartappelproduksie in die Sandveldstreek 14.07.2026 23:23
14 Julie 2026: Die Sandveldstreek in die Wes-Kaap is die enigste gebied in die land waar aartappels dwarsdeur die jaar geproduseer word. Ons kuier by Stephan & Seun familieboerdery om meer uit te vind oor die groei en sukses van dié boerderybesigheid. Nelius Ferreira van Ferrero Bonsmaras praat oor hulle produksieveiling op 21 Julie op die plaas Grootdraai in die Harrismith-omgewing. Nelius is ook...
RSG Landbou: Nuwe toepassing vir aanteken van reënvalsyfers 13.07.2026 23:54
13 Julie 2026: Die aanteken van reënvalsyfers en die verstaan van reënvalsiklusse kan ‘n boer help om sy plaas beter te bestuur. Dr. Justin du Toit van Grootfontein Landboukollege het ‘n toepassing ontwikkel wat hy gratis aan boere beskikbaar stel vir die aanteken van reënvaldata. ‘n Span jong navorsers aan die Universiteit van Pretoria ontwikkel ’n gesondheidsaanvulling wat sitrusskilafval omskep...
RSG Landbou: SA aan voorpunt van ontwikkeling van alkoholvrye wyn 11.07.2026 13:46
11 Julie 2026: Ons klink ‘n glasie op die ontwikkeling van alkoholvrye wyn. Dié wêreldwye tendens word tans nagevors, met Suid-Afrika aan die wetenskaplike voorpunt. Ineke Herholdt is op ouderdom 24 doenig met haar doktorale studies wat te make het met mondgevoel. Wessel du Toit is ‘n vol professor in wynkunde by die departement wingerd en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is onlangs...
RSG Landbou: Aanpassing aan uitreik van permitte vir brandbestryding 10.07.2026 22:06
10 Julie 2026: Jaco Thuynsma, bestuurder van Brandondersteuningsdienste by die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, het onlangs sy 40ste diensjaar in brandbestryding gevier. Hy verduidelik dat daar onlangs ‘n aanpassing gemaak is wat verband hou met die uitreik van permitte. Die Jack Human Bewaringslandbouweek word van 5 Augustus af aangebied. Ons vind uit waarna produsente en belanghebbers kan...
RSG Landbou: Die belangrikheid van oorplaatjies vir diere 09.07.2026 24:24
9 Julie 2026: Waarom is ‘n unieke oorplaatjie vir ‘n dier so belangrik/ Wat maak dit uniek? Wat gebeur daarmee wanneer daardie dier verkoop word? Rachelle Cloete van GMP Basic beantwoord ‘n paar vrae oor dié belangrike onderwerp. Ons gesels ook met Arthur de Villiers van AG Bonsmara in die Vrede-distrik oor hulle praktiese boeredag op 14 Augustus. Chris Derksen is op sy pos met nuus oor die week s...
RSG Landbou: Bek-en-klouseer-situasie in W-Kaap; Voerwenke 08.07.2026 20:10
7 Julie 2026: Ons was by Overberg Agri se Bulk en Blêr-boeredag op Moorreesburg, waar die bek-en-klouseer-situasie in die Wes-Kaap ter sprake gekom het, Staatsveearts dr. Leana Janse van Rensburg gee terugvoer. Het jy geweet voedingsprobleme naby lam- of kalftyd kan tot groot produksieverliese lei? Ashley Grimsell van Voermol Voere het by dié boeredag ‘n paar voerwenke gedeel. Wat behels die senso...
RSG Landbou: Sybokhaarbemagtigingstrust; Navorsingsprojek oor intensiewe stelsels 07.07.2026 22:46
7 Julie 2026: Die deelnemers aan die Sybokhaarbemagtigingstrust se produksie het die afgelope jaar met meer as 20% gegroei. Die sukses van dié trust is tydens die onlangse Sybokhaar SA-kongres op Graaff-Reinet uitgelig, en ons het daar met van die deelnemers gesels. Verbruikers glo dikwels dat intensiewe stelsels die welstand van ‘n dier beïnvloed. ‘n Navorsingsprojek is deur Stellenbosch Universi...
RSG Landbou: Tegnologie vir die sybokhaarprodusent; Toekoms van plattelandse landbouskoue 06.07.2026 25:01
6 Julie 2026: Tegnologie kan groot voordele vir die sybokhaarprodusent inhou, sê die stigter van House of Fibre, Pierre van der Vyver. Hy tree as hoof van dié instansie af, maar sy jarelange kundigheid is nie vir die bedryf verlore nie. Ons het by Sybokhaar SA se kongres op Graaff-Reinet met hom gesels oor sy loopbaan en die pad vorentoe. Agri-Expo het onlangs hulle ledeskoukongres aangebied. Volg...
