RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Huisverbetetings wat waarde toevoeg 11.03.2021 10:15
Watter soort verbeterings moet jy aan jou huis doen en watter persentasie van jou eiendomswaarde moet jy spandeer om werklik 'n opbrengs op jou belegging te verwag. Johan Rademan kry die antwoorde by Jeanne du Plessis, kommunikasiekonsultant by kandua.com.
Jong akteurs gehelp 10.03.2021 10:49
Haidee Muller-Isaacs gesels met aktrise Ira Blanckenberg oor haar passieprojek om jong akteurs die geleentheid te bied om hul verhoogstaal te wys, ondanks die kansellasie van ander dramakompetisies en eisteddfods weens die Covid-19-pandemie.
Onderwyser se Dakar-droom word waar 09.03.2021 8:34
Paul Ludeke van Uitenhage is seker die enigste onderwyser in die land wat kan sê hy was aktief betrokke by die Dakar-woestynren. Dit maak van Paul 'n goeie rolmodel, want die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar, waar hy onderwyser is, is die enigste skool in die land wat motorsport as ‘n buitemuurse aktiwiteit aanbied. Mariska Spoormaker wou by hom weet hoe hy by die Dakar beland het.
Speldekussings 09.03.2021 11:35
Johan Rademan gesels met dr. Eugenie-Lien Louw, operasionele bestuurder en protea- en sitruskonsultant by FirstFruits Consulting net buite die Paarl. Sy het haar doktorsgraad in speldekussings gedoen. Hierdie proteasoort is gesog in die wêreld, en sorg dat Suid-Afrika sowat R150-miljoen per jaar met uitvoere verdien. Die mier speel 'n belangrike rol in die beskerming van die saad, voor ‘n veldbran...
Toep vir trauma- en misdaadsituasies 09.03.2021 8:15
Trigger, 'n nasionale nooddienstoepassing, is ‘n toep wat trauma- en misdaadsituasies kan oplos of veiliger maak wanneer ‘n mens in ‘n gevaarlike situasie beland. Ben Booysen, die bedryfshoof van Trigger, vertel wat die toepassing doen en die behoefte daarvoor.
Geslagsgelykheid in die werkplek 08.03.2021 9:45
Op Internasionale Vrouedag gesels Martelize met dr. Linda-Louise Geldenhuys van Boston City Campus oor geslagsgelykheid in die werkplek.
Huurders en verhuurders 08.03.2021 6:08
Martelize Brink praat met Zabeth Venter, bestuurshoof van Averly, oor die verhouding tussen huurder en verhuurder. Hulle gebruik tegnologie om hierdie verhouding te verbeter, want dis gewoonlik gelaai met struweling.
Wat is Moringa? 08.03.2021 13:43
Ons bespreek hierdie indringerplant. Hoe word dit gekweek? Waarvoor word dit gebruik, en wat is die gesondheidsvoordele?
Melene Roussouw 05.03.2021 12:52
Sy is onlangs aangestel as een van die direkteure van WP Professionele Rugby, en in 2020 het was sy op die lys van die Top 10 mees uitsonderlike jongmense in die wêreld. Jacqui January gesels met Melene Roussouw, ‘n jong vrou van die Kaapse Vlakte, wat haar lewe wy aan ‘n geslagsgelyke samelewing.
Gee fooitjies sonder kontant 05.03.2021 9:01
Luandrn Jansen van Vuuren, medestigter van uPhil, vertel van ‘n kontant- en kontaklose fooitjietoepassing.
Haweloses en Covid-19 05.03.2021 11:04
Leona Pienaar, die bestuurshoof van MES, praat oor die uitdagings van haweloses om hulleself teen Covid-19 te beskerm.
Die kleure van herfs 04.03.2021 8:28
Annerie Senekal is die assistentkurator: orgideëversameling van die Stellenbosch Universiteit se Botaniese Tuine. Sy het ‘n graad in biodiversiteit en ekologie. Johan Rademan het haar gepols oor die besondere kleure van die fauna en flora wat ons aandag trek, en oor hierdie besondere seisoenale tyd.
Taal en lees baie belangrik vir kind se ontwikkeling 04.03.2021 15:31
Neurowetenskaplikes het ontdek dat 50% van ‘n mens se intelligensie tussen geboorte en die ouderdom van vier ontwikkel. 'n Kind se volle potensiaal hang af van stimulerende ervarings in dié tyd. Die vermoë om jouself duidelik en akkuraat in jou taal te kan uitdruk, met ‘n goeie grondlegging in woordeskat, fonetiek en gesigsuitdrukkings, is belangrike boustene van 'n kind se skolastiese prestasies...
Klere en hulpmiddels vir mense met gestremdhede 03.03.2021 13:35
Op Malmesbury maak kwadrupleeg Furlo Theron en arbeidsterapeut Hilletje Wiehan klere en hulpmiddels wat aangepas is vir mense met gestremdhede.
Bestuursvaardighede 03.03.2021 6:20
Wat is basiese bestuursvaardighede wat jy nodig het in die nuwe normaal ná Covid?
Die honde-oppasser 03.03.2021 10:36
Karen Köhn het sowat 14 jaar vir ‘n groot mediamaatskappy gewerk. Sy is vier keer deur dieselfde maatskappy afgelê, en het daarna op vryskutbasis begin werk. Om die pot aan die kook te hou, moes sy haar inkomste aanvul. Vandag is sy ‘n passievolle honde-oppasser. Sy sê honde het haar hart heel gemaak het toe sy op haar laagste was.
Die familie Duck is voltydse trek-eende 02.03.2021 9:23
Vyf jaar gelede het Wayne en Ronelle Duck hulle huis en alles wat daarmee saamgaan, verkoop om 'n nomadiese lewe in hulle omgeboude voertuig te voer. Mariska Spoormaker het hulle in De Vlugt raakgeloop, en by Ronelle gehoor wat hulle alles moes doen om permanente trek-eende te kon word.
Oefening om gesond oud te word 02.03.2021 11:05
Biokinetikus Joanna Coetzee praat oor die belangrikheid van fiksheid om ouer persone gesond te hou.
“High Tea” en “Afternoon Tea” 02.03.2021 9:12
Johan Rademan gesels met meesterbakker, Zillah Britz, oor die verskil tussen “High Tea” en “Afternoon Tea” en hoe Suid-Afrikaners dit gerus meer kan omarm, gebruik en geniet. Sy vertel ook van die jongste neigings in troues en troukoeke.
Beskerm voëls teen jou katte 01.03.2021 16:27
Madré Henderson, 'n gesertifiseerde hond- en katafrigter en eienaar van Cat Chats vertel hoe jy voëls en ander wilde diere teen jou katte kan beskerm.
Beskerm voëls teen jou katte 01.03.2021 16:27
Madré Henderson, 'n gesertifiseerde hond- en katafrigter en eienaar van Cat Chats, vertel hoe jy voëls en ander wilde diere teen jou katte kan beskerm.
Kopieregskendings 01.03.2021 22:48
Die onwettige digitale verspreiding van tydskrifte is 'n spyker in dié medium se doodskis. Martelize Brink praat met Terena le Roux, redakteur en eienaar van die Idees tydskrif, wat onlangs hierdeur getref is. Sy praat ook met 'n kopieregkenner hieroor.
Joe Zimry se pampoenkweek-eskapades 26.02.2021 11:56
Joe Zimry vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy pampoenkweek-eskapades, en hoe sy oupa Ben Bêkkie van Clanwilliam hom geleer het om reuse pampoene te kweek, wat soms met 'n trekker uitgesleepmoes word. Is dit die waarheid? Luister maar self...
Wêreldbiddag vir Vroue 26.02.2021 8:53
Die Wêreldbiddag vir Vroue in Suid-Afrika het verlede jaar haar 90ste verjaardag gevier. Dié saambidgeleentheid wat jaarliks op die eerste Vrydag van Maart herdenk word, word al vir 134 jaar in nie minder nie as 170 lande eerbiedig. Jacqui January gesels met Rinel Hugo, lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee van Wêreldbiddag SA, oor hierdie besondere samekoms.
Alex Wehmeyer 26.02.2021 12:49
Alex Wehmeyer vertel vir Martelize Brink van sy betrokkenheid by die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum se veldhospitaal tydens die Covid-pandemie. Hy is genomineer as gemeenskapsheld vir sy rol daar as kliniese aptekerswesestudent.
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.