RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Society

Podcastens hjemmeside

www.rsg.co.za

Seneste episode

29. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

Katvoeding vir klein en groot 25.08.2025

Dr. Elizna Boag praat oor die verskil tussen klein katjies en groot katte se voedingsbehoeftes.

Sjef Francois se droom vir ‘n restaurant 25.08.2025

Haidee Muller-Isaacs kuier sjef Francois Hugo in sy kombuis. Francois se droom is om ’n wesenlike verskil te maak deur minderbevoorregtes op te lei in die kombuis om gesonde, dog geurige, kos te maak – sonder om jou bankrot te laat. Sy idee vir ’n droomrestaurant is ’n groot glasboks met ’n string sjefs wat hy oplei in ’n omgewing omring deur glas en groenigheid. Sy visie is om voedsame kos van re...

Hoe het julle ontmoet? 25 Augustus 2025 25.08.2025

Daleen le Grange vertel vir Martelize Brink van die troep wat sy 38 jaar gelede as ryloper opgetel het, en steeds die pad met hom stap.

Vegatarier blus 'n bul van 'n brand 25.08.2025

‘n Vegatarier in VSA se eerste werksdag by die brandweer was bietjie van ‘n uitdaging. Sy moes help blus aan ’n brand waar meer as 1,8 ton se biefstukke op ‘n voertuig verbrand het.

Toe word Susan tóg ‘n kunstenaar... én olyfboer 22.08.2025

Seker die mees interessante storie by die plaas Kamerkloof in die Baviaanskloof is dié van Susan Marais Reynecke van haar ouers wat haar op 'n afdraaipad van die kunste probeer sit het, en sy 'n verpleegster geword het. Deesdae is sy 'n kunstenaar, olyfboer en 'n parser. Mariska Spoormaker het gaan inloer.

360 Speseryroete - Deel 95 22.08.2025

Sjef Adél Hughes vertel van haar gunsteling speserye wat sy vir vis gebruik by die Seebamboes-restaurant. Martelize proe haar gepekelde vis en klipkombers focaccia.

Peperduur koffie van Panama 22.08.2025

Geisha is koffie van Panama wat onlangs teen $30 204 (sowat R527 000) per kg verkoop is aan ‘n handelaar in Dubai!

Ysterperde in Mongolië 21.08.2025

Hy is ‘n motorfietstoerleier na vreemde lande. Johan Rademan het onlangs deur Mongolië gereis, en na 2 500 km, van die pad af toevallig paaie gekruis tussen die Wildeperde van dié land, en Henk Kotzee se ysterperde.

Jonk 21 Augustus 2025 21.08.2025

Michelle Cotter vertel vir Martelize Brink hoe die apparaat werk waarmee slaap gemonitor word, en hoe CPAP-masjiene werk wat help met asemhaling.

Hare op jou tande 21.08.2025

Wetenskaplikes by King’s College in London het bevind dat keratien, ‘n proteïen wat onder andere in hare voorkom, skade aan die emaljelaag van jou tande kan herstel, met ‘n lagie wat emalje naboots.

Dit gaan goed met die Boyce-gesin 20.08.2025

Seremoniemeester en radio-omroeper Francois Boyce, en sy vrou, Amoré, vertel hoe dit deesdae met hulle 14 maande oue seuntjie, Levi, gaan nadat hy as baba met seldsame infantiele spasmasindroom gediagnoseer is.

Seldsame verbindings in Cannabis-blare 20.08.2025

Dr. Magriet Muller vertel van seldsame verbindings, gesog in die farmaseutiese bedryf, wat in Cannabis-blare gevind is.

Watter kerktoring is die hoogste? 20.08.2025

Watter een van die twee kerktorings is die hoogste? Aberdeen se NG kerk of Paarl se Toringkerk? Tienie Appel vertel vir Martelize Brink dat 'n landmeter ‘n antwoord op die vraag het.

Verkoop kaartjies vir jou troue 20.08.2025

‘n Onderneming in Frankryk fasiliteer kaartjies vir mense wat vreemdelinge se troues wil bywoon. Dié inkomste help om vir die troue te betaal.

Êrens oorsee 19 Augustus 2025 19.08.2025

Lynette Häuselmann vertel vir Martelize Brink van die lewe in St. Gallen in Switserland. St. Gallen is die naam van die stad sowel as die kanton waar sy woon.

Die Baai se groenste skool 19.08.2025

Kabega Primêr in Gqeberha neem die voortou wanneer dit by herwinning en omgewingsake kom. Dié skool het in een jaar 43 000 kilogram glas herwin, is deur die Natuurlewevereniging van Suid-Afrika as groepkategoriewenner aangewys, en nou is een van hulle onderwysers met 'n internasionale toekenning bekroon. Mariska Spoormaker het daar gaan inloer.

Die rol van dameskleedkamers 19.08.2025

Mandie Uys praat oor die geskiedenis en sosiale rol van dameskleedkamers.

Sweedse kerk vat die pad 19.08.2025

‘n Kerk in Swede is in sy geheel verskuif na ‘n nuwe staanplek. Die gebou van 672 ton is met ‘n hyskraan gelig en op reuse rolplatforms gelaai vir die trek.

Seldsame rodolietbed ontdek 18.08.2025

Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van ‘n seldsame habitat, ’n rodolietbed, wat onlangs ontdek is in die iSimangaliso Mariene Beskermde Gebied aan KwaZulu-Natal se kus.

Wat is klankgenesing? 18.08.2025

Genesing word nie net uit die apteek se glasbotteltjies geskud nie. Antoinette Bishop vertel van klankgenesing. Haidee Muller-Isaacs het gaan luister na die klank wat uit haar kristalinstrumente kom.

Hoe het julle ontmoet? 18 Augustus 2025 18.08.2025

Maud Pelser vertel vir Martelize Brink hoe Kobus haar as kind al ontmoet het.

Selfsoek-verlowingsdiamant 18.08.2025

Micherre Fox het besluit sy wil self die diamant vir haar verloofring gaan soek, in die grond. Haar soektog het ‘n 2,3 karaat wit diamant opgelewer!

Om Nederland plat te stap 15.08.2025

Hoekom sal ‘n Suid-Afrikaner wat Suid-Afrika se berge, dale en duineveld gereeld stap, oor die 400 kilometer in Nederland van alle plekke wil gaan stap? Die Pieterpad, wat van die noode na die suide in die oostelike deel van Nederland strek, het haar geroep, sê Esti Stewart van St. Francisbaai.

360 Speseryroete - Deel 94 15.08.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor gremolata, wat geregte tot ’n ander vlak kan verhef.

Nuwe parasiet vernoem na SA prof 15.08.2025

Prof. Louis du Preez sê dis ‘n voorreg om ‘n naam met ‘n parasiet te deel. Die parasiet, Latergator louisdupreezi, is ontdek in die oë van alligators in Amerika.

Lyt til podcasten Driesestig i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.