Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.kosmos.com.na

Forfatter

Kosmos 94.1

Kategori

Uncategorized

Podcastens hjemmeside

www.kosmos.com.na

Seneste episode

20. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

Paniek-vleisaankope lei tot prysverhogings van ander vleis-produkte 29.09.2026

Landboukundige Wallie Roux waarsku teen paniek-vleisaankope deur die publiek, wat gelei het tot 'n tekort aan rooivleis by kruidenierswinkels en slaghuise reg oor die land ná die bek-en-klouseer uitbreking. Roux sê dit lei tot prysstygings van ander produkte, soos hoender. Hy het meer.

Lamola: Die beveg van rassisme en onverdraagsaamheid nie net regering se werk nie 29.09.2026

Die Suid Afrikaanse minister van Internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê rassisme en verwante onverdraagsaamheid kan nie deur staatsoptrede alleen uit die weg geruim word nie. Hy het deelgeneem aan 'n hoëvlakvergadering van die Verenigde Nasies om die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan te gedenk. Die verklaring erken geskiedkundige onr...

Namibië teken laagste vlak van renosterstropery in meer as 'n dekade aan 29.09.2026

Die omgewingsministerie sê Namibië het sy laagste vlak van renosterstropery in meer as 'n dekade in 2025 aangeteken. Volgens amptelike syfers is 'n totaal van 43 renosters is verlede jaar regoor die land gestroop, wat 'n daling van meer as 50 persent in vergelyking met 2024 aandui. Omgewingsminister Indileni Daniel sê 91 renosters is in 2024 gestroop, en slegs 24 tot dusver in 2026.

09:00 Nuus 29.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

"Iran is gereed om gevegte teen Amerika te hervat" 29.09.2026

Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê sy land is gereed om gevegte teen Amerika te hervat, maar bly ook gewillig om te onderhandel. President Donald Trump het Teheran se voorstel die naweek verwerp dat die Straat van Hormoes binne sewe dae sal heropen indien sy voorwaardes aanvaar word en onderhandelings vir ʼn breër ooreenkoms voortgaan. Die voorstel eis ook dat Iran se bates w...

DA vra vir ondersoek na e-paniekknopie-datalek 29.09.2026

Die DA wil hê die Inligtingsreguleerder moet 'n moontlike oortreding van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting ondersoek. Dit volg na 'n datalek by Gauteng se toepassing vir die e-paniekknoppie. Michael Waters van die party sê inwoners se persoonlike inligting is moontlik blootgestel. Waters wil antwoorde hê oor hoe die voorval plaasgevind het, hoe lank die inligting toeganklik was e...

08:00 Nuus 29.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Trump sou nie RAF Fairford-vyf vrylaat nie 29.09.2026

Die Amerikaanse president Donald Trump het reageer op die nuus dat Britse-polisie die vyf mans wat naby RAF Fairford in Gloucestershire vir terreurmisdrywe in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat het. Trump sê hy sou die mans agter tralies gehou het:

Kubayi verwelkom Durbanverklaring-vordering 29.09.2026

Die Suid Afrikaanse minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, het die vordering verwelkom wat deur die VN-Algemene Vergadering gemaak is te midde van die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan. Die raamwerk is tydens die 2001 Wêreldkonferensie teen Rassisme in Durban ontwikkel. Die minister het aan die SABC gesê daar behoort geen diskriminasie in 'n demokraties...

Brave Warriors reg vir Comore-eilande-wedstryd 29.09.2026

Die Brave Warriors hoof-afrigter Collin Benjamin sê sy span is slaggereed vir sy volgende wedstryd teen die Comore-eilande in die kwalifiserende rondte vir die TotalEnergies Afrikabeker-toernooi. Benjamin het met New Era Sport gepraat en sê hy sien uit na ‘n goeie wedstryd en dat hulle hul teenstanders se metodes goed ontleed het.

07:00 Nuus 29.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Namibiese Arbeidsmark-inligtingstelsel amptelik geloods 29.09.2026

Die Namibiese Arbeidsmark-inligtingstelsel is geloods om arbeidsdata te sentraliseer, nasionale indiens-nemingsbeleid te lei, en vaardigheidswanbalanse aan te spreek. Die geïntegreerde digitale platform is gesamentlik ontwikkel deur die arbeidministerie, die Namibië Statistieke-agentskap en die Internasionale Arbeidsorganisasie. Die arbeidministerie se woordvoerder, Jeremia Namalenga, gee meer inl...

Nosiviwe Mapisa-Nqakula ontken omkoop-aantygings 29.09.2026

Die voormalige Suid Afrikaanse minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ontken dat sy die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu vir twee-miljoen-rand gevra het om haar man tot geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te laat bevorder. Die staat beweer sy was van plan om die geld te gebruik om die destydse hoof van die SANW, generaal Solly Shoke, te beïnvl...

BKS affekteer ook toerisme-sektor 29.09.2026

Die uitbreking van bek-en-klouseer in die Suide ontwrig toerisme-logistiek, aangesien streng beperkings op die vervoer van vleis- en suiwelprodukte toeriste wat selfsorg-akkommodasie gebruik, sowel as kampeerders raak. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging gesels.

06:00 Nuus 29.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Dinsdag, 29 September 2026 29.09.2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die plaaslike indeks van die Namibiese Effektebeurs het Maandag 'n bul van 'n dag gehad met al die bankgroepe wie se aandeelpryse rekordhoogtes bereik het. Deon Gous, ontleder by Cirrus Capital, verduidelik wat dié stormloop veroorsaak het. En: NamBrew se tussentydse resultate het baie van sy skop verloor, met flou uitvoere oorkant die Oranje wat grootliks vir die...

Madlanga-kommissie hoor nog getuienis 29.09.2026

In Suid-Afrika sê die getuienisleier van die Madlanga-kommissie, advokaat Matthew Chaskalson, WhatsApp-boodskappe toon hoe taxi-base Oupa Sindane en Joe Sibanyoni glo beskermingsfooie van konstruksiemaatskappye eis. Chaskalson het selfoonboodskappe voorgelê wat na bewering verwys na gedwonge betalings en dreigemente om werksaamhede te ontwrig. In een gesprek spreek Sindane teleurstelling uit oor d...

Moontlike VSA-Iran vredesooreenkoms affekteer oliepryse 29.09.2026

Die prys van Brent-ru-olie verhandel steeds in die omgewing van 100 Amerikaanse dollar per vat, nadat dit met 2 persent gestyg het toe Amerikaanse president Donald Trump 'n nuwe Iranse vredesvoorstel verwerp het. Dit sou onder andere die Straat van Hormuz weer heropen. Trump het later gesê Amerikaanse amptenare sal weer met Iran in gesprek tree. Ekonoom Dawie Roodt is positief oor moontlike vrede,...

Gedagte vir die dag met Johan Els 29 September 2026 29.09.2026

Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els

Op'ie Kantlyn, 28 September 2026 28.09.2026

Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.

Die dag wat was, 28 September 2026 28.09.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Die 18:00 nuus 28.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Old Mutual Namibia borg 12de Navachab Halfmarathon 28.09.2026

Old Mutual Namibia het die 12de Navachab Halfmarathon met 20 000 Namibiese dollar geborg. Die finansiële inspuiting van Old Mutual Corporate Segment en Short-Term Insurance ondersteun drie wedrenafstande, wat topatlete, gesinne en streekleiers rondom gesonde leefstyl verenig. Die hoof van die korporatiewe segment, Isaack Veii:

ǁkharas-polisie verskerp teen-BKS aksies 28.09.2026

Die polisie in die ǁKharas-streek verskerp operasies om die verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp, na aanleiding van 'n uitbreking wat in die gebied aangemeld is. Adjunk-polisiekommissaris Nicodemus Mbango sê die afdwinging van regulasies en beheermaatreëls vir bek-en-klouseer is in Karasburg verskerp. Hy het vandag tydens 'n vergadering met belanghebbendes in Keetmanshoop gepraat:

Die hoofnuus om 17:00 28.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Lyt til podcasten Kosmos 94.1 i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.