Afrikaans.Radio

Nagsê Here

Aand oordenkings saamgestel en aangebied deur Ds. Theunis Coetzee.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.afrikaans.radio

Autor

Afrikaans.Radio

Kategorie

Religion

Web podcastu

www.afrikaans.radio

Nejnovější epizoda

27. srp 2023

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android 10 mil.+ stažení · hodnocení 4,7+ iOS už brzy

Epizody

Nagsê Here #20 22.06.2023

Goeie Naand, Het jy al gewonder waarom jy is, waar jy is? Hoeveel van ons mense het nie kinders of familie oorsee nie, in ‘n ver vreemde land, hoeveel van hulle verlang nie terug nie. Elkeen se wens is “As dit maar anders kon”. Tog pas ons almal aan, soos met die omgewing, die klimaat, tye, kulture, vriende, humor, leefwyse en reëls. Niks verander waar jy jouself, nou bevind nie. Net jy kan jou em...

Nagsê Here #19 21.06.2023

Goeie Naand, Om totsiens te sê is nie altyd lekker nie. Dink maar aan die kere op lughawens, die terugry of wegry van kinders, kleinkinders, die onsekerheid oor die toekoms. Moses het gesê dat hy te oud is om oorlog te maak. Vir 40 jaar was hy die volk se leier, hulle boodskapper van God. Hy het hulle vertel dat hy nie meer verder oor die Jordaan sal trek nie, so het God besluit, sy totsiens was ‘...

Nagsê Here #18 20.06.2023

Goeie Naand, Ek hoop dit gaan goed met jou en jou geliefdes. Daar is soveel gebroke verhoudings, feitlik daagliks verneem ek van vriende wat baklei of kwaad is vir mekaar, mense wat vertrou is en ander in die steek gelaat het of besteel het. Dan praat ons nie eers van huwelikke wat op die rotse land nie en die ewige twis in families tussen broers, susters of ouers nie. In die kerk ervaar jy seerkr...

Nagsê Here #17 19.06.2023

Goeie Naand, Ons ken almal die liedjie “Wat ‘n Vriend het ons in Jesus, Hy wat in ons plek wil staan..” Wanneer jy aan die woorde dink dan wonder jy dalk ook aan die vriende wat jy het. Met absolute geloof weet jy dat Jesus altyd was, is en sal wees, as Vriend, Verlosser en God. Hoe vergelykbaar is dit met vriende, mense-vriende hier op aarde? In Spreuke 18:24 lees ons vanaand “'n Man met baie vri...

Nagsê Here #16 18.06.2023

Goeie Naand, Hoe bittersoet is die lewe nie? Hoe bitterlekker die ervarings nie? Twee teenoorgesteldes maar so verduidelikend want bitter is nie soet nie en bitter ook nie lekker nie. Maar ons praat van een saak en dit is jou lewe. Jy het beide die teenoorgesteldes al ervaar in jou lewe. Ons verslaaf ons baie keer aan die dinge en gebeure in die lewe en met ons lewe dat ons oorbluf en woordeloos s...

Nagsê Here #15 17.06.2023

Goeie Naand, Gisteraand het ons van God se almag gelees. Hy het gedoen wat net Hy kon doen en geen afgod nie. Al die profete van Baäl is om die lewe gebring. God het reën gebring soos Hy beloof het. Agab het vir Isebel vertel wat gebeur het en hoe Elia voor hom uitgehardloop het. In pleks van dankbaarheid en eerbied vir God stuur sy boodskappers na Elia en beloof om hom dood te maak soos hy met ha...

Nagsê Here #14 16.06.2023

Goeie Naand, Die Here het die Baäl profete uitgedaag. Elia het die volk Israel byeen geroep en by hom laat staan. Vir hulle het hy gesê “Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na!”. Hulle kon nie antwoord nie”. Twyfel oorheers feite en vrees vir Agab en Isebel het hulle verlam. Hulle almal sien hoe die profete bid, met alle vorme van ritu...

Nagsê Here #13 15.06.2023

Goeie Naand, Dit gaan goed, mens voel goed, as alles reg verloop. Jy weet jy gaan die kompetisie of wedstryd wen. Jou tone krul van lekker kry. In 1 Konings 18 lees ons van so ‘n oorwinning. Eers moet ons sê dat Elia gevlug het. Daar was hongersnood en droogte in Israel. Elia het vir Agab en Isebel gesê dit is omdat hulle as koningsgesin van Israel, afgode van Baäl dien en hulle, hulle rug op God...

Nagsê Here #12 14.06.2023

Goeie Naand, Daar is dae wat jy net blydskap ervaar. Jou dag begin sommer met sing onder die shower, jy gee nie om dat die voëltjies wegvlieg nie, die troeteldiere buite toe vlug nie, jy lag selfs as die koekie seep uit jou hande gly. Blydskap stimuleer jou, ongeag omstandighede. Mooi gedagtes, herinneringe en beplannings oorweldig jou. Jy bid terwyl jy aantrek of ry en dink aan jou geliefdes. Jou...

Nagsê Here #11 13.06.2023

Goeie Naand, Wonder jy ook of God jou vergeet het, nie meer aan jou dink nie? Dit voel baie keer in ‘n mens se lewe so wanneer dinge skeef loop of jy swaarkry. God is kwaad vir my en jy dink terug aan hoekom Hy kan wees wetend dat jy soos elke mens maar ‘n ongehoorsame streek in jou het, ons doen nie altyd die regte ding nie. Is hierdie swaarkry dan ‘n straf en is dit nodig so swaar te straf? In J...

Nagsê Here #10 12.06.2023

Goeie Naand, Wat is jy werd? Vergeet nou maar van die mossie antwoord of die lelie in die veld antwoord. Wat is jou waarde wat jy kan toevoeg tot die lewe? Vergeet dan ook maar oor ‘n antwoord van die weduwee met haar laaste sente in die donasie bak. Dit is nie die vraag nie! Hierdie vraag gaan oor jou. Dit gaan oor jou geestelike vermoë, die krag van Die Heilige Gees wat in jou is. In Openbaring...

Nagsê Here #9 11.06.2023

Goeie Naand, Ek hoop dit gaan goed met jou, geliefde van Die Heer. Kan jy soos Johannes getuig oor Jesus se koms aarde toe? Hy begin met sy evangelie “IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van d...

Nagsê Here #8 10.06.2023

Goeie Naand, Daar was so ‘n ken mekaar TV program waarin mense ‘n prys kon wen as hulle die meeste vrae reg beantwoord oor die ander persoon. Wie dink jy ken jou regtig? Iemand wat reg gaan antwoord op vrae soos; “Wat laat jou lag, Wat laat jou huil, Wie is jy, Wat is jou belangstellings, Wat wil jy wees in die lewe, Wat is belangrik vir jou, Wat is jou grootste wens, Hoe reageer jy op insidente i...

Nagsê Here #7 08.06.2023

Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here. Afrikaans. Radio · Nagsê Here

Nagsê Here #6 07.06.2023

Goeie naand, Beleef jy ook sommige dae wat jy net terneergedruk voel. Alles loop skeef, jy wil nie lag nie, jy wil met niemand praat nie, dit voel amper of die lewe in jou tot stilstand gekom het? Kragteloos breuk jy deur die sekondes. Dan lees ons die woorde wat Paulus skryf in 2 Korinthiërs 4 - God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte 'n lig laat skyn om on...

Nagsê Here #5 06.06.2023

Goeie naand, Mense het maar ‘n manier van kommunikasie met woord en daad selfs met lyftaal of "houdinkies". Wyse raad van my pa was altyd as jy iets wil sê dink of dit waar is, of dit nodig is en of dit vriendelik is. As een van die drie ontbreek bly eerder stil. Nou die aand met Spreuke 17 lees ek die laaste twee verse. “Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van...

Nagsê Here #4 05.06.2023

Goeie naand, Soggens nog voor die son sy strale oor die aarde sprei soos glybane van gebeure wat nog moet plaasvind, hoor jy al die voëltjies die dag begroet. Elkeen met sy eie soort lied. In die aand is dit weer die jakkalse wat tjank soos treurliedere, die leeus wat brul en ander diere. Dan vra ons “Hoe begroet jy die dag, hoe beleef jy jou dag?” Is dit met dieselfde gedagte en ingesteldheid waa...

Nagsê Here #3 04.06.2023

Goeie naand, Jy hoef nie alleen te voel as jy op soek is na geluk nie. Elke mens beleef sulke tye, party meer as ander en daar is diegene wat elke dag soekend is na geluk. Dit is nie omdat mens van nature ontevrede is nie maar nie weet hoe om omstandighede te hanteer nie. Geluk word baie kere gemeet aan wat ander het, nie net aardse goed nie maar ook hulle positiewe ingesteldheid. Jy begin om jous...

Nagsê Here #2 03.06.2023

Goeie naand, Ons lees van planete en planeet stelsels. Die afstande tussen planete in kilometers gemeet. Om Pluto te bereik teen die spoed van lig is ongeveer vyf en ‘n half uur. Dan kom daar tye wat jy op aardbodem staan, opkyk en wonder hoe groot die ruimte is, en jy voel klein. Waar is die Hemel dan, waar is die Koninkryk van God? Woorde eggo in jou want Jesus het vir een wat saam met Hom gekru...

Nagsê Here #1 02.06.2023

Goeie naand, Het jy al gedink aan iemand in die ver verlede van jou lewe? Die naam van die persoon het jy vergeet. Wat die persoon gesê het kan jy nie onthou nie. Al wat jy kan onthou is hoe die persoon jou laat voel het. Hierdie persoon kan enige iemand wees, ‘n Laerskool liefde, onderwyser, vriend of wie ookal. Die gevoel wat jy onthou is dalk iets van seerkry, vernedering, woede maar dit kan oo...

Poslouchej podcast Nagsê Here v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály