Jaco Thom
Jaco Thom se podcast
Preke en boodskappe
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.bybelkoerant.co.za
Forfatter
Jaco Thom
Kategori
Podcastens hjemmeside
Seneste episode
20. sep. 2026
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
1 Pet 2:9-10 Jy is 'n priester! 02.05.2021 36:01
Ons is deur God gekies en spesiaal vir diens aan Hom aangestel. Ons is heilig. En ons taak as ’n heilige nasie is om ’n koninklike priesterdom te wees: koning Jesus se priesters in die wêreld, om tussen God en die wêreld te staan, om namens God voor die wêreld te staan, maar ook namens die wêreld voor die Here te staan.
Hand 2:47 Gasvryheid 25.04.2021 35:32
’n Kerk met insluitende gasvryheid Ons wil almal hê nuwe mense moet deel van die gemeente word. Hoe kan dit gebeur? Een van die foute wat ons maak, dink ek, is dat ons vriendelik is met vreemdelinge, maar nie uit ons pad gaan om mense tuis te laat voel nie.
2 Kor 1:3-11 Moedeloos of moedig? 17.04.2021 19:41
Wat maak 'n mens as jy in 'n krisis kom? Die maklikste is om by almal wat wil hoor en nie wil hoor nie, daaroor te kla. Of te sug en te sê dit lyk jou God stel nie eintlik in jou nood belang nie. Paulus wys hier vir ons dat daar 'n beter manier is: dat jy wéér sal kyk, op sal kyk, en God se hand, God se teenwoordigheid in jou krisis sal raaksien.
Hand 2:24 Jy kan, want God kan 11.04.2021 19:04
Dit was vir die dood onmoontlik om Jesus gevange te hou. Niks is immers by God onmoontlik nie. Geen situasie is só hopeloos en dood dat Hy dit nie lewend kan maak nie. Hy het jou óók opgewek om nuut te leef.
Paasfees 4 April 2021 03.04.2021 29:06
1 Kor 15:1-11 Die goeie nuus is -- Christus
Joh 12:12-19 Palmsondag 28 Maart 2021 29.03.2021 37:05
Die Man op die geleende donkie. Waar pas Jesus in in jou geloof?
Joh 12:20-36 Jesus, 'n koringkorrel en die wêreld 14.03.2021 24:30
Dis nie vir God genoeg dat net ’n klompie uitgesoektes gered word nie. Hy het die verlossing van die hele wêreld in die oog.
Jesaja 55 Kom, almal wat dors is 21.02.2021 29:16
God se weë is nie ons weë nie As dit sleg gaan, sê mense graag: “Nou ja, ons moet maar berus en tevrede wees. Die Here se gedagtes is nie ons gedagtes nie, en sy weë is nie ons weë nie.” Dit staan presies so in Jes 55:8! Maar is dit ’n uitspraak wat ons moet laat berus?
Markus 9:2-8 Sondag van Verheerliking 14.02.2021 28:52
Tema: Kyk weer na Jesus Die gevaar bestaan dat ons só by Jesus se menslikheid vassteek dat ons nie genoegsaam sy Goddelikheid in ag neem nie. Hierdie dag herinner ons dat Jesus van Nasaret inderdaad die Seun van God is, aan wie alle mag gegee is.
Jesaja 40:1-11 Is God weg? 07.02.2021 27:08
God is weg. Dit is die ergste wat enige mens kan ervaar, die diepste put waarin jy gegooi kan word, die moeder van alle krisisse. Daarnaas is alle ander dinge, hoe erg hulle ook al mag wees, kinderspeletjies.
1 Kor 13:4-8a Liefdesimfonie 29.01.2021 49:47
Ons speel almal in God se simfonie; ons moet mooi musiek maak met ons lewens, en ons moet dit saam met ander doen. Paulus gee vir ons die bladmusiek hiervoor in 1 Korintiërs 13.
Jak 4:13-17 Week van Gebed (Donderdag) 28.01.2021 26:48
Om te lewe onder die teken van DV
Jak 4:3 Week van Gebed (Woensdag) 27.01.2021 25:12
Die konflik tussen bid en begeer
Jakobus 1:19-27 Week van Gebed Maandag 25.01.2021 28:03
Geloof is 'n praktiese saak
Jak 1:1-8 22.01.2021 38:26
Ons reaksie in moeilike tye.
Markus 1:1-8 Gereed om Jesus te volg 15.01.2021 44:43
Markus is haastig om by die punt van sy verhaal uit te kom: dat Jesus die Messias, die Gesalfde is, die Seun van God. Dís wat hy wil hê sy lesers moet weet en glo. Daar is ’n dringendheid in hom. Hy wil hê mense moet Jesus leer ken. En daarom draal hy nie met sy vertelling nie. Hy val as ’t ware met die deur in die huis.
Psalm 139 Wie is God vir jou 08.01.2021 40:05
Ons het elkeen ’n prentjie, of ’n idee, in ons kop oor God en hoe Hy is. Dié verstaan van God bepaal uiteindelik wat jy van Hom verwag of nie verwag nie, en hoe jy leef.
2 Korintiërs 5:17 02.01.2021 37:38
Nuwejaarsboodskap. 'n Nuwe jaar, 'n splinternuwe jy!
Pred 9:7 Oujaarsdiens 2020 31.12.2020 43:52
Alles is nié tevergeefs nie.
Hebreërs 9:28 17.12.2020 44:44
Gaudete - Derde Sondag in Advent Kersfees, blydskap & die kruis
Maleagi 3:13 tot 4:3 29.11.2020 50:42
Kersfees bring nuwe hoop
Kerssangdiens 22 Nov 2020 28.11.2020 56:30
Jesus is Koning!
Joh 19 & Eks 12 Jesus Christus, God se Paaslam 15.11.2020 1:02:05
Johannes doen baie moeite om Jesus se kruisiging in te klee sodat ons kan verstaan dat Hy die Paaslam is wat geslag is.
Handelinge 13:32-39 & Romeine 1:16-17 08.11.2020 53:23
Prediker: Ds Errol Sheppard Tema: Die doop: ’n aanskouingsles van God se genade
Matt 5:3 01.11.2020 47:23
Onafhanklik!?
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.