RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Society

Podcastens hjemmeside

www.rsg.co.za

Seneste episode

30. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

Vreemde veeartsbesoeke 07.08.2025

Die Hambone-toekennings in die VSA is vir diere wat vir vreemde redes by die veearts opdaag. Een van die finaliste is ‘n bulhond se olikheid nadat sy ‘n opgestopte alligator geëet het.

Louwina se storie 06.08.2025

In Lowena Lawrence se hart en huis in Bonteheuwel is daar altyd plek vir nog. By haar kry jy brood en bid, en neem met jou saam die vrede wat alle verstand te bowe gaan. Die kinders in die omgewing word na haar aangetrek soos ’n magneet, en vind 'n tuiste by die Kids' Club. Sy neem ook leiding by 'n groep vroue wat bid by die verskillende skole in Bonteheuwel en uitreik na die smokkelhuise in die...

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland vier 96 jaar 06.08.2025

Estelle du Plessis praat oor die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland se rol in die gemeenskap oor hulle 96-jarige bestaan.

Na 43 keer se vra, sê sy toe ja 06.08.2025

Luke Wintrip het vir Sarah 43 keer om haar hand gevra voor sy eindelik na sewe jaar ja gesê het!

Êrens oorsee 5 Augustus 2025 05.08.2025

Linda Celliers vertel vir Martelize Brink van die seekos- en aartappelbedryf op Prins Edward-eiland, Kanada se kleinste provinsie.

Die Anglo-Boereoorlog in kleur 05.08.2025

Thinus le Roux se stokperdjie om ou swart en wit foto’s van die Anglo-Boereoorlog in te kleur, het ongekende belangstelling gaande gemaak. Hy skuif nou met ‘n opvolguitgawe van die konvensionele na die guerillaoorlogvoering se foto’s. Johan Rademan het met hom gesels.

Groen borsvoeding 05.08.2025

Caroli Diener praat oor borsvoeding en die rol daarvan in omgewingsvolhoubaarheid.

Troeteldiere vir die dieretuinspyskaart 05.08.2025

Die Aalborg-dieretuin in Denemarke vra dat mense ongewenste troeteldiere, spesifiek gesonde hoenders, hase, marmotte en perde skenk as kos vir hulle karnivore.

Uiterstes van die katwêreld 04.08.2025

Susan Ferreira en Karlo Hendrickz vertel van die Maine Coone, die reus van die katwêreld, en die Devon Rex, wat die pixie of apie van daardie wêreld genoem word.

Haar man se demensie laat vrou ondersteuningsgroep begin 04.08.2025

Jare lank het die Baaienaar Jenny Heunis haar man versorg wat met demensie moes saamlewe. Haar uitdagende versorgingspad het uiteindelik na die stigting van ‘n ondersteuningsgroep vir mense in soortgelyke situasies gelei. Charleen Fridey, ‘n maatskaplike werker, verduidelik aan Mariska Spoormaker hoekom só n ondersteuningsgroep so belangrik is.

Hoe het julle ontmoet? 4 Augustus 2025 04.08.2025

Marie Henning vertel vir Martelize Brink hoe sy Willie ontmoet het met Landbouweekblad se Opsitkers. Toe hy kom kuier het, bring hy vir sy aanstaande skoonma ’n pampoen!

Draaihekke lok toeriste 04.08.2025

Italiaanse boere het draaihekke opgesit waar jy vir toegang tot hulle privaatgrond moet betaal. Dis gedoen om toeriste te ontmoedig. Die toue van tot 4 000 mense elke dag maak dat meer mense nou kom kyk wat daar te sien is.

360 Speseryroete - Deel 92 01.08.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor lemmetjies en swart lemmetjies.

Bofbalspan verander tydens wedstryd 01.08.2025

José Caballero was besig met ‘n wedstryd vir Tampa Bay Rays teen die New York Yankees. Tydens die wedstryd is ‘n transaksie beklink waar hy deel geword het van die Yankees, sy naam toe reeds verwyder uit die Rays se spanlys, en het hy vir sy nuwe kamerade in hulle klubhuis drukkies gaan gee.

Jonk 31 Julie 2025 31.07.2025

Dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen praat oor die funksie van neushare, en watter neushare jy maar kan verwyder, en hoe.

Stories op grafstene 31.07.2025

In Indië is daar grafstene met QR-kodes op. As jy dit met ‘n foon skandeer, sien jy die storie van die gestorwene op ‘n webblad.

Magdaleen se lewe van sampioene 30.07.2025

Magdaleen Smit van Plettenbergbaai is só passievol oor sampioene dat sy Mariska Spoormaker geïnspireer het om voortaan op die uitkyk vir sampioene te wees wanneer sy deur veld, vlei en bos loop. Magdaleen se sampioenstalletjie by ‘n markdag in Kouga het selfs peuters nadergelok.

Voorkom verdrinkings 30.07.2025

Caville Abrahams van die Nasionale Seereddingsinstituut vertel van situaties om te vermy om in die water uit die moeilikheid te bly.

Swem werk toe 30.07.2025

In Switserland is die riviere só skoon dat mense in die hoofstad, Bern, werk toe swem.

Êrens oorsee 29 Julie 2025 29.07.2025

Tobias Meyer vertel van die lewe in N’Djamena, die hoofstad van Tsjad.

Mikayla, die ballerina 29.07.2025

Die dertienjarige ballerina Mikayla van Heerden vertel van ‘n optrede in Switserland, en haar deelname aan die 12e Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie. Sy het verlede jaar goud gewen in twee afdelings by die kompetisie.

Letitia en die Peacemakers 29.07.2025

Die 53-jarige Letitia Britz is al 26 jaar skoon van dwelms. Sy is al jare lank betrokke by ‘n ondersteuningsgroep vir jong mans, Peacemakers, in Heideveld op die Kaapse Vlakte as deel van

Tolgeld in Japan 29.07.2025

‘n Fout met ’n tolstelsel het veroorsaak dat tolgeld vir 38 ure nie ingevorder is by tolhekke in Japan nie. Meer as 24 000 mense het egter uit hulle eie aanlyn gaan betaal. Hulle en ander gebruikers wat in daardie periode by werkende tolhekke in daardie omgewing betaal het, het egter hulle geld teruggekry.

Troetelreptiele en die winter 28.07.2025

Veearts dr. Kaylin du Plessis praat oor troetelreptiele se winterbehoeftes. Sy vertel onder andere van maniere om hulle warm te hou.

Die skoenmaker-sakeman van Durbanville 28.07.2025

Deepak Prag is die derde geslag van sy familie uit Indië, wat Suid-Afrika sy tuiste gemaak het. Hy is ‘n sakeman en skoenmaker van beroep. Jy kan nie vir hom sê: Skoenmaker hou jou by jou lees nie, want hy ken sy storie. Johan Rademan het met hom gesels.

Lyt til podcasten Driesestig i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.