RSG

Regsake

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Forfatter

RSG

Kategori

Society

Podcastens hjemmeside

www.rsg.co.za

Seneste episode

6. jul. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android 5 mio.+ downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

Regsake 22 Maart 2021 22.03.2021

Igna Klynsmith gee raad oor wat om te doen as jy in ‘n motorongeluk betrokke was, en of erfgename kan weier om die eksekuteur wat in die testament benoem is te aanvaar. Hy bespreek ook ‘n hofsaak oor ‘n skool vir kinders met spesiale behoeftes wat geweier het om ‘n leerder toe te laat.

Regsake 15 Maart 2021 15.03.2021

Leer meer oor die gevolge van lasterlike opmerkings op sosiale media; die afsper van private strande; inkomstebelasting van toepassing op huwelike in gemeenskap van goed; kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting op 'n erflating aan 'n gade; en eise vir onderhoud teen boedels.

Regsake 8 Maart 2021 08.03.2021

Kom sommige algemene metodes van fondsinsameling dalk neer op 'n onwettige lotery? Is die inbreek by 'n huis 'n afsonderlike misdaad waarvoor 'n beskuldigde gestraf kan word, of vorm dit een misdryf saam met die opset om te steel of te roof? Na talle navrae brei Igna Klynsmith verder uit oor die geldwaarde van 'n tuisteskepper se bydrae by huwelike buite gemeenskap van goed.

Regsake 1 Maart 2021 01.03.2021

Kan jou werkgewer jou verplig om teen Covid-19 ingeënt te word? Is jy aanspreeklik as jy inwoners van 'n aftreeoord dokter toe neem, en hulle word beseer in 'n botsing? Igna Klynsmith bespreek ook die regulering van begrafnispolisse, die berekening van kapitaalwinsbelasting, en hoe emigrasie jou Suid-Afrikaanse paspoort raak.

Regsake 22 Februarie 2021 22.02.2021

Igna Klynsmith praat oor die algemene slaggate ten opsigte van vruggebruik wat vir baie ouers baie verdriet besorg. Kan ‘n werknemer ‘n dissiplinêre verhoor vryspring deur met onmiddellike effek te bedank? Igna kyk ook na ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof wat die weg baan vir huiswerkers om te eis vir beserings aan diens.

Regsake 15 Februarie 2021 15.02.2021

Het die geskiedkundige Neurenbergverhore van 75 jaar gelede steeds 'n invloed op die moderne geskiedenis? Deesdae word daar in strafsake gereeld geappelleer tot in die hoogste hof, maar hoekom verskil die verskillende howe se bevindings so gereeld? Igna Klynsmith bespreek ook die regulering van alternatiewe geneesmiddels en boererate.

Regsake 8 Februarie 2021 08.02.2021

Hoe werk die aanwasbedeling en wanneer is dit van toepassing? Moet BTW by produkte se pryse ingesluit word? Waar kan jy klagtes lê teen regterlike amptenare? Mag Eskom die kragtoevoer na agterstallige munisipaliteite afsny? Kan hofstukke steeds in Afrikaans opgestel word?

Regsake 1 Februarie 2021 01.02.2021

Igna Klynsmith bespreek 'n hofsaak waarin belastingbetalers aansoek gedoen het om munisipale dienste oor te neem. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor of 'n agterstallige huurder wat haar werk as gevolg van Covid-19 verloor het, uitgesit kan word; hoe 'n mens van 'n trustbegunstigde "ontslae kan raak," en wanneer 'n motoris se bloed getrek kan word vir die toets van alkohol.

Regsake 25 Januarie 2021 25.01.2021

Wat is die opsies as drie kinders saam 'n vakansiehuis erf, maar die een help nie om vir die instandhouding te betaal nie? Hoe belangrik is 'n testament vir lewensmaats wat saamwoon? Igna Klynsmith bespreek ook grondeienaars se plig tot sywaartse ondersteuning van hulle bure se erwe, en 'n hofsaak waar 'n man vir vyf jaar tronk toe gestuur is ná sy vriendin se dood tydens 'n seksspeletjie.

Regsake 18 Januarie 2021 18.01.2021

Igna Klynsmith bespreek gelykheidshowe se funksie, en vra of hulle dit effektief vervul. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor hoe 'n mens jou naam van die kredietburo se swartlys af kan laat verwyder, en wat 'n vrou kan doen as haar man sy hele salaris wegdobbel.

Regsake 11 Januarie 2021 11.01.2021

Wat gebeur as spesifieke bemakings in 'n testament te min geld laat om boedelbelasting te betaal? Kan 'n huweliksbevestiger in die staatsdiens weier om persone van dieselfde geslag te trou? Is dit beter om vaste eiendom te huur of te koop? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak oor kinders se grondwetlike reg tot voeding, en die wetsontwerp op die private besit van dagga.

Regsake 4 Januarie 2021 04.01.2021

Die volgende word bespreek. Die weiering van versekeraars om besighede se eise te betaal vir verliese gely weens die inperking. Hoe lank nadat iemand seksueel aangerand is, kan die slagoffer nog 'n klagte lê? Tot watter mate mag 'n ouers hulle kinders tugtig? Kan 'n vrou wat besig is om te skei van haar man wat haar mishandel, hom uit die huis laat sit? 'n Hofsaak wat beslis het dat 'n kind se oum...

Regsake 28 Desember 2020 28.12.2020

Mag die beheerliggaam van 'n deeltitelkompleks jou elektrisiteit afsny as jou heffings agterstallig is? Watter invloed het redelikheid, billikheid en ubuntu op die regsgeldigheid en afdwingbaarheid van kontrakte? Kan jy tyd en geld spaar deur mediasie te oorweeg eerder as om jou tot die hof te wend?