RSG Landbou: Die Vroue Landbouvereniging 04.07.2026 13:27
4 Julie 2026: Ons vier ons die Vroue Landbouvereniging. Het jy geweet dat talle vroue buite die landbousektor by hulle aansluit, deels om eendersdenkende vroue se humanitêre hulpverleningpogings te steun?
RSG Landbou: Geveg teen bek-en-klouseer besig om vrugte af te werp 03.07.2026 20:17
3 Julie 2026: Pogings word voortgesit om bek-en-klouseer die nekslag toe te dien. Noue samewerking tussen boere, veeartse en die regering is besig om vrugte af te werp. Die minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, bring ons op hoogte van die stand van sake. Ons hoor wat alles in die jongste uitgawe van die gratis landboutydskrif, Agriprobe, gelees...
RSG Landbou: Netwerkgeleenthede by drie universiteite 02.07.2026 24:14
2 Julie 2026: Studente, gegradueerdes en nagraadse studente het die geleentheid om eersdaags by drie Suid-Afrikaanse universiteite met rolspelers van die landbousakewêreld te praat. Marianne van der Laarse van Agrijob gee besonderhede. Ons praat met André van der Heyde oor die Boschoek Bonsmara en Vriende-produksieveiling op 17 Julie by Bela-Bela, en met Don McHardy van Reeba Red Booster Beef oor...
RSG Landbou: Implikasies van bek-en-klouseer-beheermaatreëls 01.07.2026 23:02
1 Julie 2026: Die minister van landbou, John Steenhuisen, het op 24 Junie die langverwagte beheermaatreëls vir die bestuur van bek-en-klouseer afgekondig ingevolge Artikel 9 van die Wet op Dieresiektes. Wat is die implikasies daarvan vir die landbousektor, veral vir beesvleisprodusente? Die impak van verhoogde koolstofdioksiedvlakke op weiding is in talle streke van Suid-Afrika duidelik sigbaar. D...
RSG Landbou: Ou en onbruikbare plaagdoders gratis verwyder 30.06.2026 24:53
30 Junie 2026: Produsente in Noordwes, Mpumalanga en Limpopo kan nou ou en onbruikbare plaagdoders gratis laat verwyder. CropLife SA se Program vir Produkverantwoordelikheid bied hierdie diens tot einde Julie vanjaar gratis aan. Dr. Gerhard Verdoorn verskaf meer besonderhede. Hoe herstel ’n sektor soos die wynbedryf van vloedskade, en hoe beplan hulle vir uitdagings soos die laer-alkohol-beweging,...
RSG Landbou: SA produseer meer as 50% van die wêreld se sybokhaar 29.06.2026 22:38
29 Junie 2026: Het jy geweet Suid-Afrika produseer meer as vyftig persent van die wêreld se sybokhaar? Sybokhaar SA het onlangs op Graaff-Reinet kongres gehou, en ons hoor waarom Suid-Afrikaners trots kan wees op dié bedryf. Inskrywings vir die jaarlikse Lewendehawe Registrerende Federasie en Santam se Stoetteler van die Jaar-kompetisie sluit op 17 Julie. Die hoofbeoordelaar, prof. Frikkie Neser,...
RSG Landbou: Morgan Steyn van De Grendel 27.06.2026 13:10
27 Junie 2026: Morgan Steyn, wynmaker by De Grendel, is ‘n jongman wat hom uitleef met behulp van tydvereerde tegnieke. Op 32 het landbou hom ‘n paspoort na die wêreld gegee. Al die internasionale uitnodigings wat hy kry, is ’n bewys van sy kundigheid.
RSG Landbou: Jack Human Bewaringslandbouweek 26.06.2026 22:33
26 Junie 2026: Jack Human word beskou as die pionier van bewaringslandbou in Suid-Afrika. Hy was 65 toe hy in 2015 ná ’n fratsongeluk op sy plaas oorlede is. Die Jack Human Bewaringslandbouweek word in Augustus aangebied. Professor Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou, vertel waarna produsente kan uit...
RSG Landbou: Boranbeeste; landbou-opleiding 25.06.2026 24:33
25 Junie 2026: Daar is tans 55 000 aktiewe geregistreerde Boranbeeste in Suid-Afrika. Gerrit Potgieter van die Boran-beestelersgenootskap van Suid-Afrika gesels oor die prestasie van dié ras, en van hulle nasionale veiling op 10 Julie in Pretoria. Shaun Welmans van Agri Skills Transfer verduidelik waarom praktiese opleiding so belangrik geword het in die moderne landboubedryf. Die plaagbeheer-oper...
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.