RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
RSG Landbou 10 Maart 2026 10.03.2026 21:13
Die landboumaatskappy, BKB, werk die afgelope jaar saam met SA Stamboek om dieregenomika vir Merino-skaapboere meer prakties uitvoerbaar te maak. Isak Staats verduidelik wat hierdie projek behels. ‘n Nuwe geval van Afrika-varkpes is in November 2025 op ‘n plaas in Gauteng aangemeld, en sedertdien het die siekte op ‘n verdere vyf plase voorgekom. Dr. Marlene Louw van die SA Varkprodusente-organisas...
RSG Landbou 9 Maart 2026 09.03.2026 23:29
Waarom is Suid-Afrikaanse olyfolie so duur? Wendy Petersen van SA Olive verduidelik hoe pryse beïnvloed word. Prof. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingraad praat oor die rol wat die bees se vel in die dier se aanpasbaarheid speel. Watter velkleur dink jy is die meeste bestand teen hitte? Ceres Fruit Growers het onlangs ‘n internasionale toekenning ontvang. Dié erkenning beklemtoon hierdie app...
RSG Landbou 7 Maart 2026 07.03.2026 13:03
Wilfred Fortuin is aangewys as die wyn-agriwerker van die jaar deur die departement van landbou in die Wes-Kaap. Op ouderdom 31 het hierdie kelderassistent hom reeds gevestig as leier en mentor in die bedryf. Hy ag sy ouers as sy rolmodelle, en leef daarvoor om ‘n verskil in die lewe van ander te maak. Sy grootste droom is om self wynmaker te wees.
RSG Landbou 6 Maart 2026 06.03.2026 22:17
Word kurrikulums aangepas en hersien weens die huidige voorkoms van bek-en-klouseer? Marietjie Cornelissen, adjunkdirekteur van kwaliteitsbestuur by die Elsenburg Landbou Opleidingsinstituut, praat hieroor.
RSG Landbou 5 Maart 2026 05.03.2026 25:05
Agri-Expo is op soek na die volgende jong grensverskuiwer in die suiwelbedryf. Is jy jonger as 40, en lewer reeds ‘n betekenisvolle en meetbare bydrae tot die suiwelbedryf? Andries Wiese van Hollard vertel meer. Daar is die afgelope tyd baie vrae oor die veiligheid van die melk op ons winkelrakke, gegewe die huidige bek-en-klouseer-krisis. Jompie Burger van die Suiwelstandaard-agentskap beantwoord...
RSG Landbou 4 Maart 2026 04.03.2026 23:24
Die Agri Securitas Trustfonds het onlangs R1 miljoen ryker geword, danksy ‘n groep fikse werknemers van NWK en ander lede van die Lichtenburg-gemeenskap. Ysters vir Landbou is ‘n inisiatief wat in 2024 beplan is, en op 16 November tot volvoering gekom het toe sewe solo-deelnemers en 12 aflosspanne aan die Mosselbaai Ysterman-kompetisie deelgeneem het. Ons gesels met Alf White van NWK. Ons het die...
RSG Landbou 3 Maart 2026 03.03.2026 24:51
Ons kuier by Vetkraal Angoras van Christopher en Ruben Roberts. Dié plaas is geleë aan die voet van die Stormberge naby Burgersdorp in die Oos-Kaap. Dit is ongewone wêreld vir Angoras as jy dit met die Karoo vergelyk. Hierdie familie het egter al groot suksesse behaal. Daar is ook landbounuus, en Heinrich Victor is terug met die jongste wolmarkverslag.
RSG Landbou 2 Maart 2026 02.03.2026 23:06
Het jy geweet herbivore kan koolstof deur middel van fotosintese bind? Om die koolstofvoetspoor op ‘n melkplaas te bereken, word die DESTiny-model gebruik. Dr. Heinz Meissner vertel van Melk SA se projek in hierdie verband. Pannar vier vanjaar hulle eeufees. Ons hoor by Caria Grobler wat dit vir landbou in Suid-Afrika beteken. Tydens ’n onlangse mediatoer van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging,...
RSG Landbou 28 Februarie 2026 28.02.2026 13:40
In ‘n snel veranderende landbou-omgewing is daar heelwaty uitdagings waarmee boere te kampe het. Hoe verstaan ons die rol van private veearste in die huidige voorkoms van bek-en-klouseer? Hoe maak ons sin van beleggingsgeleenthede en die belofte van groei? Daneel Rossouw, hoof van verkope in landbou by Nedbank, werp lig op die kwessies.
RSG Landbou 27 Februarie 2026 27.02.2026 22:21
Professor Stephanie Midgley, spesialiswetenskaplike in klimaatsverandering by die departement van landbou in die Wes-Kaap, was ’n spreker by COP, die VN se konferensie oor klimaatsverandering. Sy praat oor die moontlike implikasies vir Suid-Afrika sou reënwoude in die tropiese gebiede van Suid-Amerika tot niet gaan. Ná ‘n onlangse sneeustorting in Kalifornië vind ons ook uit of sneeustortings as n...
RSG Landbou 26 Februarie 2026 26.02.2026 21:02
Rooibos-uitvoere het in 2025 vir die eerste keer die 10 000 ton-merk oorskry, in weerwil van klimaatwisselvalligheid en strenger regulering. Ons praat hieroor met Dawie de Villiers van die SA Rooibosraad. Johan van den Berg is oudergewoonte terug met die week se landbouweervooruitsigte, en Chris Derksen vertel wat met vleispryse gebeur het.
RSG Landbou 25 Februarie 2026 25.02.2026 24:25
Ons hoor dikwels dat daar na wol verwys word as ‘n natuurlike vesel, maar het jy geweet nuwe navorsing wys dat wol se koolstofintensiteit aansienlik verminder wanneer die biogeniese vloei van koolstof in ag geneem word? Ons berig oor bedrog in die visbedryf, wat ‘n wêreldwye probleem is; angellose bye wat amptelike regte in Peru verkry het, en die Amerikaanse Departement van Landbou wat waarsku da...
RSG Landbou 24 Februarie 2026 24.02.2026 24:12
Het jy geweet die geharde droë Kalahari- en Karoo-streke word sterk beïnvloed deur die koue Benguela-seestroom wat noordwaarts langs die suidwestelike kus van Afrika vloei? Hoe oorleef plante en diere in dié streke, en watter impak het dit op landbou? Ons praat met Jakkals Olivier oor die uniekheid van die Victoria-Wes Skou, en die skou se opkomende boer-wenner, Thys Agterdam, praat oor sy sukses.
RSG Landbou 23 Februarie 2026 23.02.2026 22:14
Om die vleisbeesbedryf se mededingendheid te verbeter, moet diere beter by hulle omgewing kan aanpas. Só sê prof. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad. Ons praat met hom oor die Vleisbeesgenomikaprojek se klimaatswerkswinkel wat vroeg in Maart by die Future Africa-kampus in Pretoria gehou word. HW Beeken van Pioneer Saad praat oor die verskille tussen mieliekultivars wat ’n direkte invloe...
RSG Landbou 21 Februarie 2026 21.02.2026 13:43
In ‘n spesiale aflewering van RSG Landbou vier ons boere-humor - sêgoed en staaltjies oor Suid-Afrikaanse plase en die mense wat daarop woeker. Ons stel ondersoek in na idiome met ‘n landbouherkoms, van ‘n kapokhaan tot ou koeie in die sloot.
RSG Landbou 20 Februarie 2026 20.02.2026 21:31
Dr. Albert Strever, hoof van die Departement Wingerd en Wynkunde by die Universiteit Stellenbosch, praat oor studenteopleiding in landbou – van spesialiste in dissiplines tot veerkragtigheid in ‘n moderne werkplek en in industrieë met uitdagings. Hy vertel hoe universiteitsopleiding moet aanpas by die werkplek van die toekoms.
RSG Landbou 19 Februarie 2026 19.02.2026 21:15
Daar is groot kommer oor die impak wat verskeie kaktusspesies op weiding het. Het jy geweet daar is navorsing wat bewys dat dit nie net nadelig is vir wol- en sybokhaarproduksie nie, maar dat dit ook vleisgehalte kan beïnvloed indien die dier dit sou vreet? Noord-Kaapse veeprodusente word uitgenooi om die kaktusspesies wat ‘n probleem op hulle plase is, na ‘n inligtingsdag op Upington te bring. Rh...
RSG Landbou 18 Februarie 2026 18.02.2026 23:27
Haelskade in sommige produksiegebiede het ‘n demper op Suid-Afrika se appel- en peer-oesseisoen geplaas. Die seisoen het ook vroeër as gewoonlik afgeskop. Roelf Pienaar van Tru-Cape sê hoewel die skade kommer wek, bly die bedryf versigtig optimisties. Dieresiekte-uitbrekings is nie nuut nie, maar die omvang en herhaling wat ons tans in Suid-Afrika ondervind, is kommerwekkend. Die fokus op streng b...
RSG Landbou 17 Februarie 2026 17.02.2026 24:09
Ons kuier in die Leniesdeel-omgewing by Nicol Muller. Hy is sedert 1990 ’n boerbokprodusent, en het in 2025 by Samic se nasionale karkaskompetisie eerste plek in die boerbok-afdeling behaal. Waarom is boerbokvleis nie geredelik op winkelrakke in Suid-Afrika beskikbaar nie. Watter persepsies is daar oor dié vleis? Heinrich Victor is terug met die jongste wolmarkverslag.
RSG Landbou 16 Februarie 2026 16.02.2026 24:12
Het jy geweet diere se sterthare word gebruik wanneer DNS-toetsing by vee gedoen word? JC Botha van Unistel verduidelik hoe die proses werk, en praat oor die voordele van DNS-toetsing vir veral stoetbeesprodusente. Ons hoor by Aartappels SA wat in Januarie met aartappelpryse gebeur het. Dit is nie net bek-en-klouseer wat tans die rooivleisbedryf teister nie. Daar is ook groot kommer oor slenkdalko...
RSG Landbou 14 Februarie 2026 14.02.2026 12:56
Ons ontmoet ‘n jong landbouleier met ‘n hart vir diere en ‘n oog op die toekoms. In ons Valentynsdag-uitgawe hoor ons ‘n landbouliefdesverhaal. Shannon Robertson is ‘n assistent lewendehawebestuurder by die Boschendal-wynlandgoed. Die belangrikste lesse wat sy in haar lewe geleer het, verewig sy as tattoeëermerke op haar linkerarm. Sy gesels oor haar landboudrome.
RSG Landbou 13 Februarie 2026 13.02.2026 21:41
Die hoof van Agri Wes-Kaap, Jannie Strydom, praat oor belangrike datums op die landboukalender. Hy benadruk ook die rol van naspeurbaarheid in die konteks van bek-en-klouseer. Bertus Myburgh, ‘n navorsingstegnikus by die Outeniqua-navorsingsplaas, vertel van die Anguskudde op die plaas, en die navorsing wat verband hou daarmee.
RSG Landbou 12 Februarie 2026 12.02.2026 24:20
Wat presies is organiese vleis? Is daar wette en regulasies in Suid-Afrika wat die produksie en bemarking daarvan reguleer? Johan van den Berg praat oor die jongste weervooruitsigte, en Chris Derksen is terug met die week se vleispryse.
RSG Landbou 11 Februarie 2026 11.02.2026 20:42
Het jy geweet ’n rekordgetal van 1 110 suiwelprodukte van 77 vervaardigers is in 2025 vir die SA Suiwelkampioenskap beoordeel? Inskrywings vir vanjaar se kompetisie het reeds geopen. Alle besighede, insluitend boerderye, moet by die Departement van Indiensneming en Arbeid se Vergoedingsfonds geregistreer wees om hulle werkers teen werksbeserings te dek. Administratiewe boetes kan gehef word indien...
RSG Landbou 10 Februarie 2026 10.02.2026 23:35
Die vergiftiging van die lewer by melkbeeste staan as sporidesminvergifting bekend. Het jy geweet Nieu-Seeland sukkel al 50 jaar om ‘n oplossing vir dié probleem te kry? Dis ook ‘n navorsingsprojek van Melk SA met dr. Heinz Meissner aan die stuur. Presisie-skaapboerdery kom onder bespreking met Isak Staats van BKB. Hy verduidelik wat dit behels. en praat oor die voordele hiervan...
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály