RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Society

Podcastens hjemmeside

www.rsg.co.za

Seneste episode

22. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

200 Deure toegeplak 16.06.2026

‘n Vandalis het nagenoeg 200 deure met gom toegeplak by ‘n hoërskool in San Diego, Kalifornië tydens hulle jaareindeksamen.

Die impak van die sardynloop 15.06.2026

Maryke Musson praat oor die impak van die sardynloop op die ander diere in die omgewing.

In die wêreld van landbou 15 Junie 2026 15.06.2026

15 Junie 2026: Vandeesweek in landbounuus berig ons oor die voerkraalreus, Karan Beef, wat vleisuitvoere hervat; Suid-Afrika en Italië hoop om samewerking oor landbou en landbouverwerking uit te brei; Suid-Afrika se landboubedryf teken ’n rekordhandelsoorskot in die eerste kwartaal van 2026 aan; en, die Nasionale Wolkwekersvereniging bied sy 95ste kongres aan.

Hoe vries ek vleis? 15.06.2026

Prof. Phillip Strydom vertel vir Martelize Brink hoe jy vleis behoort te vries, en dan weer te ontdooi.

'n Restaurant te goed vir regeringsamptenare 15.06.2026

King’s Joy, ‘n restaurant in China, is ‘n plek waar regeringsamptenare nie gesien mag word nie. Dis ‘n 3 ster-Michelinrestaurant, wat ook Michelin se Groen Ster vir volhoubare praktyke het. Met die goedkoopste dis wat $250 is, is dit heeltemal te uitspattig vir die regerende Kommunistiese Party.

Ervaar die tradisionele plaaslewe op Soetmelksvlei 12.06.2026

Langs Babylonstoren in die Franschhoekvallei is ‘n werkende plaas, Soetmelksvlei. Hier word daar nog met die hand gewerk soos in die laat 19de eeu. Kom ruik, voel en beleef die era toe tydsintensiewe vaardighede nog sentraal tot die ekonomie gestaan het. Johan Rademan wou by die hoof van Soetmelksvlei, Adele Johnson, hoor wat alles op mense wag tydens die aktiwiteite van ‘n plaaswerf wat meer as 1...

360 Speseryroete: Wildsvleis 12.06.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel wat die ou geskrifte sê oor kosmaak met wildsvleis.

Sonsambreel-verbod op die strand 12.06.2026

Daar is ‘n verbod op sonsambrele by ‘n strand in Sardinië. Net as jou gesin daar is met ‘n kind onder 10, of as jy ouer as 65 is, mag jy ‘n sambreel strand toe vat. Die toegangfooi tot die strand is 10 Euro, maar 5 Euro as jy met ‘n boot daar aankom.

Fonteinname in SA 11.06.2026

Prof. Matilda Burden vertel vir Martelize Brink van Opreisfontein, ‘n boek met fonteinname in Suid-Afrika en hulle stories.

Jonk: Biometing in sport 11.06.2026

Biokinetikus Marius Cornelissen praat oor biometing in sport. Hy vertel wat mense meet en waarmee, van profesionele atlete tot fiksheidsentoesiaste.

VSA en Kanada se gedeelde biblioteek 11.06.2026

Die Haskell Free Library and Opera House is op en oor die grens tussen Kanada en die VSA in Quebec en Vermont gebou. Nou is daar ‘n biblioteekdeur slegs vir Kanandese. Voorheen het almal oor die grens heen, dieselfde hoofingang aan die VSA-kant gebruik. In Oktober 2025 het die VSA dié praktyk gestop. Nou is ‘n nooduitgang aan Quebec se kant, omskep in Kanada se amptelike ingang.

Breyton April, die jong visserman van Bettysbaai 10.06.2026

Breyton April se pa het hom al jonk-jonk geleer visvang. Op vyf het hy al sy eie visstok gehad, en vandag, op 24, is dit sy beroep. Haidee Muller-Isaacs het afgesit Bettysbaai toe om met hom te gesels. Nodeloos

La Sagrada Familia se hoogste toring ingewy 10.06.2026

Marius Coetzee vertel van die inwyding van die La Sagrada Familia-katedraal in Barcelona se hoogste toring. Dit volg ‘n eeu ná die dood van Antoni Gaudí, die grootste Katalaanse argitek en ontwerper.

Op soek na Maskam 10.06.2026

Melt van der Spuy vertel vir Martelize Brink van die dokumentêre film, Op soek na Maskam, wat hy van sy grootwordplek gemaak het.

Sonde met die bure 10.06.2026

‘n Vete tussen bure op die Engelse platteland kan ‘n pensionaris in die tronk laat beland. Ná 15 jaar se onmin was die laaste strooi toe die dame ‘n grassnyer aangelos het om haar bure se kuiertjie met vriende op die stoep met die klank te saboteer.

Êrens oorsee: Marioneiland 09.06.2026

Roelf Daling vertel vir Martelize Brink van die lewe op Marioneiland. Hy was lager as ‘n jaar lank deel van ‘n navorsingspan op dié sub-antarktiese vulkaaneiland in die suidelike Indiese Oseaan.

Change Makers help met dwelms en bendes 09.06.2026

Change Makers Worcester is 'n nie-winsgewende organisasie wat werk met mans wat wil wegbreek uit die greep van dwelms en bendes. Haidee Muller-Isaacs het daar gaan inloer, en ook die storie gehoor van 'n ambagsman wat eens op 'n tyd onder 'n brug geslaap het.

Dis in die pos... 09.06.2026

‘n Tydskrif wat moes help met kinders grootmaak, is in Engeland 19 jaar laat deur Royal Mail afgelewer, met daardie kinders reeds op universiteit.

Nuwe parasiet na haar vernoem 08.06.2026

Dr. Martine Jordaan vertel vir Martelize Brink van 'n nuwe parasiet, Paradiplozoon jordaanae, wat op ‘n vis ontdek is. Dit is na haar vernoem.

In die wêreld van landbou 8 Junie 2026 08.06.2026

In die week se landbounuus berig ons oor Suid-Afrika se eerste nasionale sensus van vrylopende jagluiperds; China skrap invoerheffings op rooibos uit Suid-Afrika; die jaarlikse Desert Beef-slagoskompetisie het weer groot belangstelling in die Noord-Kaap ontlok; en rolspelers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf het in Stellenbosch bymekaar gekom vir die derde jaarlikse Wynberaad.

Hoekom is party vleis sagter as ander? 08.06.2026

Prof. Phillip Strydom praat oor die faktore wat beïnvloed of vleis sag is.

Stoei in die biblioteek 08.06.2026

In Kalifornië word stoeigevegte gebruik om mense biblioteek toe te lok.

Migel Uys se liefde vir koorsang 05.06.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met die jong koorleier/dirigent Migel Uys oor sy liefde vir die hartstaak om jong koorsangers se talente te ontgin. Is dit soms 'n stryd met die heel kleintjies? Haidee het gaan uitvindt tydens ‘n kooroefening.

360 Speseryroete: Die bestraling van kos 05.06.2026

Prof. Gunnar Sigge en Hetta van Deventer-Terblanche praat oor oor die bestraling wat gebruik word om kos se rakleeftyd te verleng.

Teler in moeilikheid oor eksotiese kakkerlakke 05.06.2026

‘n Kakkerlakteler in Nieu-Seeland is in die moeilik oor meer as 100 000 onwettige eksotiese kakkerlakke vir die troetelreptielvoermark.

Lyt til podcasten Driesestig i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.