Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: christianityworks.co.za

Forfatter

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Kategori

Religion

Podcastens hjemmeside

christianityworks.co.za

Seneste episode

1. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

Die Logika van Liefde 19.12.2024

Send us Fan Mail Romeine 5:9 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! (NLV)  Daar is iets wat my vir baie jare lank gepla het. En miskien pla dit jou ook terwyl ons aan Kersfees dink. Waarom het God Jesus na ons wêreld gestuur, om 'n mens te word, om uiteindelik aan 'n Kruis te sterf, om vir ons sondes...

Iets Om Oor Na Te Dink 18.12.2024

Send us Fan Mail Romeine 5:6-8 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf. ’n Persoon sal kwalik bereid wees om vir ’n regverdige mens te sterf. Miskien sal iemand nog kans sien om vir ’n besonder goeie mens te sterf. God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was. (NLV)  Ter...

Te Midde van ons Probleme 17.12.2024

Send us Fan Mail Romeine 5:3-5 Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestor...

Wat is die Doel? 16.12.2024

Send us Fan Mail Romeine 5:1,2 As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons, deurdat ons glo, toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind, en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid wat God aan ons gaan gee. (NLV)  Waar kom die begrip "Ker...

Kersfees Kom 15.12.2024

Send us Fan Mail Jesaja 7:13,14 Toe het Jesaja gesê: “Luister baie mooi, julle koninklike familie van Dawid! Julle is nie tevrede om my geduld te beproef nie. Nou beproef julle God se geduld ook! Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem.  Kan jy dit glo, dis net tien dae voor Kersfees! Tien dae! Wat...

Wie se Kind Is Jy? 14.12.2024

Send us Fan Mail 1 Johannes 3:9,10 Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is. Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie. Hoe jy leef en hoe jy mense behandel, vertel...

Bygelowe... 13.12.2024

Send us Fan Mail 1 Johannes 3:8 Elkeen wat aanhou sonde doen, is familie van die duiwel omdat die duiwel van die heel begin af sonde gedoen het. Juis daarvoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die duiwel te vernietig. (NLV)  Dit is vandag Vrydag die 13de, 'n dag wat in die Westerse kultuur beskou word as ‘n ongelukkige dag. Daar bestaan al vir eeue lank, wêreldwyd, bygelowe soos d...

Moenie Mislei word Nie 12.12.2024

Send us Fan Mail 1 Johannes 3:7 Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is;  Om nuwe mense te ontmoet en vriende te maak, is deesdae nie so maklik nie. Die lewe het aan die eenkant óf besig en transaksioneel, óf aan die anderkant, vir baie mense, stil, geïsoleerd en eensaam geword. Maar moenie moed verloor nie, tegnologie het altyd &apo...

Jou verhouding met Christus 11.12.2024

Send us Fan Mail 1 Johannes 3:4-6 Elkeen wat aanhou sonde doen, doen ook wat teen die wet is, want sonde is wetteloosheid. Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie. Elkeen wat in ’n hegte verhouding met Hom leef, hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie ’n begrip van Hom nie. (NLV)  Dit ka...

Suiwer Hoop 10.12.2024

Send us Fan Mail 1 Johannes 3:3 Almal wat uit hierdie Christusverwagting leef, hou hulleself vlekkeloos soos Hy vlekkeloos is. (NLV)  Die woorde "suiwerheid en reinheid" skep ‘n baie positiewe prentjie. Ons praat van suiwer goud, suiwer vreugde, maar het jy al ooit 'n mens ontmoet wat as ‘n ‘rein mens’ bestempel kan word? Iemand wie se diepste gedagtes en motiverings aan die eenkant...

Wanneer Christus Weer Kom 09.12.2024

Send us Fan Mail 1 Johannes 3:2 Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk. (NLV)  Een van die mees frustrerende dinge in die lewe, is dat jy nie weet hoe dit op die ou end gaan uitwerk, wanneer jy jou aanvanklik tot iets verbind nie; ie...

‘n Kind van God 08.12.2024

Send us Fan Mail 1 Johannes 3:1 Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.  Soos ons volwasse word, groei ons hopelik in wysheid. Maar terwyl jy, te midde van die gewoel en gewerskaf van die lewe, meer bewus word van jou eie beperkings, kan iets anders kop uitsteek om jou te pootjie. Dit...

Die Anker van Hoop 07.12.2024

Send us Fan Mail Hebreërs 6:19,20 Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. Dít is tog waar Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan het – Hy wat ons ewige Hoofpriester geword het volgens die priesterorde van Melgisedek. (NLV)  Het jy al daaraan gedink dat...

God Lieg Nie 06.12.2024

Send us Fan Mail Hebreërs 6:18 Daar is nou twee dinge wat soos ’n paal bo water staan en nooit verander sal kan word nie: daar is die belofte van God en die eed wat Hy geneem het. En God kan nie lieg nie. Ons wat na God toe is om gered te word kan daarom vir seker weet dat God sy beloftes sal hou. (DB)  Daar is een ding in hierdie wêreld waarop ons absoluut kan staatmaak. Dit maak nie saak watter...

Die God van Alle Hoop 05.12.2024

Send us Fan Mail Romeine15:13 Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil. (DB)  Het jy al ooit gewonder hoe mense wat jou ontmoet, jou ervaar? Wie of wat beleef hu...

‘n Tydige Herinnering 04.12.2024

Send us Fan Mail 1 Petrus 3:11,12 Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na! Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen.”  Goed en kwaad – ons ken almal die verskil. Verstaan ons dit regtig? Dit is natuurlik soos swart en wit ... of verkies ons dalk skakerings van grys? Wat dink jy? Kom ons kyk wat gereeld ge...

Naby of Ver? 03.12.2024

Send us Fan Mail Psalm 73:27,28 Dié wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig dié wat aan U ontrou is. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel.  Elektriese voertuie raak al hoe meer populêr. Ja, maar weet jy, nadat ek ‘n rukkie gelede so effens paniekerig geraak het toe my selfoon se battery pap...

U is my Krag 02.12.2024

Send us Fan Mail Psalm 73:25,26 Here, daar is niemand so belangrik soos U in die hemel nie, ook nie hier op aarde nie. U is my hele lewe. Ek wil niks anders as U hê nie. Al gee my kragte in en al sit ek op moedverloor se vlakte: U, God, is steeds my krag. U is die Rots by wie ek altyd wegkruip. Ek behoort aan U vir altyd. (DB)  'n Mens sien ‘n duidelike teken van volwassenheid by ‘n mens wann...

Onverdiende Liefde 01.12.2024

Send us Fan Mail Psalm 73:21-24 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos ’n dier voor U. Tog is ek nog altyd by U; U hou my regterhand vas. U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. (NLV)  Die toppunt van liefde is beslis die liefde wat ons ontvang, wanneer ons dit die minste verdien. Die liefde wat jy kry wanne...

Onkundige en Dom Gedrag 30.11.2024

Send us Fan Mail Psalm 73:21,22 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos ’n dier voor U. (NLV)  Het jy al ooit 'n ballon met 'n naald geprik? Een oomblik is dit hierdie pragtige rooi ballon wat deur die lug dryf. Die volgende oomblik, hoor jy ‘n harde slag! En daar lê ‘n slap, lewelose stukkie plastiek op die grond. Ek het dikwels...

Die Potloodhouer 29.11.2024

Send us Fan Mail Numeri  6:22-27 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.”  Ons het almal...

God se Oogmerk 28.11.2024

Send us Fan Mail Numeri  6:22-26 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!  Dis ongelooflik belangrik om iemand se motiewe te verstaan. Ja, ons het almal al geleer dat jy...

Wanneer Liefde Seëvier 27.11.2024

Send us Fan Mail 1 Johannes 3:18 Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. (NLV)  Kom ons kyk ‘n bietjie na die temas van rolprente. Jy sal sien dat liefdesverhale onder die gewildste van alle genres is. Baie mense geniet inderdaad aksie films of dramas en selfs gruwelfilms (nou nie heeltemal my ding nie!). Maar ek dink liefd...

Die Vermenigvuldigingsfaktor 26.11.2024

Send us Fan Mail Handelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.  Volgens die media is die kerk besig om te sterf. Dit laat menige belangegroepe van vreugde juig. Wat egter selde genoem word, is dat die kerk in baie dele va...

Vrees, Vrede en Vertroosting 25.11.2024

Send us Fan Mail Handelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.  Ons leef in onstuimige tye. Jy tel 'n koerant op en lees dikwels van mense in gesagsposisies se skokkende gedrag en van kerke deurspek met finansiële en...

Lyt til podcasten God se Woord VARS vir jou Vandag i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.