RSG

RSG Landbou

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Society

Podcastens hjemmeside

www.rsg.co.za

Seneste episode

19. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

RSG Landbou: Twee landbouministers 19.09.2026

19 September 2026: Ons praat met die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, en nasionale minister van landbou, Willie Aucamp. Hulle praat oor tariefonderhandelings en die stand van sake met bek-en-klouseer.

RSG Landbou: Nampo Kaap 2026 18.09.2026

18 September 2026: RSG Landbou saal af by Nampo Kaap op Bredasdorp, en gesels met die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, die hoof van die Departement Landbou Wes-Kaap, dr. Mogale Sebopetsa, die hoof van GraanSA, dr. Tobias Doyer, die hoof van AgriSA, Johann Kotzé, en die burgemeester van die Overberg Distriksmunisipaliteit, Sakkie Franken.

RSG Landbou: Brahman-bul vir R220 000 opgeveil 17.09.2026

17 September 2026: Bykans 400 mense het die Brahman-beestelersgenootskap se nasionale veiling duskant Potchefstroom bygewoon. Een van Carla de Kock van Serfbred Brahmane se bulle het die hoogste prys van R220 000 behaal. Sy vertel wat dié bul so uniek maak. Produsente in die Wes-Kaap het die afgelope week se reën verwelkom, maar hoe lyk die vooruitsigte? Johan van den Berg is soos altyd op sy pos...

RSG Landbou: Pampoen wat 653 kg weeg; Rooivleisbedryf in N-Kaap 16.09.2026

16 September 2026: Het jy al gehoor van ‘n pampoen wat 653 kg weeg? Wykus Lamprecht het dié reusepampoen op sy erf in Meyerton gekweek. Hy is die wenner van vanjaar se Goliat van Gat-pampoenkompetisie, en ons hoor wat dit behels om so ‘n produk te lewer. Hoe gaan dit met die rooivleisbedryf in die Noord-Kaap, en wat kan boere doen om hulleself in ’n beter posisie te plaas om die beste pryse moontl...

RSG Landbou: Is boere veerkragtig genoeg om El Niño te hanteer? 15.09.2026

15 September 2026: Landbou in die Noord-Kaap het ‘n goeie seisoen met bogemiddelde reënval agter die rug, en produsente pluk reeds die vrugte daarvan. Die vraag is egter of produsente veerkragtig genoeg is om die voorspelde El Niño-verskynsel te hanteer. Die Overberg Agri Herkouerdag het in Augustus by die Roodebloem Proefplaas naby Caledon plaasgevind. Winsgewende en volhoubare herkouerproduksie...

RSG Landbou: Agri Noord-Kaap Jongboer van die Jaar 14.09.2026

14 September 2026: ‘n Rosyntjie- en pekanneutprodusent van die Groblershoop-omgewing is as Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar aangewys. Rean Clasen sien ‘n blink toekoms vir landbou in Suid-Afrika. Ons hoor wat die Nu-Alcade Bonsmara-groep vir hulle veiling van 24 September by die Warmbad Veemark beplan. Dr. Pieter Swanepoel van die Universiteit Stellenbosch het by vanjaar se Overberg Agri H...

RSG Landbou: Die verband tussen landbou en Game of Thrones 12.09.2026

12 September 2026: Wetenskaplikes is besig met navorsing wat verband hou met uitgestorwe diere, wat groot voordele vir die wildbedryf kan inhou. Wat die oudste landdiere betref, is daar ‘n fassinerende verband tussen wetenskap en Game of Thrones!

RSG Landbou: Watter land voer die meeste rooibos in? 11.09.2026

11 September 2026: Tien miljard koppies rooibostee word jaarliks gedrink. Hierdie eg Suid-Afrikaanse produk word na 50 lande uitgevoer. Adele du Toit van die SA Rooibosraad vertel watter land meeste rooibos invoer. Kachne Ross van South Africa Wine praat oor die waarde van menseontwikkeling in landbou.

RSG Landbou: Verbruikersvoorkeure onder loep by Wagyu-wêreldkonferensie 10.09.2026

10 September 2026: Suid-Afrika is besig om sy vere reg te skud vir die Wagyu-wêreldkonferensie op 13 en 14 Oktober in die Kaap. Vleis sal beslis in die kollig wees, en daar sal onder meer gekyk word na die Wagyu-karkas en verbruikers se voorkeure. B2 Bonsmaras en El Tauro Bonsmara-stoet bied op 18 September hulle gesamentlike veiling in Kimberley aan. Johan van den Berg is oudergewoonte terug met...

RSG Landbou: Vaardigheidsontwikkeling in die wynbedryf 09.09.2026

9 September 2026: Boerdery is nie ‘n gewone besigheid nie. Dis ‘n gespesialiseerde bedryf, en soos ‘n boerdery groei en verander, behoort jou versekering ook daarby aan te pas. Old Mutual Insure is vanjaar by Nampo Kaap, en Lieza Barnard nooi jou uit om by hulle stalletjie aan te klop om met hulle hieroor te gesels. Wanneer ons oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse wynbedryf praat, draai die ges...

RSG Landbou: Vleisbees-presteerderstoekennings; Presisieboerdery; KI 08.09.2026

8 September 2026: Die Landbounavorsingsraad se Vleisbees-presteerderstoekennings bestaan al langer vier dekades. Dit fokus veral op die genetiese verbetering van kuddes. Daar is agt kategorieë in vanjaar se aflewering. Presisieboerdery en die risiko’s verbonde aan kunsmatige intelligensie het by die onlangse Agri Noord-Kaap-kongres ter sprake gekom. Ons het daar met dr Jaco du Toit van Akademia ge...

RSG Landbou: SA Stamboek Trailblazer; Agri Spoor 07.09.2026

7 September 2026: SA Stamboek bied vanjaar weer hulle Trailblazer-geleentheid aan op 28 en 29 Oktober in Bloemfontein. Dié toekennings het ten doel om rekordhouding en innovasie in die wêreld van diereverbetering te erken. Het jy al van Agri Spoor gehoor? Enige lid van die publiek kan probleme soos swak paaie, veediefstal, kragonderbrekings en veiligheidskwessies op dié platform rapporteer. Janine...

RSG Landbou: Jongboer Christi van den Heever 05.09.2026

5 September 2026: Christi van den Heever is drie jaar gelede aangewys as Jongboer van die Jaar in die Wes-Kaap. Hy boer vir Graaff Fruit as landgoedbestuurder op die plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld. Volgens hom is daar heelwat ooreenkomste tussen Springbok-toetsrugby en landbou in Suid-Afrika.

RSG Landbou: Nampo Kaap; Koning Charles smul aan SA-wyn 04.09.2026

4 September 2026: Toit Wessels, een van die organiseerders van Nampo Kaap, vertel waarna ons volgende week kan uitsien in Bredasdorp. Karin Kleinbooi, Uitvoerende Bestuurder Inklusiwiteit en Ontwikkeling by South Africa Wine, vertel van die Suid-Afrikaanse wyn wat deur Koning Charles gekies is om later vanjaar by sy verjaardagviering bedien te word.

RSG Landbou: Wagyu-wêreldkonferensie 03.09.2026

3 September 2026: ‘n Medeprofessor in vleiskunde aan die Universiteit van Idaho in Amerika, dr. Phil Bass, is een van die sprekers by die Wagyu-wêreldkonferensie wat in Oktober in die Wes-Kaap plaasvind. Hy is bekend vir sy kennis van karkasse, waardetoegevoegde snitte en spierprofilering. Ons hoor waarna konferensiegangers kan uitsien. Hendrik Meyer praat oor Rhenostervallei en Beef on Grass se p...

RSG Landbou: Suiwelbedryf berei voor vir regulatoriese oorgang 02.09.2026

2 September 2026: Die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf berei tans voor vir ‘n regulatoriese oorgang. Aspekte soos produkklassifikasie en etikettering word hervorm. ‘n Voorbeeld hiervan is die vetklassifikasie van vla wat aangedui moet word. Anneke van Niekerk van Melk SA verduidelik wat die produsent, verwerker en verbruiker kan verwag. Plantgesondheid is ‘n sleutelfaktor by kuilvoeropbrengs, sê HW Be...

RSG Landbou: Arbeidswetgewingnakoming in die Kaapse Wynland-distrik 01.09.2026

1 September 2026: Die Departement van Indiensneming en Arbeid in die Kaapse Wynland-distrik, het in Augustus 2026 ’n werkswinkel met boere, werkgewers en arbeidsmakelaars in die Langeberg munisipale gebied aangebied. Plase in en rondom Robertson en die Langeberg is ook besoek om arbeidswetgewing se nakoming te monitor. Advokaat John Jacobs verduidelik wat die proses behels, en wat die besoeke opge...

RSG Landbou: Die wêreldwolbedryf 31.08.2026

31 Augustus 2026: Het jy geweet 1952 was ‘n hoogtepunt vir die wêreldwolbedryf as gevolg van die Koreaanse Oorlog? Ons het by die Nasionale Wolkwekersvereniging se jaarkongres met Izak Staats van BKB hieroor gepraat. Die vleisbeesbedryf funksioneer in ‘n dinamiese omgewing. Markdruk, veesiekterisiko’s en veranderende verbruikersverwagtinge is van die faktore wat ‘n impak op dié bedryf het. Vanjaar...

RSG Landbou: Toename in die gebruik van hout 29.08.2026

29 Augustus 2026: ‘n Toename in die gebruik van houtprodukte in konstruksie, bied opwindende geleenthede vir produsente en navorsers. Professor Brand Wessels van die Universiteit Stellenbosch, en . Keenan Nefdt, ‘n doktorale student by die US se Departement Houtkunde, sluit by ons aan.

RSG Landbou: George-landbouskou; Nampo Kaap 28.08.2026

28 Augustus 2026: Landbouskoue en die vervoer van diere in ‘n tyd van bek-en-klouseer is sake wat die president van die George-landbouskou, Corne Botha, graag bespreek. Hy vertel van die lesse wat hulle in dié verband geleer het by die afgelope skou in die Suid-Kaap. Henk Aggenbach, die voorsitter van die Nampo Kaap-reëlingskomitee, vertel waarna ons vanjaar kan uitsien van 9 tot 12 September in B...

RSG Landbou: Praktiese landbou-ervaring is net so belangrik as teoretiese kennis 27.08.2026

2t Augustus 2026: Praktiese landbou-ervaring is net so belangrik as teoretiese kennis. Volgens Shaun Welmans van Agri Skills Transfer gaan dit oor relevansie en selfvertroue in die veld. Die Noord-Kaap Veldramprojek is in 1985 daargestel om funksioneel-doeltreffende ramme aan produsente beskikbaar te stel, wat op die veld grootgeword het, aangepas is en op ‘n wetenskaplike wyse geselekteer is. Hul...

RSG Landbou: 'Kén ‘n ongedierte om hom te kan bestuur' 26.08.2026

26 Augustus 2026: Kén ‘n ongedierte om hom te kan bestuur. Só sê Johannes Pienaar van die Predasiebestuursforum. Ongediertebestuur bly ‘n probleem op plase, en daarom bied dié forum kursusse aan om grondeienaars te help om eers die dier te identifiseer, voor verdere stappe gedoen word. Rooivleisbedryfsdienste is betrokke by die Wagyu Wêreldkonferensie wat in Oktober in die Wes-Kaap plaasvind. Dr....

RSG Landbou: Agri Mpumalanga se Jongboer van die Jaar 25.08.2026

25 Augustus 2026: Wolveilings het hervat ná die winterreses, en Heinrich Victor is aan die woord met die jongste wolmarkverslag. Die 33-jarige Anton Pelser is aangewys as Agri Mpumalanga se Jongboer vir 2026. Hy is ‘n veeprodusent van die Hendrina-omgewing. Ons praat met hom oor sy passie vir landbou. Die Rooivleisprodusente-organisasie onlangs hulle kongres in Pretoria aangebied, en ons het daar...

RSG Landbou: Groente- en vrugteprodusent Piet Karsten; Grootste risiko vir kuilvoerprodusente 24.08.2026

24 Augustus 2026: Die Noord-Kaapse groente- en vrugteprodusent, Piet Karsten, was een van die sprekers by die onlangse SA Tafeldruiwekonferensie. Hy boer sedert die vroeë jare tagtig met tafeldruiwe. Ons luister na sy storie. Wat is die grootste risiko vir veeprodusente wat kuilvoer produseer, en hoe kan die risiko verskans word? Hanlie Kroese van Santam gee raad.

RSG Landbou: Van groentetuine kan jy haar niks vertel nie 22.08.2026

22 Augustus 2026: Lindie-Alet van Staden is in 2024 aangewys as die Wes-Kaap se algehele wenner van die Prestige Agriwerker van die Jaar-kompetisie. Sy boer tans op die plaas, Sterrekopje buite Franschhoek.

Lyt til podcasten RSG Landbou i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.