RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Society

Podcastens hjemmeside

www.rsg.co.za

Seneste episode

6. nov. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,7+ i bedømmelse iOS snart

Episoder

Krotoa herdenk by Groote Kerk 26.07.2024

Ds. Riaan de Villiers en Dieuwke-Jean Linee vertel van die Groote Kerk in Kaapstad se 350 jaar herdenking, en die viering van die lewe van Krotoa. Daar is die amptelike onthulling van ‘n muurskildery op die historiese 1704-kerktoring, tesame met die bekendstelling van die Krotoa-bloemlesing.

360 Speseryroete - Deel 45 26.07.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel wat die eertydse Griekse atlete by die antieke Olimpiese Spele geëet het.

St.Francisbaai sê: Baie dankie, liewe Bob! 26.07.2024

Hier is ‘n storie van ’n gemeenskap wat ’n man bedank het, wat al langer as 25 jaar mens en dier help waar hy kan. Bob Meikle het die Lew Geffen Sotheby’s sertifikaat van waardering ontvang. Hy is ‘n gasspesialis en slotmaker van St. Fancisbaai. Mariska Spoormaker het hom by sy besigheid gaan besoek, en daar ook n klomp stertswaaiende besoekers gevind.

Rus in vrede onder die sportveld 26.07.2024

Die Universiteit van Nebraska het ‘n voorstel gekry dat daar, as ’n fondsinsamelingsprojek, plekke verkoop word vir die as-oorskot van hulle voetbalspan se aanhangers onder die rugbyveld.

Lewensredding in SA 25.07.2024

Francois Sisam praat oor die werk van lewensredders in Suid-Afrika, en gee praktiese veiligheidswenke.

'n Belofte teen geslagsgeweld 25.07.2024

Haidee Muller-Isaacs hoor by Marlene le Roux van die #STEP-UP FOR CHANGE-belofte teen geslagsgeweld, en die Women's Humanity-fees, waar dit gedryf

Jonk 25 Julie 2024 25.07.2024

Dr. Ria Smit vertel wanneer jy na jou vel behoort te begin kyk.

Snoop Dogg by die Olimpiese spele 25.07.2024

Die Amerikaanse rymkletser, Snoop Dogg, sal die Olimpiese fakkel deur Parys se strate dra in die laaste fase voor die opening van die spele.

Mandri se eenvrou-huiskonserte 24.07.2024

Mandri Sutherland vertel van Hallo Sussa! en die eenvrouvertoning-huiskonserte wat sy doen.

Antieke Olimpiese Spele-munte 24.07.2024

Ons hoor hoekom getroude vroue nie die antieke Olimpiese Spele mag bygewoon het nie, en hoe antieke Olimpiese munstukke eksklusief lank voor Christus by die Spele verhandel is. Johan Rademan praat hieroor met Pierre Nortjé van die Numismatiese Vereniging van die Wes-Kaap.

Van slakkepos tot slakke in die pos 24.07.2024

Navorsers in Brittanje vra dat Britte naakslakke aan hulle pos om te help met navorsing oor slakbestande koring.

Êrens oorsee 23 Julie 2024 23.07.2024

Johanette Pelser vertel van haar werk lewe in Riaad, die hoofstad van Saoedi-Arabië, waar sy ‘n goewernante is.

Ma en dogter skep veilige hawe 23.07.2024

Haidee Muller-Isaacs kuier by Huis Jabes, 'n veilige hawe vir mishandelde vroue en kinders. Dit is begin deur Adri Klindt. Haar dogter, Annemie Marias, het besluit om in haar ma se voetspore te volg, en sy is ook na dese hier betrokke. Die huis se leuse is: omgee bring genesing.

So hoog soos 'n haai 23.07.2024

In Brasilië toets haaie positief vir kokaïene weens besoedeling in die water!

SA se mees bedreigde voëlspesie 22.07.2024

Dr. Hanneline Smit-Robinson van Birdlife SA vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se mees bedreigde voëlspesie, die Vaalrivierlewerik.

Brandstofskepe in Baai “verdwyn” 22.07.2024

Net so stilletjies soos die drywende vulstasieskepe, of brandstofskepe, in 2016 in Algoabaai verskyn het, só stilletjies het hulle verdwyn. Toe die skepe nog daar was, was die omgewingswetenskaplike, Ronelle Friend, deel van die veldtog om die skepe uit die Baai te probeer kry. Mariska Spoormaker het met haar gepraat.

Geraasbesoedeling - Deel 1 22.07.2024

Dr. Alida Naude praat oor die impak van geraasbesoedeling op kinders.

Gaan kaas in Parys 22.07.2024

Parys het nou ‘n kaasmuseum waar jy die kase uit Frankryk se verskillende streke kan proe en ruik.

St. Francisbaai: die avonturier wat alles begin het 19.07.2024

Wie sou ooit kon dink dat die naam van die Oos-Kaapse kusdorp, St. Francisbaai, glad nie verband hou met die heiligverklaarde diereliefhebber, St. Francis van Assisi nie? Die plaaslike geskiedskrywer, Bartle Logie, het dié interessante feit genoem toe Mariska Spoormaker by hom gaan kuier het om die storie te hoor van Leighton Hullett, die man wat sy suikerboerdery in Kwazulu-Natal agtergelaat, en...

360 Speseryroete - Deel 44 19.07.2024

Hetta van Deventer-Terblanche vertel van Adobo, die Fillipynse/Spaanse suurmarinade, asook die Franse se Daube.

Letterlik enigiemand anders 19.07.2024

Sommige Amerikaners is nie tevrede met die keuse tussen Trump en Biden as volgende president nie. Party sê letterlik enigiemand anders. ‘n Man het toe sy naam amptelik verander na Literally Anybody Else, en Amerikaners kan nou vir hom as president stem!

Serpe vir Mandeladag 18.07.2024

Johan Vos vertel hoe 67 BLANKETS FOR MADELA DAY vandag serpe deur die land versprei.

Hoekom Q-W-E-R-T-Y jou sleutelbord? 18.07.2024

Van kleins af word jy die A-B-C geleer, maar as jy ‘n boodskap op jou selfoon of rekenaar stuur, is dit nie meer A-B-C-D-E nie, maar Q-W-E-R-T-Y. Het jy al gewonder waar die ABC verkeerd geloop het? Johan Rademan het gaan uitvind by die Kaapse Universiteit van Tegnologie.

Jonk 18 Julie 2024 18.07.2024

Dieetkundige Retha Harmse praat oor die rol van jou dermmikrobioom by langlewendheid en gesondheid.

Swangerskapstoets tydens werkskeuring? 18.07.2024

Verskeie Chinese ondernemings is in die knyp omdat hulle na bewering swangerskapstoetse gedoen het op kandidate as deel van die keuringsproses. Dié soort diskriminasie is ook in China onwettig.

Lyt til podcasten Driesestig i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.