RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Society

Podcastens hjemmeside

www.rsg.co.za

Seneste episode

6. nov. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,7+ i bedømmelse iOS snart

Episoder

Wees realisties oor jou omstandighede 12.08.2020

Imago kliniese terapeut Pieter le Roux gesels met Martelize Brink oor die voordele van 'n realistiese aanslag tot ons huidige omstandighede.

Geslagsgeweld in die grendeltyd 12.08.2020

Keneilwe Mokalane en Tsietsi Shuping gesels met Martelize Brink van die Kommissie vir Geslagsgelykheid oor geslagsgebaseerde geweld tydens die grendeltyd.

Uitenhage se beroemde Jack omskep in kinderverhaal 11.08.2020

Uitenhage se wêreldberoemde spoorwegbobbejaan, Jack, se storie is nou in 'n Amerikaanse kinderboek vasgevang, en is 'n topverkoper op Amazon. Mariska Spoormaker het met Heilie Combrinck van die plaaslike UD Express gepraat om meer van hieroor te hoor.

Wim se stoele 11.08.2020

Jacqui January gesels met Wim Castleman van Decade Store in Johannesburg oor sy benadering tot die aanskaf en restourasie van ou stoele, veral uit die jare vyftig.

Mediese hulphonde 11.08.2020

Lindi Opperman vertel vir Martelize Brink wat die opleiding van mediese hulphonde behels.

Kursusse oor geslagsgeweld 10.08.2020

Iain Erasmus vertel vir Martelize Brink van kursusse wat op skoliere en studente gemik is om die probleem van geslaggebaseerde geweld aan te pak.

Plofstofveiligheid 10.08.2020

Rod Keyser vertel vir Martelize Brink van veiligheidsaspekte van wapen- en plofstofvervaardiging in Suid-Afrika.

Mike Schutte se dogter praat oor haar pa 07.08.2020

Met grendeltyd se laaie en kaste opruim, het Mariska Spoormaker op 'n foto van haar as jong joernalis afgekom waar Mike Schutte haar in 'n stoeigreep beet het. Sy het die foto, geneem in die vroeë tagtigs, op haar Facebookblad gedeel en was só verstom oor die oorweldigende positiewe reaksie daaroor dat sy gepraat het met Dalene Schutte Louw, groot ou Mike se dogter.

Erica Louw 07.08.2020

Erica Louw was vyf jaar lank betrokke by die Nasionale Jeugorkes. Dit het vir haar deure oopgemaak, en aan die begin van die jaar het Washington D.C. vir haar gewink...

Hond monitor baas se suikervlakke 06.08.2020

Melanie Basson vertel vir Martelize Brink van haar ervaring met haar mediesesorghond, Hazel. Melanie is 'n Tipe 1-diabeet. Hazel help haar om haar suikervlakke te monitor.

Projek met gesinsgeweldoortreders 06.08.2020

Lesley Thomas vertel vir Martelize Brink van Famsa se projek met oortreders in gesinsgeweld.

Odessa Swarts 06.08.2020

Odessa Swarts, ma van Olimpiese ster Wayde van Niekerk, het self uitgeblink in atletiek in haar jonger dae, maar dit was nie altyd maklik nie. Odessa was die oudste van drie. Haar ma was 'n enkelouer en daarom is sy erg geboelie op skool. Sy was nog 'n tiener toe sy Wayde gehad het. Haidee Muller het met Odessa oor haar lewensreis gesels.

Braaipan Karoobos 05.08.2020

Daar word elke jaar baie nuwe soorte plante benaam. Af en toe is daar nuwe plantgeslagte, maar nuwe plantfamilies word selde ontdek en benaam. Wessel Swanepoel was betrokke by die onlangse benaming van die Braaipan Karoobos-familie. Dit kom slegs voorby drie panne in die Karasbergdistrik in die suide van Namibië.

Renosters 05.08.2020

Dr. Sam Ferreira, 'n grootdier-ekoloog van Sanparke, gesels oor renosters.

Borsvoeding 04.08.2020

Dieetkundige Megan Pentz-Kluyts gesels met Martelize Brink oor moeders wat nie kan borsvoed nie, en wat die alternatiewe vir borsmelk is.

Richardsbaai Ekumeniese Seevaardersentrum 04.08.2020

Ds. Jaco Dreyer gesels met Martelize Brink oor die Richardsbaai Ekumeniese Seevaardersentrum se dienste aan seevaarders, wat deesdae baie uitdagings het weens Covid-19.

Denver Vraagom 04.08.2020

Die akteur Denver Vraagom vertel vir Haidee Muller van sy jarelange stryd teen alkoholisme en hoe dit deesdae met hom gaan op die waterkar.

Neem verlof in die grendeltyd 03.08.2020

Anton Engelbrecht vertel vir Martelize Brink van die belangrikheid draavan om steeds verlof te neem tydens die grendeltyd.

Bierskyfies 03.08.2020

Christo Worst vertel vir Martelize Brink hoe daar deesdae op Darling skyfies gemaak word as byproduk uit die bierbrouproses.

Play Africa 03.08.2020

Ann Simmons vertel vir Martelize Brink van die kindermuseum by Konstitusieheuwel in Johannesburg, waar kinders uit alle vlakke van die samelewing kan saamspeel en van mekaar leer.

Hoe lyk die toekoms van koerante? 31.07.2020

Adriaan Basson gesels met Martelize Brink oor internasionale tendense in die koerantbedryf.

Vrouemaand by KunsteKaap 31.07.2020

Simone Heradien vertel vir Martelize Brink van die bedrywighede by KunsteKaap tydens Vrouemaand.

Karoo-karwagte en die groot Graaff-Reinet onthou 31.07.2020

Hierdie is 'n storie oor 'n klompie baie behulpsame karwagte,'n Karoo-brood wat oor die wêreld agter Gary Player gepos is, en dr. Anton Rupert. Maar eers terug na die dag van die karwagte, want dit is waar die storie se onthou begin het. Die hooffiguur in die storie is Christa Hahn, 'n inwoner van Graaff-Reinet wat 22 jaar lank die bestuurder van die Drostdy Hotel op die dorp was. Sy vertel vir Ma...

Universiteite en Covid-19 in 2021 30.07.2020

Dr. Linda Meyer vertel vir Martelize Brink watter invloed die Covid-19-pandemie sal hê op die 2021-inname van studente by universiteite.

Ontdek ‘n rare kunsversameling in Suid-Afrika 29.07.2020

Johan Rademan het by Nicky Coetzee se huis gaan besoek aflê en op kultuurhistoriese skatte uit Frankryk afgekom wat jou asem sal wegslaan - antieke tapeserieë van tussen 200 en 400 jaar oud!

Lyt til podcasten Driesestig i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.