Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.kosmos.com.na

Forfatter

Kosmos 94.1

Kategori

Uncategorized

Podcastens hjemmeside

www.kosmos.com.na

Seneste episode

19. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

Die 14:00 nuus 30.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

WGO: Gesondheidswerkers in DRK sukkel met Ebola-uitbreking 30.09.2026

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê gesondheidswerkers wat die grootste Ebola-uitbreking ooit in die Demokratiese Republiek die Kongo bestry, sukkel met ernstige probleme om pasiënte te versorg. Met agt-duisend-67 bevestigde gevalle en drie-duisend-901 sterftes, is die sterftesyfer meer as 48-persent in 63 gesondheidsones in sewe van die DRK se 26 provinsies. Dokter Janet Diaz van die organisasie...

DA sê sterker optrede nodig om vuurwapengeweld in WK te bekamp 30.09.2026

Die DA sê sterker optrede is nodig om vuurwapengeweld in die Wes-Kaap te bekamp ná twee afsonderlike skietvoorvalle in Khayelitsha en Lwandle oor die naweek. Benedicta van Minnen van die party sê Lwandle het dringend 'n permanente polisiestasie met voldoende hulpbronne nodig, terwyl meer gedoen moet word om ondersoeke en vervolgings te verbeter. Van Minnen sê onwettige vuurwapens vererger geweldsm...

13:00 Hoofnuus 30.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Erongo-streek benodig meer as N$230m om skoleinfrastruktuur te verbeter 30.09.2026

Die Erongo-streek benodig meer as 230 miljoen Namibiese dollar om kritieke infrastruktuurbehoeftes by skole regoor die streek aan te spreek. Na verwagting sal die befondsing die bou van nuwe skole en klaskamers ondersteun, asook die uitbreiding, opknapping en modernisering van bestaande fasiliteite. Goewerneur Nathalia /Goagoses het dit vandag tydens die eerste Erongo-konferensie oor belegging in...

Infrastruktuur alleen kan nie digitale transformasie meebring 30.09.2026

Kundiges waarsku dat tegnologie-infrastruktuur alleen nie voldoende is om betekenisvolle digitale transformasie te bewerkstellig nie. Pascal Haingura, hoof van ingenieurswese en tegniese dienste by Cran, sê Namibië moet nie net in netwerke, datasentrums en digitale platforms belê nie, maar ook in die vaardighede en kundigheid wat nodig is om dit doeltreffend te benut.

Is staatsbehuising te duur? 30.09.2026

Met die regering wat nie sy teiken, om 3 000 huise per jaar te bou, tot op hede gehaal het nie, is daar nou baie vrae oor die bekostigbaarheid van staats-behuising. Die Nasionale Behuisings Onderneming beplan om 249 huise teen 'n geraamde koste van 80 miljoen Namibiese dollar te bou, wat die koste op 'n rapsie meer as 320 000 Namibiese dollar per huis te staan bring. In teenstelling bou die Shack...

Kosmos 94.1 Nuus ondersoek: Hoe presies het BKS in Namibië beland? 30.09.2026

Kosmos 94.1 Nuus het ondersoek ingestel na presies hoe bek-en-klouseer in Namibië beland het. Die grootste sondebok is die onbeperkte beweging van vee oor die Oranjerivier-grens, veral met lae rivier-vlakke - ‘n probleem wat reeds jare voortduur. Die regering is gewaarsku. Herhaaldelik. Yanna Smith doen verslag.

12:00 Nuus 30.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Gauteng-polisie arresteer 121 vermeende onwettige mynwerkers 30.09.2026

Die polisie in Gauteng en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het 121 vermeende onwettige mynwerkers tydens Operasie Prosper in Fochville, Gauteng, in hegtenis geneem. Die operasie is in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake en die sekuriteitspan van die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater uitgevoer. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi sê die operasie is deel van voortduren...

Opsomming van vanoggend se Roadwatch 30.09.2026

Die Stad se verkeerspolisie vra bestuurders om te alle tye te verseker dat hulle met hul bestuurslisensies in hul voertuie rondry. Dit, na verskeie bestuurders in die moeilikheid beland het omdat hulle op die pad was sonder hul lisensies, tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch. Francois Lottering doen verslag:

Jean-Louis gesels met Hendrik Dames oor die FMD Support Fund 30.09.2026

Jean-Louis gesels met Hendrik Dames, bemarkingsbestuurder van Feedmaster en onafhanklike kundige raadslid op die FMD Support Fund. Wat presies is die FMD Support Fund? Is dit ’n regeringsfonds, wat is die doel daarvan, en waarom is dit belangrik dat ondernemings en die publiek betrokke raak? Hendrik verduidelik hoe Namibiërs kan bydra tot die stryd teen bek-en-klouseer en ondersteuning bied aan di...

11:00 Nuus 30.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Irma’s Rescue Reeks 30.09.2026

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Irma’s Blues Rescue en Irma’s Heartbreak Rescue, en hoe emosionele gesondheid ’n belangrike rol in ons algehele welstand speel. Die Irma’s Rescue Reeks is ontwerp om ondersteuning te bied tydens moeilike, emosionele en hartseer tye in die lewe. Die Irma’s Rescue Reeks is beskikbaar by apteke. Vir meer inligting, besoek www.irma’s.co.za of stuur ’n e-pos aa...

Aanhoudende kragonderbrekings in Tshwane moontlik skending van lisensievoorwaardes 30.09.2026

Die DA sê die aanhoudende en duur van kragonderbrekings in Tshwane is moontlik 'n skending van die stad se lisensievoorwaardes vir elektrisiteitsverspreiding. Die party het 'n klag by die energiereguleerder, Nersa, ingedien en vra vir 'n ondersoek na die stad se elektrisiteitsvoorsiening. Cilliers Brink van die DA sê Tshwane ervaar ongeveer een-duisend-600 kragonderbrekings per maand, waarvan 70-p...

NamPower belê naastens N$1-miljard in maatskaplike-beleggings-inisiatiewe 30.09.2026

Die krag-verspreider, NamPower, het dusver naastens een-miljard Namibiese dollar belê in sy maatskaplike-beleggings-inisiatiewe. NamPower besturende direkteur, Kahenge Haulofu, sê die inisiatiewe net, onder ander, verseker dat landelike gebiede nou toegang het tot elektrisiteit, terwyl studiebeurse verseker het dt jongmense hul studie-drome kon najaag:

10:00 Nuus 30.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

RISE Mzansi: SA se toekoms bedreig deur spanning regeringsvlakke 30.09.2026

RISE Mzansi se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Lukhona Mnguni, sê Suid-Afrika se toekoms word bedreig deur toenemende spanning tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke. Mnguni het op 'n geleentheid by Unisa gesê die land benodig 'n eerlike heronderhandeling van sy maatskaplike kontrak. Hy is bekommerd oor oproepe om die Grondwet te wysig en die doodstraf weer in te s...

09:00 Nuus 30.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Besluit om nie meer bierbottels by verkopers te koop nie wek kommer 30.09.2026

Die Native Small Traders Association het ernstige kommer uitgespreek oor kleinhandelaars se besluit om nie meer bierbottels by verkopers te koop nie. Die vereniging beklemtoon die hoë werkloosheid in die streke. Dit volg nadat Metro Katima Mulilo opgehou het om leë Carling Black Label-bottels by ongeregistreerde informele verkopers te koop. Die vereniging se voorsitter, Simasiku Mulijani, het met...

Manchester City-baas ontken gekonkel met kontrakte 30.09.2026

Sokker: Die Engelse Premierliga sê Manchester City het "skynkontrakte" met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van 'n verbloemde finansieringskema om die klub se inkomste met ongeveer 18 miljard Namibiese dollar te vermeerder. 'n Onafhanklike kommissie het City skuldig bevind aan alle aanklagte wat verband hou met oortredings van die Premierliga se finansiële reëls tussen die 200...

N$228m Medicare 24-bedrogsaak deur NVG hersien 30.09.2026

Die korrupsiesaak van 228 miljoen Namibiese dollar wat met Medicare 24 verband hou, wag op 'n besluit van 'n hersieningspaneel van die Nasionale Vervolgingsgesag. Die sakeman Vusimuzi "Cat" Matlala en 15 ander staan tereg op aanklagte van korrupsie weens die beweerde onreëlmatige toekenning van die Medicare 24-kontrak vir die Tshwane-distrik. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korr...

08:00 Nuus 30.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Trump onderteken bevel om KI na “Superintelligensie” te verander 30.09.2026

President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om die term Kunsmatige Intelligensie na Superintelligensie te verander wanneer dit in sy administrasie se amptelike kommunikasie gebruik word. Hy het gister in die Withuis met voorste uitvoerende tegnologiehoofde, onder andere van OpenAI, Anthropic, Nvidia, Meta en Google, vergader. Daar word strenger oorsig oor kunsmatige intel...

Ramaphosa: Verkiesing alleen kan nie vrede in Suid-Soedan waarborg nie 30.09.2026

President Cyril Ramaphosa sê 'n verkiesing alleen kan nie vrede en demokrasie in Suid-Soedan waarborg nie. Ramaphosa het tydens 'n virtuele beraad van die Afrika-unie gesê geloofwaardige verkiesings moet ondersteun word deur 'n inklusiewe politieke proses, behoorlike veiligheidsmaatreëls en sterk instellings. Hy het 'n beroep op Suid-Soedanese leiers gedoen om hul verskille opsy te skuif, sleutelu...

Lyt til podcasten Kosmos 94.1 i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.