Regsake 21 Desember 2020 21.12.2020

Igna Klynsmith beantwoord 'n luisteraar se vraag oor die belastingimplikasies vir ouers wat 'n huis gebou het op 'n erf, wat in hulle dogter se naam geregistreer is. Hy bespreek ook hofsake oor 'n vrou wat in 'n openbare swembad deur 'n hond aangeval is, en 'n eis vir pyn en lyding teen 'n man omdat hy sy vrou 'n week ná hulle troue verlaat het.

Regsake 14 Desember 2020 14.12.2020

Arbeidsregspesialis Johan Botes bespreek die afleggingsproses wanneer 'n werkgewer poste wil besnoei in terme van Art.189 van die Arbeidswet. Igna Klynsmith bespreek ook hofsake oor of beheerliggame saamgestelde rente op agterstallige gelde mag hef, en die invloed op die verdeling van gemeenskaplike bates wanneer 'n paartjie eers jare nadat hulle mekaar reeds verlaat het, amptelik skei.

Regsake 7 Desember 2020 07.12.2020

Het jy geweet jy móét in hegtenis geneem word as jy die spoedgrens met meer as 40km/h oorskry? Kan 'n hof kastrasie deel maak van 'n vonnis vir verkragting? Wanneer mag jy 'n inbreker doodskiet? 'n Hofsaak met kersvader as bron van sonde met die bure, word ook bespreek.

Regsake 30 November 2020 30.11.2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende: 'n Eis vir onderhoud namens 'n kleinkind teen sy oorlede oupa se boedel. Wie is ná die vruggebruiker se dood geregtig op die huurgeld van 'n plaas ten opsigte waarvan hy die vruggebruik verkoop het? Wanneer kan 'n direkteur van 'n gelikwideerde maatskappy persoonlik aanspreeklik gehou word vir die maatskappy se skuld? Probleme met 'n lening aan 'n insolvente f...

Regsake 23 November 2020 23.11.2020

Luisteraars wat probleme ondervind met tyddeelskemas en vakansieklubs sal baat vind by Igna Klynsmith se wenke. Hy bespreek ook luisteraars se vrae oor hoe jou man se sekwestrasie jou boedel kan raak, al is julle buite gemeenskap van goed getroud; en die misdryf van besit van vermoedelik gesteelde goed. Is die deler so goed as die steler?

Regsake 16 November 2020 16.11.2020

Die volgende onderwerpe word bespreek: Die vereistes vir rehabilitasie na insolvensie; probleme as iemand 'n huis erf, maar daar is geen geld beskikbaar vir die afhandeling van die boedel en oordrag van die eiendom nie; 'n ma met 'n vruggebruik oor 'n huis wat sy en haar seun saam gekoop het en waarin albei woon, wil hom uitskop; hoe kan 'n motor in 'n testament bemaak word as dit in die pa se naa...

Regsake 9 November 2020 09.11.2020

Kan mense wat Suid-Afrika se openbare infrastruktuur beskadig van terrorisme aangekla word? Wat kan belastingbetalers doen as munisipale dienste nie gelewer word nie? Wat as net twee van die vier aandeelhouers in vaste eiendom dit wil verkoop? Wanneer is iemand onbevoeg om as direkteur te dien? En daar word gekyk na sonde met die bure se onwelriekende sampioenboerdery.

Regsake 2 November 2020 02.11.2020

Mag 'n mediese fonds weier om die lewensmaat van 'n gay lid van die fonds as sy afhanklike te registreer? Wat kan 'n inkopiesentrum doen as bedelaars probleme met hulle klante veroorsaak? Is 'n boer aanspreeklik vir skade veroorsaak deur 'n vuur wat een van sy werkers aangesteek het toe die boer nie op die plaas was nie? Kan jy iemand wat jou geld skuld, verhoed om terug te keer na sy land van her...

Regsake 26 Oktober 2020 26.10.2020

Verskeie vrae oor 'n testamentêre trust word beantwoord. Is die begunstigde, of die trust aanspreeklik vir belasting en uitgawes ten opsigte van 'n eiendom in die trust, en kan die begunstigde aanspraak maak op rente verdien tussen die erflater se dood en die afhandeling van die boedel? Eienaarskap van rekenaarprogramme word ook bespreek. Onthou, tydens die Prokureursorde se jaarlikse testamentewe...

Regsake 19 Oktober 2020 19.10.2020

Igna Klynsmith bespreek verskeie hofsake wat uiteenlopende regsbeginsels illustreer. Die onderwerpe sluit die volgende in: genadedood; anomalieë ten opsigte van die strafbaarheid van kinders teenoor volwassenes vir die besit van dagga; ingeligte toestemming tot mediese prosedures; die balans tussen vryheid van spraak en haatspraak; en die hervestiging van 'n geskeide ouer met 'n minderjarige kind...

Regsake 12 Oktober 2020 12.10.2020

Igna Kynsmith bespreek hofsake oor die Openbare Beskermer se reg om jou belastinginligting van Jan Taks te bekom, en onregverdige mededinging tussen twee versekeringsmaatskappye oor kliënte se lewenstylinligting. Daar is ook humoristiese bydraes oor die jakkalsdraaie wat beskuldigdes maak, en die regsprofessie se swak reputasie onder die publiek.

Regsake 5 Oktober 2020 05.10.2020

Wat behels die begrip geregtigheid? Hoe lank nadat jy met 'n spoedkamera betrap is, kan die dagvaarding nog op jou beteken word? Daar is inligting oor testamentêre trusts en remedies vir slagoffers van gesinsgeweld, en 'n hofsaak in die konstitusionele hof oor skuldigbevinding aan verkragting op grond van 'n gemeenskaplike doelwit word bespreek.

Lyt til podcasten Regsake i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.