RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Society

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

22. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

Bekroonde bekostigbare delikate juweliersware 04.06.2026

Estilee Potgieter vertel vir Martelize Brink van Collective & Co. wat by die African Excellence Awards aangewys is as beste bekostigbare delikate juwelierswareversameling. Sy vertel hoe dié na-ure-projek later haar werk geword het.

Jonk: Beheptheid met biometing 04.06.2026

4 Junie 2026: Dr. Etienne van der Walt, ’n neuroloog, praat oor “biohacking” en mense se beheptheid om allerhande dinge te meet.

Vreemde vergete goed in taxi's 04.06.2026

Uber maak elke jaar ‘n lys bekend van goed van passasiers wat in hulle motors vergeet het. Vanjaar se lys sluit dig is soos ‘n kind se prostetiese oog, ‘n dubbeldeuroond en ’n enkelmonitor!

Delia April se hart vir Bettysbaai 03.06.2026

Delia April se hart behoort aan Bettysbaai. Sy is gebore op die kombuisvloer van die plaaslike hotel, waar haar ma desjare 'n kok was. In later jare het Delia haar heil in die Kaap gaan soek, maar nadat haar kind byna doodgeskiet is, het sy en haar kinders teruggekeer na Bettysbaai, en daar sal sy nie sommer weer weg nie, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.

Sy help kinders om te glimlag 03.06.2026

Plastiese- en rekonstruktiewe sjirurg, dr. Clare Neser, vertel vir Martelize Brink van die uitsonderlike pasiënte wat sy as vrywilliger by Operation Smile geopereer het. Sy en haar man, Conrad, doen vrywillig gesplete lip- en verhemelteoperasies hier en oorsee.

Soek goud in die middernagson 03.06.2026

Die Levi Ski-oord in Lapland moedig toeriste aan om die somer en middernagson te benut deur deel te neem aan ‘n skattejag wat jou na verskeie besienswaardighede lei, maar ook vir iemand na ‘n stafie goud ter waarde van €20 000.

Êrens oorsee: Siem Reap, Kambodja 02.06.2026

Willie van Loggerenberg vertel vir Martelize Brink van die lewe in Siem Reap, Kambodja. Hy sê dit is altyd warm daar, en soms warm en nat!

Jan Horn en die eerste TV-uitsending 02.06.2026

Jan Horn het ‘n lang ruk by, en vir, die SAUK gewerk. Hy was regisseur van die eerste TV-toetsuitsending op 5 Mei 1975. Johan Rademan het hom hieroor gepols.

Intensiewe sorg in ‘n tuin! 02.06.2026

Die Kings College-hospitaal in Londen het sy intensiewe sorg-eenheid uitgebrei met ses buitelugbeddens in ‘n tuin op die dak.

Wolwe by Hartbeespoort 01.06.2026

Sue McCarthy vertel vir Martelize Brink van die ALL HEARTS FOUNDATION by Hartbeespoort, waar wolwe 'n toevlugsoord vind. Hulle is meestal afkomstig uit die jagbedryf, of was troeteldiere.

In die wêreld van landbou 1 Junie 2026 01.06.2026

In hierdie week se landbounuus: Die veebedryf gons steeds oor ’n mylpaal-hofuitspraak oor die inenting teen bek-en-klouseer; ’n groep suikerrietkwekers het hande gevat om die suikerreus, Tongaat Hulett, van likwidasie te red; die SA Pluimveevereniging doen regstappe teen die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging; nuwe uitvoerreëls vir Suid-Afrika se varsproduktebedryf; en Suid-Afrika is...

Puriene en jig 01.06.2026

Dieetkundige Retha Harmse praat oor puriene, uriensuur en jig. Dit kom voor in proteïenryke kos, van wildsvleis tot seekos.

Die Bus Hel toe 01.06.2026

‘n Busdiens in Pole wat die vakansiedorp, Hel, bedien, het die nommer 666. ‘n Vorige busmaatskappy het ook hierdie nommer vir die roete gebruik, maar het dit in Junie 2023 verander ná jare se klagtes.

Bonnievale se saamstaan ná die vloede 29.05.2026

Twee weke ná die groot reën in die Wes-Kaap, wat rekordvloede tot gevolg gehad het, begin die omvang van die skade meer duidelik raak. Tussen al die trauma en verlies is dit inspirerend hoe gemeenskappe saamstaan en mekaar die hand gee. Een so ‘n dorpie is Bonnievale wat oornag met ‘n uitreikaksie begin het. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind by verskillende rolspelers op die dorp.

360 Speseryroete: Suiker 29.05.2026

Kos- en klutuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruik van suiker in kookkuns.

Die lewer gee rigting 29.05.2026

Navorsing wys dat duiwe se lewer hulle mag help met rigting, veral op bewolkte dae.

Hoe verhuis ek my plante? 28.05.2026

Nostalgie word soms vasgevang in ‘n plant of boom. Wanneer jy trek of verhuis, troos ‘n bekende stukkie groen jou dalk in die nuwe omgewing, maar soms kan dit glad nie daar aard nie, en gaan dit dood. Teen die agtergrond van onder andere semigrasie het Johan Rademan met Suzanne Papenfus, ‘n landskappeerder van Vergenoegd-Löw Wynlandgoed langs die Eersterivier, gesels.

Jonk: Peptiedes 28.05.2026

Dr. Ria Smit praat oor peptiedes, wat deesdae ‘n gonswoord in die skoonheidsbedryf is. Sy verduidelik wat dit is, en hoe dit gebruik word.

$40 miljoen se goud by die huis! 28.05.2026

Die FBI het by David Rush, tot onlangs ‘n senior lid van die CIA, se huis op 303 stawe goud ter waarde van $40 miljoen afgekom ná ‘n ondersoek.

Zalene se nuuslewe 27.05.2026

Jy hoor haar stem gereeld in die nuus op radio en TV. Haidee Muller-Isaacs gesels met Zalene Merrington oor hoe sy in die nuuswêreld beland het, en haar komvandaan, De Aar in die Groot Karoo.

Belville se herwinning-terugkoopwinkel is model vir die wêreld 27.05.2026

Nadia Hearn vertel van The Greater Tygerberg Partnership se terugkoopwinkel, wat plaaslike en internasionale erkenning ontvang het as ‘n nuwe manier om werkloosheid aan te pak.

Watergeskil draai in hof 27.05.2026

Die hoogeregshof in Italië het bepaal dat die land se wette en regulasies nié bepaal dat ‘n restaurant kraanwater hoef te verskaf nie. Dit volg nadat ‘n toeris gekla het toe vyfster hotel slegs peperduur gebottelde water aangebied het, geen kraanwater nie.

Êrens oorsee: Eastbourne, Engeland 26.05.2026

Lolene Venter vertel vir Martelize Brink van die lewe in Eastbourne in Engeland. Dis in Oos-Sussex, wat ook bekendstaan as die Sonskynkus.

Nooitgedacht afgesny van die wêreld 26.05.2026

Pierre Strydom vertel vir Martelize Brink van Nooitgedacht in die Kougaberge, wat al drie weke lanl afgesny is van die buitewêreld. Hy vertel hoe mense hande vat om die gemeenskap deur te dra.

'n Rekord wat nie tel nie 26.05.2026

Die Enhanced Games het die afgelope naweek plaasgevind, waar atlete onder andere testosteroon, groeihormone, peptiede en anaboliese steroïede mag gebruik, wat andersins verbode is. Die resultate was toe nie wat verwag is nie.

Poslouchej podcast Driesestig v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály