RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
Veldtog om land en see te bewaar 21.02.2022 5:36
Dr. Roelie Kloppers vertel van die 30x30 NOW-veldtog en die internasionale doelwit om 30% van die land en see teen 2030 te bewaar.
ADHD en voeding 21.02.2022 11:57
Dieetkundige Irene Labuschagne deel die jongste voedingsriglyne vir mense met ADHD.
Doccie se droogtehulproeping 18.02.2022 9:46
Doccie Shields vertel vir Martelize Brink hoe hy sy roeping gevind het om droogtehulp aan te bied.
Ontmoet Freddie, Kaap St. Francis se walvis-skepper 18.02.2022 9:52
Jare lank was Freddie de Jager, inwoner van Hankey in die Oos-Kaap, ‘n verwer tot ‘n ongeluk met ‘n hoekslyper hom letterlik van sy voete geruk en sy inkomste in duie laat stort het. Maar toe kry hy ‘n boodskap in ‘n droom, en nou is hy Kaap St. Francis se bekende skepper van walvisse uit hout. Mariska Spoormaker het Freddie gaan opsoek, en hom tussen sy walvisse gekry.
Frans Swart gesels desjare se TV 18.02.2022 12:59
Frans Swart, stigter van die Oppiwater Kunstefees en vervaardiger van teaterproduksies, gesels oor sy dae as kameraman op die stel van Liewe Heksie, en sy ervaring in die TV-wêreld van desjare.
Die Suid-Afrikaanse daggabedryf 18.02.2022 11:13
Gabriel Theron praat oor die stand van die daggabedryf in Suid-Afrika, na aanleiding van die aankonding in die staatsrede dat groot uitbreiding in die bedryf oppad is.
Kunstenaar Jacob van Schalkwyk 17.02.2022 14:23
Jacob van Schalkwyk vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy kontemporêre kuns.
Geldgids - Episode 33 17.02.2022 13:54
Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter U val, word bespreek deur Linda van Greuning van HGG se Trust-sake-eenheid en...
Vannie Hanover Park 17.02.2022 7:56
Glenn Hans vertel van die Vannie Hanover Park-beweging wat tydens grendeltyd gebore is om sy buurt se mense georganiseerd aktief te kry.
Tatjana Schoenmaker se swempad 16.02.2022 22:46
Swemmer Tatjana Schoenmaker gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar gouemedalje-ervaring by die Olimpiese Spele en die lewe tussen byeenkomste.
Help red Kouga se uiters skaars valk 16.02.2022 9:51
Daar is net sowat 1 600 witkruisvleivalke (in Engels bekend as black harriers) oor in die wêreld. Tot die vreugde van natuurliefhebbers in die Oos-Kaapse Kougastreek, kom dié valk se grootste kommunale slaapplek in hierdie gebied voor. Wentzel Coetzer, bewaringsfasiliteerder van die Groter Kromme-omgewingsprogram, het Mariska Spoormaker na dié spesiale plek net buite Jeffreysbaai geneem.
Beskerm jou só teen psigopate 16.02.2022 9:26
Prof. Renata Schoeman vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe jy jouself teen 'n psigopaat kan beskerm.
Andries Dirks - kunstenaar en aktivis 15.02.2022 3:50
Andries Dirks is ‘n kunstenaar wat welbekend is in die Riebeekvallei. Hy is ook ‘n aktivis vir sy Khoi-kultuur, wat hy in sy werk vasvang. Hy was amper ‘n dekade lank in die tronk voordat hy sy lewe omgedraai het, en vandag ander jong kunstenaars in sy gemeenskap motiveer om die regte besluite te neem. Johan Rademan het met hom gesels.
Gert van Wyk se storie 15.02.2022 8:16
Gert Van Wyk is sedert 1986 aan 'n rolstoel vasgekluister ná 'n motorongeluk. Moenie dink dit het sy lewensvlam geblus nie. Gert is bekend daarvoor dat hy graag met sy vroulief dans - sy op haar voete en hy in sy stoel. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs wat desjare met hom gebeur het.
Botox is nie net vir plooie nie 15.02.2022 9:30
Dr. Nardus le Grange vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die gebruike van Botox, anders as vir net die skoonheidsbedryf.
Moderommel 15.02.2022 7:30
Reon Pienaar praat oor vinnige modes en die tekstielbedryf se bydrae tot die rommelprobleem.
Natuurlike parfuum 14.02.2022 16:05
Deonette van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink van natuurlike parfuum wat in Plettenbergbaai vervaardig word.
Brixton se ligfees 14.02.2022 10:24
Brixton is ‘n woonbuurt ‘n klipgooi van die SAUK in Johannesburg. Die gebied teen die bult is in 1902 gevestig, en die uitsaaitoring, die bekendste baken in die woonbuurt, is in 1961 gebou. Die Sentechtoring pronk steeds teen die bult, en was die middelpunt van die onlangse Ligfees wat deur die mense van Brixton gehou is. Jacqui January gesels met een van die buurt se bekendste inwoners, Elzabé Zi...
Erfenismane 14.02.2022 8:24
Auke Slotegraaf vertel vir Martelize Brink van die erfenismane. Plaaslike name is aan die maan toegeken, en vandeesweek maak die Dassievolmaan sy verskyning.
Oujongnooitjie se ervarings in die afspraakwêreld 14.02.2022 13:23
Heidi van Wyk gesels met Martelize Brink oor haar ervaring as ‘n vrou in die romantiese afspraakwêreld, en haar blog www.oujongnooitjie.com.
Bennie Howard se belewenisse by die radio 11.02.2022 22:16
Wynman en oudomroeper Bennie Howard vertel vir Martelize Brink van sy dae as by die radio. Hy was onder andere deel van die eerste Monitorspan.
Pickleball 11.02.2022 9:19
Stephanie du Toit vertel vir Martelize Brink van Pickleball, die vinnigste groeiende sport in die VSA, wat tydens die Covid-pandemie in gewildheid toegeneem het. Op Memel is daar ook nou ‘n baan gebou.
Mohammed Shaikh praat radio 11.02.2022 14:09
RSG se voormalige stasiebestuurder Mohamed Shaikh gesels oor sy pad met radio.
Goeie kos en goeie vaardighede vir ‘n beter lewe 10.02.2022 8:58
Op die vakansiedorp Jeffreysbaai in die Oos-Kaap kry ‘n mens die One Village-organisasie, wat van die standpunt uitgaan dat ‘n mens slegs kan hoop om verbetering in weerlose mense se lewe te probeer bring deur onder meer goeie voedingsprogramme en markgerigte opleiding aan te bied. Mariska Spoormaker het meer gaan uitvind.
Die Buccaneer in Suid-Afrika 10.02.2022 16:05
Johan Conradie vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Buccaneer-vliegtuig se geskiedenis in Suid-Afrika.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály